Petisie oor haar jagfoto’s op Facebook

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Meer as 37 000 mense het reeds ‘n petisie onderteken wat versoek dat Facebook ‘n beroepsjagter van Texas op dié sosiale netwerk verbied aangesien sy “dieremishandeling bevorder.”

Die petisie versoek dat Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, Kendall Jones se blad op dié sosiale netwerk verwyder.

Jones se Facebook-blad bevat foto’s van onder meer leeus, seekoeie en jagluiperds wat sy geskiet het. Sy jag meestal met ‘n boog. Jones sê op haar Facebook-blad dat sy al verskeie kere in Suid-Afrika gejag het sowel as talle ander lande in Suider-Afrika soos Zimbabwe.

Jones het die afgelope paar dae behoorlik onder skoot gekom op haar Facebook-blad. Talle mense het daar geskryf sy is wreed en dat sy net vir pret jag. Dit is veral Jones se foto’s waar sy by die diere poseer nadat sy hulle geskiet het, wat mense warm onder die kraag het.

Jones het haarself egter verdedig deur te sê sy jag om ‘n bydrae te lewer tot natuurbewaring. Sy voer onder meer aan dat talle van die diere wat sy geskiet het vir redes soos die beheer van probleemdiere of uitdunning was. Talle mense het Jones ook geloof vir die werk wat sy doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anon ·

Nee wat ek stem saam met al die mense, dit is wreed. Ek hou glad nie van jag nie en my persoonlike mening, jag pas nie by vroue nie. En voordat enige iemand my stenig ek is self n vrou en ek ken baie vroue in my vriendekring en familie wat jag. Dis net nie vir my reg nie. Dink SOMMIGE vroue doen dit net om te wys hulle kan ook. Want baie vroue wil so graag soos mans wees. Dis wreed om diere dood te maak. Veral vir die fun daarvan.

EMK ·

@Anon – ja wat – ek wonder hoekom was hierdie diere kamtig “probleemdiere” dat sy hul dan nou moes kom skiet?? Al die pad van die VSA terwyl ons eie mense INDIEN hul wel probleemdiere was, self die diere van kant kon maak? Ek glo dit eenvoudig NIE! Sy het ‘n wreedaardige streek in haar en dis dit – hou van doodmaak.

Chene ·

Hierdie maak my so hartseer. Dat oorsese mense ons heeltemal ‘bribe’ met hulle dollars om ons beskermde diere te kom jag. Ons kand moet dit ontwettig maak, maar ons government, maak tre veel geld daar uit. hulle sal dit nei stop nie. Hierdie mense is heeltemak sinloos. veral hierdie meisie, wat haarself verdedig en se sy help om die diere uit te roei wat probleme veroorsaak en dit is vir eco-toerisme, kan jy dit glo!!. Hulle is heeltemal dom, en het geen respek vir diere of hulleself nie, en dan om dit nog so trots op sosiale media te versprei. Wat dit nog vir my erger gemaak het. was om te sien, hoe ons eie Suid Afrikaners haar op die blad aanmoedig en se sy moet sommer hier kom bly ens! Dan kan sy verder jag en arme diere doodskien, onder andere leeus, jagluiperde, seekoeie en olifante, ek sal nie verbaas wees as sy renosters ook skien nie. Dit maak my siek en naar, en ek huil vir my kinders wat eendag sal lewe in n wereld waar daar nie meer besondere diere sal wees nie. Ons land kan meer gels maak uit toerisme uit waar mense kom kyk na die diere en oor en oor fotos neem van die selfde dier, as om hom dood te skiet. !!!!!!!

Elena Gennaro ·

I am seriously contrary to the hunting. I lived in Africa, Somalia, and I had seen disappear first the famous Somalian Leopard, then elephants and rhinos, and so on. In 1987 in Somalia there were not animals except a lot of monkeys even in Mogadiscio where they could find food.
Besides in the photos I have seen that she has killed lions with the mane and cheetahs, species in extinction.
I belong to the association “Save the cheetah”

Mickey ·

Sy is eintlik te bejammer so ook elke vrou wat kwansuis jag dis soo teen n vrou sê grein om te jag ons is die versorgers en om te dood vir lekkerte is nie deell van ons samestelling nie maar nou Ja n mens kry nou maar die agterlikes wat n man se game moet speel om erkening vir haar betaan te regverdig eintlik pateties sys nie die yster wat sy dink sy is nie dalk moet die poppie n kamera kry sy gaan defnitief meer positiewe reaksie kry

Belinda ·

Sies sies sies sy is n vieslike ding en klaar…………………………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.