Personeel van spesiale skool in Pta met messe gedreig

prinshof-skool

Kommer heers oor die veiligheid van leerders, onderwysers en personeel by die Prinshof-skool vir swaksiende en blinde kinders in die middestad van Pretoria. Foto: Prinshof/Facebook.

Kommer heers oor die veiligheid van leerders, onderwysers en personeel by die Prinshof-skool vir swaksiende en blinde kinders in die middestad van Pretoria nadat rowers die skool se kombuispersoneel met messe oorval en besteel het.

Volgens Karin Swart, hoof van die skool, het drie mense net ná 05:00 die muur, wat aan Boomstraat grens, gebreek en die perseel betree. Die rowers het die twee vrouekombuispersoneellede, wat ontbyt in die koshuiskombuis voorberei het, met messe gekonfronteer.

“Ons twee wagte was aan die ander kant van die skoolterrein aan’t patrolleer toe hulle op die gille van die kombuispersoneel gereageer het.”

Swart, wat self ook op die skoolterrein woon, sê die rowers het een van die personeellede se selfone gesteel, maar weggehardloop toe die vroue alarm gemaak het. “Die personeellede is gelukkig nie ernstig beseer nie, maar wel erg geskok.”

Prinshof is een van twee skole vir gesiggestremde leerders in die noorde van die land. Die skool verskaf tans onderrig aan sowat 436 leerders van gr. R tot 12 en beskik ook oor koshuisgeriewe.

Die spesiale skool bevind hom ongelukkig tans in ʼn gebied wat gebuk gaan onder ernstige misdaad. Volgens die polisie se misdaadstatistieke vir April 2017 tot Maart 2018, wat in September vanjaar bekendgemaak is, het die Pretoria Sentraal-polisiestasie se polisiëringsgebied die tweede hoogste voorvalsyfer getoon van algemene rooftogte wat in Gauteng aangemeld is. Slegs Johannesburg Sentraal het ʼn hoër syfer vir dié soort misdaad in die provinsie.

Swart beaam dat die skool in ʼn misdaadprobleemgebied geleë is en dat hulle tans met ʼn al groter wordende veiligheidsrisiko by Prinshof worstel.

“Ons maak tans planne om die skool se veiligheid nog verder op te skerp. Ons het reeds twee sekuriteitswagte op die terrein, maar hulle word dopgehou. Sodra die misdadigers hulle roetine kan vasstel, breek hulle eenvoudig in op die plek waar die wagte nie is nie.”

Volgens Swart is die skool se soekligte verlede naweek gesteel, terwyl die beheerliggaamvoorsitter van Prinshof ook onlangs ʼn blok weg van die skool met ʼn mes aangeval is. Die voorsitter was juis op pad na ʼn veiligheidsvergadering met die polisie en metropolisie by dié skool.

“Die vergadering het juis daaroor gehandel dat ons die ingang van die skool wil verskuif om veiligheid vir die skoolgemeenskap te verbeter.”

Swart het gesê sy wil ouers verseker dat die skool, onderwysdepartement en polisie tans ondersoek instel hoe hulle veiligheidsmaatreëls by die skool kan verskerp.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het die voorval bevestig. Hy wil egter graag eers die verslag oor die voorval bestudeer voordat hy amptelik kommentaar op Maroela Media se vrae oor veiligheid by die skool kan lewer.

Elaine Krige, woordvoerder van die Skoleondersteuningsentrum, het gesê dit is vir dié organisasie onaanvaarbaar dat leerders, wat reeds kwesbaar is, so aan misdaad blootgestel word. “Die Gautengse onderwysdepartement behoort meer moeite te doen om die veiligheid van leerders en personeel aan dié skool te verseker, veral aangesien dit die tweede voorval in soveel weke is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wielie ·

Ja Pretoria Middestad was so pragtig skoon en veilig ,,,,,,,, jare terug, Nou sal ek nie eers my woef daar los nie !!!

Nettie ·

@Maroela Media – die regte benaming vir swaksiende/blinde persone is SIGGESTREMDES, nie GESIGGESTREMDES nie – daar is niks verkeerd met dié persone se GESIGTE nie, hul SIG is belemmer.

Abe ·

Nettie,
Jy is nie reg as jy so se nie; in Afrikaans verwys die term, gesig na die sintuig om te sien. As jy se iemand is gesigsgestrem, verwys jy na sy vermoe om te sien. Dit verwys nie na die toestand van sy gesig nie.

Elize ·

As Pretorianer kan ek erken dat ek nooit maar nooit in die stad kom nie want al die wesens wat daar is wag nie eers meer vir die donkerte van die nag nie.

Jacoba ·

My kind is 100% blind en gaan skool daar. Buiten dat mens oor die algemeen elke dag bekommerd is oor jou kind se veiligheid gaan ek nou ekstra bekommerd wees. Di skool is reg by di taxi rank, en alhoewel daar wagte is moet mens onthou di kinders is klaar weerloos weens hul gestremdheid, so ekstra veiligheid is baie belangrik

Irma ·

Is Lesufi ook daar verantwoordelik? Indien wel skitter hy in sy afwesigheid. Sê nogal baie van die ingesteldheid.

Pieter ·

Laat kameras installeer dan is dit nie nodig dat die wagte rondloop nie , n kamer met die monitor kan dan gebruik word om die erf dop te hou.

Robynne ·

Another attack at the school. ????????? Over the past 4 years the crime has escalated from just petty stuff to now attacks on personnel. The chairman of the SGB was stabbed on his way to a security meeting last week with Metro & SAPS at the school – quite ironic! OUR HUSBANDS, WIVES, CHILDREN, GIRLFRIENDS, BOYFRIENDS, BROTHERS, SISTERS, AUNTS, UNCLES, COUSINS ARE NOT SAFE!

This is totally unacceptable. Someone needs to sit up & wake the hell up before innocent special needs children who are visually impaired or more of the staff or parents are subject to far worse crime. Our loved ones working there, people’s kids & friends are sitting targets,

Taxis & vagrants block the school’s entrance. The “recycling depot” by the entrance is a massive security issue & I wonder if it’s even zoned for commercial purposes! It’s well known that the “recycle” includes drugs & various other items. The taxis are a massive safety risk for learners without any visual disability, & catastrophic for visually impaired children.

Prinshof School has cameras, security personnel employed 24/7/365, staff are vigilant & proactive & the teachers & staff truly have a passion for the special needs children. The children are visually impaired & the chance of them being able to protect themselves against an attack is about 0% so we need to ensure that they are protected.

Johannes ·

Wonder of dieselfde probleme ervaar was in die “bose ou SA”…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.