Petisie om WhatsApp te red

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Petisie is opgestel nadat die selfoonreuse Vodacom en MTN die Suid-Afrikaanse regering versoek het om gratis bel- en boodskapverskaffers soos WhatsApp en Skype te “reguleer”.

Dit het aan die lig gekom dat selfoonnetwerke miljoene rand in inkomste verloor het, aangesien hul klante eerder van die gratis dienste soos WhatsApp, SnapChat en Telegram gebruik maak, as om SMS’e te stuur.

Chris Maroleng, uitvoerende hoof van MTN, het die huidige situasie as “onregverdig” beskryf. “Mededingers wat nie werk skep in die land nie, nie belasting in Suid-Afrika betaal nie, en nie in die infrastruktuur belê nie, moet aanspreeklik gehou word,” het hy gesê.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste het aan Fin24 bevestig dat hy verhore geskeduleer het vir 26 Januarie oor die moontlike regulasie van “Over the top” (OTT)-dienste.

Talle Suid-Afrikaners gebruik gratis kommunikasiedienste, wat slegs data of ʼn Wi-Fi-verbinding vereis, om in aanraking te bly met vriende en familie oorsee.

Die vrouetydskrif-webwerf, All4Women.co.za, het intussen ʼn petisie opgestel waar gebruikers hul mening kan lug indien dié gratis dienste opgehef sou word. “Die petisie sal aan Mmamoloko Tryphosa Kubayi, voorsitter van die portefeuljekomitee, en Faith Muthambi, minister van kommunikasie, en die presidensie gestuur word,” lui ʼn verklaring op die webwerf. Meer as 8 220 persone het reeds die petisie onderteken.

Lees meer: EWN, EWN, All4Women

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

B ·

Asof die selfoon maatskapye nog genoeg geld maak of al gemaak het nie!Hoekom betaal ons in S.A meer vir selfoon dienste as die res van die wereld?Ons word absoluut uitgebuit,maar dis nog nie genoeg nie…..

Elsa du preez ·

Whats-app moet bly ons betaal genoeg vir ander dienste en waarom wil hulle hierdie gratis dien wgvat, om meer in hulle eie sakke te druk

Theuns Booysen ·

Die MTN en Vodacom mastskappye moet eerder dink om die publiek by te staan as wat hulle helse salarisse en bonusse kry en dan nog ‘n helse opbrengs op die beurs ook maak! !!! Dit is ‘n bloody rip off! !

brigitte mauch ·

Whattsup must stay. Cellphone providers enrich themselves enough already in SA, compared to the rest of the world!

Renier ·

Hulle noem nie dat hulle die data verskaf om aan die dienste te verbind. Dit is onredelik duur. Hulle buit al reeds die verbruiker uit met hoe tariewe.

Chantell ·

MTN EN vodacom alreeds baie duur tariewe hulle maak genoeg geld met kontrakte, hoeveel geld moet suid Afrikaners nog afstaan dink ons betaal genoeg aan ander goed en die regering. Ek sal nooit weer Vodacom gaan nie Cell c is baie goedkoper

Mark Steenkamp ·

MTN moet liewer hulle monde hou, al vir meer as twee jaar kla ons oor diens in Rustenburg, en daar word niks daaraan gedoen nie. Hoe verwag julle moet ons van julle dienste gebruik maak as dit nie werk nie. MTN in Rustenburg het nog nie eers 4G nie, om nie eers te praat van net Edge nie. Nee wat MTN en Vodacom tot en met julle nie n diens kan lewer nie dink ek julle moet julle maar bly fokus op niks want dit is iets waarmee julle baie goed is

Gessie ·

Ons kry defnitief nie die data verniet nie,ons moet dit koop by die netwerke ,so wat is di probleem selfoon reuse.

SNEL ·

Ek voel hoe my bloed kook!!!
Brood maatskappye word gedagvaar as hulle ons meer laat betaal as wat ons moet, hoe kan die klomp dan ongesiens verby laat gaan word. Terwyl hulle nou wil karring, moet dit sommer voor hulle gegooi word, en n saak vir die duur pryse geopen word. Hoop hulle word die 26ste eerder aan die bek geruk omdat hulle selfs met so simpel voorstel kom. Hierdie is nou n saak wat beslis die uit die hof geslinger moet word. Hoop regtig hier kom niks van nie. Dis al kommunikasie wat mens het met familie in die buiteland.

Johann de Beer ·

Hoekom moet ons duurder betaal…??? Sodat daar meer geld beskikbaar kan wees vir plunder, vir gratis studie beloftes wat land nie kan bekostig nie, vir werksgeleenthede vir hulle wat nie wil werk nie, vir ander se luxury, ens, ens. So los Whatsapp, Skype, ens. Hul lewer darem ‘n diens

Dee ·

Beteken dìt dat as ek vrugte en groente gratis uitdeel kan die groentewinkels die regering vra om my weggee shoppie te reguleer? … Maroela, jul kalender is verkeerd; dit is nie die 1ste April nie.

Shawn ·

Hulle gierigheid ken werklik geen perke nie. So hulle astronomiese winste is nie goed genoeg nie, hulle soek nog meer. Ondersoek liewer die diefstal van data wat by ons verbruikers gesteel word deur dit te laat verval wat aan die einde van n maand oor is. En wanneer jy nuwe data laai gebruik jy eers die nuwes en dan die wat jy oorgedra het. Ons het daarvoor betaal en dan steel hulle dit terug. Hoekom word hierdie uitbuiting nie ondersoek nie?

Stokies ·

Stem volkome saam, jy het dan betaal vir die data en lugtyd, hoekom verval dit ?

Deed ·

Shawn en Stokes, waar kom julle aan die storie wat julle vertel?
Ek is op kontrak by Vodacom en gebruik my foon selde omdat ek met landlyne werk. Het sopas gekyk voor ek skryf en daar is sowat R1200 bekikbaar. Geld wat oor vele maande opgebou het omdat ek die foon min gebruik. My kontrak is verstreke en ek is veronderstel om ‘n nuwe foon te gaan haal en ek koop selde adisionele lugtyd. Dit is dus bloot kontraktyd wat opgebou het.

chris venter ·

Ek stem volkome saam die diefstal van ongebruikte data deur MTM het my vrou nou al 2 keer getref is daar dan niemand in SA wat die mense met hulle swak diens en al kan stop nie.

DPJ ·

Ons word gewaarsku dat die kosmandjie met 25% gaan styg. Pos kantoor kan nie betyds postukke af lewer nie terwyl alle dienste verswak nou wil hulle nog die gebruiker ook op whatsapp en skype ook melk. Belaglik!

Martin ·

Die selfoon maatskappye kan nie eers die dienste wat hulle huidiglik aanbied waarvoor jy elke maand ñ klomp geld betaal korrek doen nie! Los whattsapp uit hulle gee puik diens nie soos julle wat geen diens het nie en dit wat julle aanbied ñ gemors van maak nie!

Sarel Strydom ·

Indien hierdie maatskapye hulle dienste verbeter, opknap en beloftes nakom sal dit beter gaan.

Sarie ·

Selfoondienste in Suid-Afrika is van die duurste in die wereld en nou wil hulle nog dit ook van ons ontneem. Die selfoonreuse maak miljarde rande , hulle CEO’s leef in weelde maar nee, die enigste voordeel vir gebruikers moet nog weggeneem word. Ek dink dit is baie selfsugtig van hulle dit is geslis ie ons skuld dat MTN miljarde rande boete in Nigerie moet betaal nie as hulle gedoen het wat hulle moet dan sou dit nie gebeur het nie. Hou op om geld te mors op “mense wat kamma benadeeldes is” . Kyk na julle mense wat julle die reuse gemaak het wat julle is. Hoeveel gaan ‘n sekere person in die land weer in sy bankrekening kry as dit goedgekeur word. Hou julle kloue van ons voordele af, ons betaal duur vir selfoongebruik in hierdie land

cathy du plessis ·

Meeste mense in SA is arm en kan nie bekostig om sms boodskappe te stuur of om hul familie te bel nie en daarom gebruik ons whatsapp en apps wat gratis is. Die regering moet eerder vbir MTN en vodacom beter reguleer. En waarom laat die regering toe dat daar so baie regulasies teenoor verbruikers ingestel word terwyl ons konstitusie ons as n vrye land verklaa? Waar is die vryheid as ons burgers om elke hoek en draai geboikot word? Ek dink ons moet almal vir Vodacom en MTN boikot sodat hulle nie meer kliente kry nie. O ja, ek sal geaag die petisie wil teken …….as die “sign the petition” knoppie sou werk.

Michelle ·

Cell C kla nie. Hulle bied juis data teen besonderse lae pryse spesifiek vir die gebruik van WhatsApp. Vodacom data het geghimsinniglik van jou rekening af verdwyn in Desember en ons geforseer om meer te koop sodat ons familie in die buiteland kon skakel via WhatsApp vir Kersfees. CellC se loyaliteit le by hulle kliente. Die res s’n by hulle omset.

Pieter.v ·

Ons moet grootskaals oorswaai na Cell C en laat MTM aan ons verduidelik hoekom hulle geld na Mauritius verplaas het waar hulle geen werkers het nie en dit terwyl Cyril Ramaphosa voorsitter van MTM was.(volgens n koerant hier in S,A.)

juan ·

wonder of Vodacom & MTN dapper genoeg sal wees om Facebook aan te vat?
Die LIEFDE vir geld is die wortel van alle kwaad.
Tog interesant hoe voorbeeldig en “compliant” MTN nou voorgee hulle is as rede gebruik om regering te kry om wetgewing te skryf sodat selfoon operateurs hulle pond vleis van WhatsApp kan kry, maar in Nigeria het hulle hul eenvoudig afgesmeer aan die land se wetgewing.

Pieter ·

Ons kyk met kommer na wat in RSA gebeur. Hier in Namibië word baie dinge in RSA nageboots. As dienste soos WhatsApp in RSA gereguleer word, is die kanse baie groot dat dit by ons ook gaan gebeur. Ons vertrou dat Suid-Afrikaners en Namibiërs gaan saamstaan om hierdie euwel hok te slaan voordat dit in plek gestel word!

Gerhardt ·

Vodacom stuur in elk geval reasue dividende land uit. Dan is sms’e nog geprys teen 400% wins. Nee kyk, sulke optrede behoort deur die kompetisie kommissie ondersoek te word.

Frans ·

Natuurlik sal Vodacom na die regering hardloop want die regering het mos sy 13.91% aandele in Vodacom verkoop om Eskom uit sy verknorsing te help. En raai net aan wie verkoop die regering dit.Aan niks anders as die Public Investment Corporation wat natuurlik in sy geheel aan die regering behoort!

So hou ‘n mens dit in die familie. Sou die regering dus die versoek toestaan beteken dit meer inkomste vir Vodacom maar dan styg die andeelprys ook en is dit ‘n wen-wen situasie vir Vodacom en die regering.Nouja die een hand was mos die ander of hoe?

EMK ·

Hulle is die eerstes om te kla as dinge te gereguleer word en nou wil hul dit weer aanmoedig. Gelukkig gebruik ek nie een van die twee want ek het dit regtig nie nodig nie. Mense moet weer MET mekaar kontak maak as om gedurig op die foontjies te lê. Skype…ja seker as mens kinders oorsee het en so maar wat ek is heeltemal gelukkig sonder al die goed. Maar ek is darem beslis saam met almal wat kla hieroor want verseker buit die ouens mensuit met hoë tariewe.

Deon ·

Die Selfoonmaatskappye se aanslag op Whatsapp maak nie sin. Ons betaal vir die data wat gebruik word met Whatsapp. En ingevolge my kontrak word ek onbeperkte hoeveelheid SMSe gegee. So waaroor kla hulle. Hulle word mos betaal vir die DATA. Of is daar weer iemand wat onder die tafel betaal moet word waarvan ons nie mag weet nie …….. soos met E-toll, die Wapentransaksie, SAA se vliegtuigtransaksie, Die Nuwe Treine, Die Nuwe Kragstasies, Die Kernkragprogram, toedeling van Viskwotas, aankoop van nuwe voertuie vir Tradisionele leiers wat te lui is om te werk en soos parasiete teer op belastingbetalers se geld, ens, ens,ens, ens. En intussen is Suid-Afrika op die randjie van bankrotskap en die Rand is oppad na R20/$1 (In 1972 kon Amerikaners slegs USD$0.72c kry vir R1.00) Die voorspelling is dat die Rand R25.98/Euro 1.00 gaan wees teen Meimaand., en die Britse Prond is oppad na R35.00 per BGP. Belastingbetalers word uitgemergel.
Intussen steel Vodacom elke maand DATA van hulle kliënte. Wanneer jou DATA bundel laag is en jy koop ekstra databundel aan, vries Vodacom die oorblywende data en begin onmiddelik van die nuwe databundel te gebruik. Indien jy nie teen die einde van die maand die nuwe databundel kon opgebruik nie, verloor jy die gedeelte data wat hulle gevries het. En so het hulle etlike honderde MB data van my gesteel in die afgelope jaar. Plus, Dis nou 2 jaar wat ek nie maandstate kry van Vodacom. Ek het alles onder die son probeer, mondelings, skriftelik, persoonlike besoek en selfs dreigenmente. GEEN SUKSES. Hulle diens is totaal swak!!!

Kobus ·

@Deed, Shawn en Stokes praat van data, nie lugtyd nie. Dit is presies soos hulle dit stel. Vodacom het nou al vir die tweede maand rondom 500 mb data net laat verdwyn. Ek het 4 weke gelede by ‘n Vodacom data winkel navraag gedoen, maar nog niks gehoor nie.

Deed ·

Dankie Kobus (en askies Shawn en Stokes), ek weet na al die jare so min van selfone, het gedink data en lugtyd is dieselfde.

TM ·

Ek het gratis data gekry by MTN wat vir ‘n maand geldig was. Ek het nog so 400MB oor gehad en ‘n dag voor die vervaldatum toe is al die data weg. Ek sal sms’e stuur as dit 1c ‘n sms kos en nie rondom ‘n rand soos dit nou is nie. Dit gaan oor geld maak en niks anders nie. Ek gebruik data wat ek gekoop het vir WhatsApp en Skype ons kry dit nie verniet nie. Hoekom gee die netwerke nie vir ons soortgelyke opsies as dit dan so ‘n probleem is nie, maar nee hoekom sal hulle want hulle wil geld hê.

Boertjie ·

Laat whatsapp almal n sent n maand betaal dan is dit mos nie verniet nie so geen probleem nie!!!

Stuart ·

Dee, niemand gaan net 1c se whatsapp gebruik nie, so dit kan werk

KLEIN ·

Ek sit met dieselfde probleem , ek is `n pensioenaris het `n balans opgebou en skielik is hierdie geld weg omrede ek nie my foon vir 3 maande gebruik het nie. ek praat nou van lugtyd my sms`e het ek wel gebruik en daar is nie `n probleem daarmee nie , net bang dit wat ek met sms`e opgebou het word ook dalk net verloor. Skande dat mense so uitgebuit word vir geld.

Ansa ·

Ek koop data vir my tablet. Ek stuur 1 sms en as ek weer kyk is die res van my data op ! Gesteel deur Vodacom. As jy hulle bel daaroor kan hulle kwansuis geen verduideliking daarvoor gee nie!! So wie steel by wie ??

annetjie ·

Als in die land draai om geld wat van die mense wat dit regtig nie kan bekostig nie wat hul pensioen geld gebruik om die R65 data te koop en so met hul kinders kontak hou of met vriende.. ons betaal kontrakte wat die hoogte inskiet, ons moet data koop vir ons tab.. ag nee man kom by…

Alicia ·

My huidige kontrak by MTN gee my 300 gratis sms’e. Wow en ek gebruik selde een van hulle, want vir kompetisies en om flieks te huur by Box Office tel gratis sms’e mos nou nie. Al my vriende het whatsapp, so MTN – julle kan maar julle gratis sms’e hou. Gee my eerder lugtyd daarvoor dan sal ek ‘n tevrede kliënt wees.

DPJ ·

Eeropa en ander lande het al G5 tegnologie en ons in RSA sit nog met G3 tegnologie. Hoekom is ons so agter?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.