Peter de Villiers se dogter oorlede

De Villiers by sy dogter, Odille, in die hospitaal. Foto: Facebook

Die voormalige Springbokafrigter Peter de Villiers se dogter het haar stryd teen kanker verloor.

De Villiers en sy vrou, Theresa, is in rou gedompel nadat hul dogter Odille Monk Sondagoggend oorlede is.

Die 28-jarige Monk het limfoonkanker in haar bors gehad. Daar is vroeër vanjaar berig dat De Villiers elkeen van sy dogter se chemoterapiesessies bygewoon het.

Monk is in Desember verlede jaar met Scott Monk getroud. Huldeblyke stroom intussen in op De Villiers se Facebook-blad.

De Villiers het in sy tyd die o. 21-IRR-Wêreldkampioenskap saam met die jong Bokkies gewen.

Hy het die Springbokke tussen 2008 en 2011 afgerig en onder hom het Suid-Afrika in 2009 ʼn reeks teen die Britse en Ierse Leeus asook die Drienasiesreeks gewen.

Die foto wat vroëer vanjaar op Facebook gedeel is, wys De Villiers wat een van sy dogter se chemoterapiesessies bywoon:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ander Annie ·

Innige simpatie aan haar geliefdes, familie en vriende. Dit is bitterlik seer om ‘n kind aan die food af te staan. Baie sterkte.

Jono ·

Sterkte vir julle Coach….kan my nie dit indink om een van my kinders aan die dood af te staan nie.

Rosie ·

Maroela, jul bewoording is verwarrend. Dit sou beter klink: hy het elke sessie van sy dogter bygewoon, en nie soos julle dit stel: hy het elkeen van sy dogter se sessies bygewoon ie. Want nou klink dit asof sy 2 dogters gehad het wat kankerbehandelings ontvang het.

Mich ·

Alle sterkte aan haar familie, sy sal altyd in julle harte en dade voortleef.

Rosie: Laat liewer ‘n boodskap van vertroosting as een van oordeel, geen fout met Maroela Media se bewoording nie. Dit blyk dat dit net jy is wat verwar is.

ANE ·

Mag Hy, julle almal Vertroos en Styf teen Sy Vaderbors Vashou. Baie sterkte, dis so hartseer

Lynette ·

Baie sterkte en liefde aan familie. Ons hou julle in ons gebede.

Celeste ·

Rosie raak tog net Vir my rustig rustig rustig. Mensig!!!

KietieKat ·

Ons innige meegevoel met die de Villiers en Monk gesinne met die heengaan van n geliefde dogter. Ons dra julle op in ons gebede. Mag julle vertroosting vind in die arms en genade van ons Verlosser Jesus Christus.
Dankie ook aan pa Pieter de Villiers vir die voorbeeld wat hy gestel het om sy geliefde dogter deur elke chemo sessie te ondersteun

Liefie ·

Tamboereine klap en fluite blaas,
die hemel dans..
Engelkore en blye weersiens.
Selfs die goue paaie se blink het meer glans.
Hulle is huistoe,
en die aarde huil totsiens.

Hier op aarde……
Seer harte, wat treur.
Rou gemoede wat antwoorde soek
“Ag Here hoekom? Hoekom juis nou?”

“Stil My kind, ek ken jou seer….
My tyd is my eie…….
Vertrou my…..
en bly beskeie….
Ek jou God is in beheer…….”

DS ·

Innige simpatie aan die twee families. Die moeilike pad begin nou eers en en bid dat die Here julle teen sy bors sal vashou en vertroos. Geen ouer moet ‘n kind begrawe nie maar ongelukkig is dit die seerste seer van die lewe.

CabyTheron ·

Dit is sekerlik die ergste ding wat met ‘n mens kan gebeur, om ‘n kind te verloor. My innige simpatie.

Stiks ·

Jammer om te hoor Pieter. Sterkte vir julle. God sal genesing bring. Ons bid vir julle????

jakes ·

Sterkte aan die familie met die dogter se afsterwe. Ons innige meegevoel en mag die Here julle drae in jul tyd van smart.

Hansie slim ·

Dis totaal onnatuurlik dat jou kind voor jou gaan. Meer as 20 jaar en die seer bly steeds…
Baie sterkte!!!

Ounooi ·

Ai tog… So baie jammer. Mag God elke geliefde troos en versterk soos Hy alleen kan.

Wilmien ·

Baie baie sterkte aan al die familie. My hart huil saam met julle

Pine Robins ·

As jy self die paadjie geloop het weet jy hoe die 2 families nou net verdriet beleef . Neem God se hand, Hy gee vertroosting. Innige simpatie aan families

Donald ·

Al probeer ek hoe hard, ontbreek die regte woorde. Al wat ek kan bydrae is dit: my ouerhart bloei. Vrede.

Ani ·

Dis tragies… hulle het haar ook dood behandel ? Meer kanker pasiente sterf agv chemo as die siekte self ????????

Kas ·

Liefie,dit wat jy geskryf het sê alles en dit is bemoedigend.

Wondermaarnet ·

Mag God julle dra en vertroos in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.