Personeel en gaste by luukse hotel aangehou, beroof

Die luukse Belmond Mount Nelson-hotel in Kaapstad. (Foto: Ayanda Ndamane, ANA)

Die personeel en gaste by ’n vyfsterhotel in Kaapstad is Dinsdagaand deur ’n groep van 15 mans oorval, aangehou en beroof.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die verdagtes het in twee motors by die luukse Belmond Mount Nelson-hotel in Tuine aangekom waarna hulle die sekuriteitswag by die hotel se hek met ’n vuurwapen gedreig het.

Twee van die verdagtes het die wag se slaanstok en handradio van hom afgeneem en by hom gebly terwyl die res van die groep die hotel binnegegaan het.

“Hulle het twee vuurwapens op die personeel en gaste gerig en toe hul persoonlike besittings gesteel,” lui die verklaring.

Volgens Van Wyk het die verdagtes toe vertoonvensters in die portaal van die hotel met groot hamers gebreek en juwele gesteel. Hulle het ook kontant uit ʼn kasregister gesteel waarna die groep mans op die vlug geslaan het.

“Polisie-ondersoekers het dadelik ’n multidissiplinêre aksiespan geaktiveer en die misdaadtoneel gefynkam vir enige bewyse. Speurders volg alle leidrade op,” het Van Wyk gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wurmpie ·

En dit gaan net aan en aan en aan. Misdadigers word mos beskerm in die land

Maretha Els ·

Inside job connections sonder twyfel-Hotel inbraak. Deler so goed soos steler.

Suid-Afrika is ‘n skande vir die mensdom ·

Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer. Kriminele is in beheer en veroorsaak groot moleste orals. En dit is altyd so lekker om “High Tea” by die Mount Nelson te geniet. Nou sal mens maar moet kyk vir ‘n ontsnappingsroete met jou koppie tee in die hand om inderhaas pad te gee voordat hierdie kriminele jou kry. Dit is ‘n skreiende skande dat Suid-Afrika so vinnig en drasties agteruit gegaan het tot ‘n ashoopstatus. Normale daaglikse aktiwiteite is nie meer die gewone mens in hierdie land beskore nie want jy word of vermoor of beroof.

John ·

… en gebeure soos diè is hoekom toeriste die landjie nou vermy. Busse word aangeval, stappers beroof, navorsers vermoor, weldoeners aangeval en winkels en voertuie aan die brand gesteek. Verder is die land smerig en sonder krag of water. Wie wil in ruim van ‘n vliegtuig in ‘n doodskis of erg beseer weer tuis aanland en nogal duur betaal vir die spulletjie?

Jaco ·

Dis dan die eindste lande se mense (Europa en die VSA) wat gehelp het om ons land se wonderlike nuwe bedeling tot stand te bring met sy happily ever after, so dit gaan net nie sin maak as hul daaroor sou kla nie.

marous ·

Groep van 15 . Dit hoef nie eers oorsee gestuur te word nie . Plak dit sommer op hoed se stoel binne in die parleniksbeteken .

sweis ·

Hoe gee jy nou vir n wag n slaanstok in n piesang republiek waar onwettige vuurwapens so algemeen soos selfone is??

Pierre ·

En ek dag die Afrikaners is die oorsaak van laer toerisme syfers – aldus die agbare minister

Casper ·

Toemaar. Ek dink dis net die ANC wat kan bekostig om daar te bly …… met ons belasting geld!

Bull ·

En dit gebeur by die Nelson Mandela Hotel. Net n dag voor Nelson Mandela Dag. Die weermag maak reg om in bende areas te gaan help, nou trek die bendes maar stad toe.

Suzette Geringer ·

Sal glad nie potensiële toeriste kwalik neem as hulle SA vermy nie. So daar kom nog minder geld in die land in ….seker ook apartheid se skuld…

Jr ·

Ja maar volgens die popeye in beheer van toerisme is dit wit Afrikaners se skuld toerisme is af. Ha ha ha – clown

Abe ·

Bull,
Daar’s nie so iets soos die “Nelson Mandela Hotel” nie. Die hotel is nie vernoem na Nelson Mandela nie, dit is jare voor Mandela se tyd vernoem na Lord Horatio Nelson, Engelse Admiraal en veldheer wat gesneuwel het tydens die Slag van Trafalgar. Lees gerus op in Google en so meer.

Penellope Jones ·

Dankie ANC.
Julle het dit reggekry om die land totaal en al om te dop.

Jannie van Niekerk ·

jy is reg Nonnie. Dis nie net koebaai toerisme nie, dis ook koebaai Suid Afrika, hallo Misdaadfrika.

Johan Swart ·

Een van die dae steek ons Brazil verby met die moord en roof per dag hier in Suid-Afrika……. ons land is selfs alop die Youtube kanaal “Active Self Protection”….dis hartseer dat ons nie meer n polisie-mag het wat ons dorpe patroleer nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.