Petisie oor ‘verkragtingspeletjie’ by regering ingedien

‘n Skermskoot uit die videospeletjie “Rape Day”. (Skermskoot: ANA)

ʼn Bewusmakingsgroep teen geweld teen vroue en kinders sal Maandag ʼn petisie aan die departement van kommunikasie oorhandig om te eis dat ʼn grafiese videospeletjie “wat seksuele aanranding verheerlik” verbied word.

Die 1000 Women Trust sê Rape Day, die rekenaarspeletjie wat tydens ʼn Zombie-inval afspeel, word in April bekendgestel. Volgens berigte help die verkragting van vroue “dat die speletjie se storielyn vorder” en neem die speler die rol van ʼn reeksverkragter in.

Die aanlyn videowinkel Steam het reeds vroeër vandeesmaand die speletjie verbied nog voor die amptelike bekendstelling nadat ouers, aktivismegroepe en talle ander rolspelers woedend daaroor gereageer het.

Tina Thiart van 1000 Women Trust het Donderdag gesê daar is geen ruimte in Suid-Afrika of enige ander land ter wêreld vir rekenaarspeletjies wat verkragting, mensehandel of huishoudelike geweld as tema het nie. “Dit is verregaande en ons doen ʼn beroep op vroue in Suid-Afrika om stem dik te maak en ons organisasie se pogings te steun om die bekendstelling en verspreiding van soortgelyke speletjies in Suid-Afrika te voorkom,” het Thiart gesê.

Sy sê 1000 Women sal vroue en mans aanmoedig om maatskappye te boikot wat speletjies verkoop wat vroue en hul liggame uitbuit.

Thiart sê hoewel daar gemengde sienings is oor die voordele en nadele van rekenaarspeletjies, glo dié organisasie dat gewelddadige rekenaarspeletjies kinders oor die algemeen “baie sleg affekteer”.

“Volgens navorsing deur Anderson en Bushman in 2001 toon kinders wat gewelddadige speletjies speel toenemend meer aggressiewe gedagtes en gedrag.”

Thiart meen vroue moet ʼn sê hê in watter speletjies verkoop word, wat op die internet beskikbaar gestel word en hoe kinders aan geweld blootgestel word. “Verkragting is nie aanvaarbaar nie. Ons almal werk hard daaraan om ʼn nie-gewelddadige kultuur te skep, om sodoende geweld teen vroue en kinders stop te sit. Daarom moet hierdie speletjie nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Ons doen ʼn beroep op ma’s, dogters en mans om saam te staan om hierdie speletjie van ons rakke af te hou.”

Thiart voeg by die groep eis dat wetgewing ingestel word om die verkoop en verspreiding van speletjies wat verkragting, mensehandel en huishoudelike geweld bevat te verbied.

Die aanlynpetisie kan steeds hier onderteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jaco ·

My nek hare staan reg op.
War gaan aan met die mensdom.
Siek man

Kenny ·

Dis die gevolge van n oop liberale wereld. Die liberales het heeltemal te ver gegaan.

Noggie ·

Ek verstaan die ongelukkigheid hieroor. Dis siek. Maar die mense het mos nou klaar gesê hulle gaan die ding nie vrystel nie, so die petisie se waarde is dan wat?

Anon ·

Net Steam verbied dit, daar is ander speletjie platforms ook bv. Xbox

Die verskil is?? ·

Ek wens dat mense so sterk voel oor aborsie soos oor verkragting. Wat is die verskil.
Die een, word n vrou tena gekom en mishandel, die ander word n baba tena gekom en vermoor…..
Mag GEEN VROU OOIT VERKRAG WORD NIE.
Mag GEEN BABA OOIT VERMOOR WORD NIE.

Wonder wie is die siek individu wat sulke speletjies uitdink….

Rooi ·

Aan die verskil is, ek verstaan jou uitgangspunt oor aborsie. Maar wat gebeur as iemand verkrag word en swanger raak? Dink jy nie die kind moet dan geaborteer word nie? Vra net

willem Botha ·

Ek stem daar is geen plek vir so n speletjie in ons wêreld nie ,stop die siek mense agter die idee.

Leonard ·

Dis flippen siek man!! Watter reg denkende mens sal aan so iets dink en vervaardig julle is siek in die kop

Hang Man ·

Menseregte? Elkeen kan mos doen wat hy wil? Nou het dit ons ingehaal!

Besorgd ·

Hierdie is maar net nog ‘n bewys van satan se invloed op die mens se denke. Watter persoon by sy/haar volle verstand ontwikkel so tipe speletjie en dink dit is goed?

Charlie ·

Sou dit vrygestel word en die MRK doen niks daaromtrent kan dit gebeur dat die volgende speletjie dalk iets sal wees soos”How to commit a farm murder”

Arno ·

Kinders moet reg geleer word sulke speletjies sal hul verkeerde gedagtes gee en op die verkeerde pad laat loop

Die Leeu ·

Wel, die ouens wat rekenaar speletjies ontwerp neem aan dat, as ons, as verbruikers, so gaande daaroor is om geweldsmisdaad-speletjies te speel, soos Grand Theft Auto en menige anders soortgelykes, dan het ons seker geen probleem met verkragtingspeletjies nie.

Alle ander onderwerpe in die lewe werk presies dieselfde. Hoe meer dinge ons toelaat en aanvaar, hoe erger word die dinge wat volgende kom.

Kyk maar byvoorbeeld na 7de Laan. ‘n Groot deel van 7de Laan se inhoud strek teen meeste van ons se waardes en beginsels. Maar, ten spyte daarvan is daar bitter min mense wat opgehou het om 7de Laan te kyk en te ondersteun. Want ons aanvaar maar net. Ons laat maar net toe. En so word die inhoud net meer en meer walglik.

Hoe kan ons anders verwag van rekenaar- of video-speletjies?

Ek keur dit glad nie goed nie en, ek dink dis walglik dat daar sulke video-speletjies bestaan. Maar ek dink dat, wanneer ookal ons in teenstand van ‘n saak wil protesteer, ons meer daadwerklik moet begin optree. Om ons misnoë hier op Maroela Media uit te spreek, het geen invloed op die saak nie.

Dalk moet ons soos die EEF en BLF ondersteuners begin maak wanneer ons protesteer. Iemand sal dan na ons luister.

.

Vivia Spoelstra ·

Ouers wat dink hul kindertjies is bevoeg om rekenaar speeletjies met ouderdoms beperkings moet wakker word!!!!!
One het al persoonlik ervaar hoe ‘n oulike maatjie “uithaak”.
Dis nou algemeen dat die seuntjies “fight” speel op die pouse veld.
Probeer praat met die ouers van die kind wat “smack downs “ down met jou kind, word jy wild beskinder omdat jy hul kritiseer.
As jy jou kind sulks dinge toelaat ( flieks en speeletjies met ouderdoms beperkings) Moenie Dan verwag dat ander jou kind soos “Klein seuntjie “ moet behandel – hy word dan geweldadig, leenaar en manipuleerder.

Vivia Spoelstra ·

En ook die man verantwoordelik vir skietvoorval nou in Christ Church was ook speeler van “dood skiet” rekenaar speeletjies

Vivia Spoelstra ·

Ouers wat dink hul kindertjies is bevoeg om rekenaar speeletjies met ouderdoms beperkings moet wakker word!!!!!
Ons het al persoonlik ervaar hoe ‘n oulike maatjie “uithaak”.
Dis nou algemeen dat die seuntjies “fight” speel op die pouse veld.
Probeer praat met die ouers van die kind wat “smack downs “ doen met jou kind, word jy wild beskinder omdat jy hul kritiseer.
As jy jou kind sulke dinge toelaat ( flieks en speeletjies met ouderdoms beperkings) Moenie Dan verwag dat ander jou kind soos “Klein seuntjie “ moet behandel – hy word dan geweldadig, leenaar en manipuleerder.

Vivia Spoelstra ·

Ouers wat dink hul kindertjies is bevoeg om rekenaarspeeletjies te speel, en flieks te kyk met ouderdoms beperkings moet wakker word – jou “begaafde “ ( Oman probeer net “gaaf “ wees) kind is nog ‘n KIND!!

Chris Ws ·

Myns insiens hoort 99% van “speletjies” verban te word.Daar IS goeie speletjies ja(ek het self ‘n paar) maar hulle is min in vergelyking met die horde satans gemors wat aan kinders beskikbaar gestel word.
Die regering moet hier baie beslis optree en hierdie sogenaamde speletjie heeltemal verbied.

Lynette ·

Nie alleenlik speletjies nie. Deur slegs na die nuus en 7de Laan te kyk, word mens so gebombardeer met geweld, dat ek dankbaar is my kinders het in n ander era grootgeword. Die geweld en korrupsie laat mens afgestomp word, want niemand word ooit gevonnis of tot verantwoording geroep vir hul dade nie, nee hulle word eerder beloon!!!!!

PJ ·

Siek! Siek! Siek! So breinspoel hulle die jonger generasie om walglike goed te doen!

Ilse ·

Die ” skepper ” hiervan se naam moet wereldkundig gemaak word. Wonder net of hy enigsins sal skaamkry, of gaan dit uiteindelik maar net oor geld ?

Mariana ·

Dit is verregaande en dit behoort Wêreldwyd verban te word. How siek is die mens nie en dit raak net erger dag tot dag.

Helena. ·

Die soapies is deesdae net so erg. Waar trek jy die streep. Kyk maar na 7de Laan, dis n afr. sepie. Isodingo met sy moorde. Ag dit gaan net aan en aan.

Riekie ·

Sou graag die petisie wou teken, maar hulle wil jou adres en alles he. Word ondersteun deur Avon so dan gebruik hulle jou info om te harass. Hulle klink nie ernstig genoeg oor die saak as hulle probeer om al jou info te kry nie om later te gebruik nie.

Estelle ·

Voddie Baucham het ñ ongelooflike teaching met die titel “Ceasars Children.” Ñ stelling daarin wat hy maak herinner my aan al die ouers wat so met hul hande in hul hare sit oor die optrede van hul kinders. Hy sê: ” Stop sending your children to Ceasar for their education, and then be surprised when they come back as Romans.” Die verantwoordelikheid oor ons kinders, liggaam, siel en gees was nog nooit in groter gedrang as nou nie.

GM ·

Dis skokkend dat daar mense is wat sulke speletjies uitdink, maar speletjie of nie speletjie nie – ‘n groot gedeelte van die jeug vind verkragting aanvaarbaar. Kyk maar na die afgelope paar berigte waar groepe ‘kinders’ beurte gemaak het om ‘n meisie te verkrag.
Dis nie net as gevolg van blootstelling aan video’s en speletjies nie – dit begin by waardes wat by die huis aangeleer word (of die tekort daaraan).

Hul sê Steam het die speletjie verbied voor die vrystelling daarvan NADAT mense gekla het – sou hul dit dus vrygestel het indien mense nie gekla het nie?

Ek hoop die ander maatskappye volg hul voorbeeld.

GM ·

Businessinsider – “Steam is no longer planning to allow the controversial video game “Rape Day” to be released on its PC gaming platform.
The game, created by the indie developer Desk Plant, was originally scheduled for an April release on Steam.
“Rape Day” is a visual novel featuring still images of graphic sexual violence against women; the game was available for preview on Steam for three weeks with 25 screenshots that included scenes of rape and women held at gunpoint.
Following public backlash, Steam released a statement saying “Rape Day” will not ship on Steam because of “unknown costs and risks.” The company maintains that it will continue to review controversial games on a case-by-case basis to protect the interests of developers”

Attie. ·

Hoe laag kan beskaafdes daal. Sommige glo dat ‘n beskawing groei deur harde werk maar word weer vernietig deur verrotting van binne. Is dit nie dalk wat gebeur het met die Romeinse ryk en alle ander ryke nie. dit lyk my die Westerse Europese ryk is reeds vrot van binne. Ons speel so reg in die hande van Satan.

Francois le Cochon ·

Ek sukkel nog om Packman te bemeester, dan gaan ek Tetris probeer!

Philip ·

Dis so siek iets om voor naar te word. Die “akteurs” is natuurlik wit wat nog ‘n slegter boodskap oordra. Nee wat ek gee op. Hierdie land met sy morale waardes, geweld, korrupsie ens ens is te danke aan die ANC en FW wat ons uitverkoop hey

Philip ·

Dis so siek iets om voor naar te word. Die “akteurs” is natuurlik wit wat nog ‘n slegter boodskap oordra. Nee wat ek gee op. Hierdie land met sy morale waardes, geweld, korrupsie ens ens is te danke aan die ANC en FW wat ons uitverkoop het

Verstaan nie ·

Hierdie speletjie is siek, maar het niks met ons land of ras te doen nie so jou kommentaar maak glad nie sin nie. Lees eers die artikel voor jy kommentaar lewer.

Draakman ·

Ek dink dis tyd dat alles verban word. Verban alle rekenaarspeletjies. Verban alle films. Verban alle televisie programme. Verban alle boeke. Ja verban selfs die Bybel. Enigiets met geweld in of hoeookal is ‘n pure slegte invloed op die armsalige kindertjies wat daaraan blootgestel word.

Cybersakkie ·

Ek se al lankal die Bybel kort n ouderdomsbeperking van 18! Daa4 is nou vir jou geweld, seks, verkragting, volksmoord, noem maar op.
Gelukkig is daar as mens mooi lees, Genade ook.

Noggie ·

Almal moan en teem oor 7de laan.

Ek verstaan hoekom. Dis ‘n lot swakgeskryfde, ophitsende bollie.

Sit dit net af. Dit vrot jou brein. Met minder kykers sal hulle wel iets doen aan wat skeel om die getalle weer te lig.

Of is dit dalk dat julle wil wegkyk, maar nie kan nie?

En sover as protesteer soos die EFF of BLF? Vergeet daarvan. Ons ou volkie is net een groot versameling grootbekke, drama queens en keyboard ninjas.

Johanna Botha ·

Die mensdom se gedagtes is VROT ! Wie wil nou he n kind moet aan so iets bloodgestel word …DIS SIEK !

JC ·

Wat het die developer van hierdie speletjie besiel? Daar gaan defnitief iets gedoen moet word om te keer dat hierdie speletjie beskikbaar word, want as dit nie op “official” speletjieswinkels beskikbaar gestel gaan word nie sal dit wel iewers op die internet verkry kan word…

Cybersakkie ·

“Volgens navorsing (…) toon kinders kinders wat geweldadige spelethies speel toenemend aggresiewe gedrag”.
Sjoe, die speletjies wat hulle tydens die kruistogte gespeel het moes róf gewees het, hoor!

Anoniem ·

Dit is n baie swaar bitter onderwerp wat baie nagmerries terug bring. En tog kry n mens vrouens wat dit gebruik as n verskoning. Wens net hulle wil besef watse wonde dit vir party van ons oopkrap. Ja dit is nie n lekker ding om deur te maak nie maar moenie met so iets speel nie.

Antionette ·

Ek en my man het ons een vierjarige seuntjie en ons is bitter lief vir hom aangesien ek 10 jaar gesukkel het om swanger te raak, hy is my wonderwerkie. Ongelukkig sal ons nie probeer vir nog kinders nie vir die eenvoudige rede… hoe bring jy n kind in die lewe as hul toekoms jou letterlik slapelose nagte gee in hierdie siek samelewing wat by die dag erger word. Hoe leef jy met jou gewete saam as ouers, jy het hom in die lewe gebring!. Iets wat veronderstel is om jou grootste geskenk en blessing in jou lewe te wees word nou verander deur siek, uiters SIEK mense

GM ·

Antoinette, ons het dieselfde kwellinge gehad, maar op die ou einde van die dag het ons besluit dat ‘n boetie of sussie nodig is. Hulle is groot maats, en my oudste blom vandat sy ‘n sussie het. Ek glo hul sal mekaar ook eendag baie ondersteun.
Sterkte met jul besluit, dit klink of jul nog enetjie sou wou hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.