Petisie geloods oor Netflix se beursprogram

Die stromingsdiens Netflix. (Foto: Thibault Penin/Unsplash)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandeesweek ʼn skrywe aan Netflix gerig nadat dié stromingsdiens ʼn beursprogram bekendgestel het waarvoor slegs studente wat aan B-BBEE-vereistes voldoen, in aanmerking kom.

AfriForum het ook ʼn petisie van stapel gestuur sodat lede van die publiek wat nie met dié vereistes saamstem nie, hul stemme kan dik maak.

Netflix en die beleggingsfirma Tshikululu Social Investments het vroeër vandeesmaand kragte saamgesnoer om volgende jaar finansiële steun aan nagraadse studente te verleen wat in die televisie- en filmbedryf wil werk.

Dié beurs het ten doel om die kwalifikasie en opleiding van “swart kreatiewes”, wat spesifiek “swart, bruin of Indiër”-studente insluit, te ondersteun.

AfriForum is egter van mening dié vereiste is blatante diskriminasie, wat totaal en al onaanvaarbaar is.

“Hierdie skaamtelose diskriminasie het geen plek in die samelewing nie,” sê Ernst van Zyl, strategie- en veldtogbeampte by AfriForum.

“Met hierdie beurs sal ʼn ambisieuse wit student wat wil aansoek doen, onmiddellik afgekeur word op grond van die kleur van hul vel, ongeag hul finansiële en akademiese agtergrond.”

Luidens die brief wat AfriForum aan Netflix gerig het, eis die organisasie dat die stromingsdiens onder andere skriftelike redes verskaf waarom wit studente nie in aanmerking vir die beurs kan kom nie.

“Om kandidate uit te sluit op grond van ras en bloot die finansiële behoefte en talent van die betrokke persoon te verwerp, is irrasioneel en strydig met die beginsels wat in die Grondwet neergelê is,” lui die brief.

AfriForum het ook gevra dat die sperdatum vir aansoeke vir die beurs verleng word sodat genoegsame tyd gegun word om die kwessie te kan opklaar.

  • Sien AfriForum se petisie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Ja nee Netflix sal my nooit sien nie. Laat hulle en en hulle ras-malheid mekaar vind. As ek so lees en sien wonder ek nou wie is werklik die rassiste in die verhaal.

Kokerboom

Dis tyd dat daar nou drasties opgetree word teen ENIGE aksies in die land wat rassisme teen Blankes aanblaas!

TRP

Betreurenswaardig!

Mariana

Sies Netflix, dis blatante diskriminasie. Maar ja wit sorg al jare vir hulself deur swaarkry en sal steeds voortgaan om dit te doen. Dankie Afriforum dat julle opstaan vir ons wittes.

Johann

Kan nie presteer of kompeteer op grond van die beginsel van PRESTASIE nie…maar eerder op grond van jou swart vel kleur? SHAME ON NETFLIX!!!!!!!!