Petisie oor voorgestelde internetregulasies

avaaz petisieʼn Petisie is op die webwerf Avaaz geskep waar Suid-Afrikaners hul misnoeë te kenne kan gee teen nuwe voorgestelde internetregulasies.

Maroela Media het vroeër berig die Film-en-Publikasieraad (FPR) het ʼn konsepbeleid oor regulering van aanlynaktiwiteit uitgereik. Volgens die beleid sal alle individue en organisasies, wat digitaal inhoud wil oplaai, eers by die FPR moet registreer en ʼn fooi moet betaal wat deur die minister van kommunikasie voorgeskryf word. Die inhoud sal eers aan die raad voorgelê moet word vir klassifikasie of die inhoud sal self geklassifiseer moet word kragtens die raad se riglyne. Oortreding van die regulasies sal beskou word as ʼn kriminele oortreding en kan tot ʼn boete of ses maande tronkstraf lei.

Gavin Davis, DA-LP, het gesê die breë terme wat in die beleid gebruik word, kan as ʼn propagandainstrument deur die regering misbruik word. “Dit bied ʼn beduidende ruimte aan die regering om inhoud te verbied wat nie aan die regering se politieke agenda of wêreldbeskouing voldoen nie,” het Davis gesê. “Dit wil voorkom of die beleid toegepas kan word op enigiemand wat aanlyn inhoud wil oplaai, of dit nou via Facebook, Instagram, ʼn blog of enige ander aanlyn platform geskied. Dit maak die deur oop vir die staat om inbreuk te maak op sy burgers se reg tot vryheid van uitdrukking en die verspreiding van inligting

Volgens die webwerf is die petisie opgestel deur “Mike, David, Alice en die hele span by Avaaz”. “ʼn Nuwe stel regulasies bedreig die kern van ons internetvryheid,” lui die petisie. “Hulle [die regering] wil ons digitale demokrasie polisieer, maar ons is duisende Suid-Afrikaners wat hierdie e-pos ontvang en ons het die mag om hulle versperrings af te breek.”

Volgens die webwerf is 1% van internetgebruikers in Suid-Afrika op Avaaz, maar hulle is oortuig dat die krag van sosiale media die boodskap kan versprei.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

desmond spence ·

Nee dis belaglik verby…hulle wil geld maak en ons reg tot inligting en vryheid nou streng monitor en beperk,hou op dom onigeligte idees uitdink om ons te melk vir jul eie wins.Maak liewer dit wat stukkend is reg

Danie Grobler ·

My kommentaar is eintlik in die tweede dialek van Afrikaans en kan dus nie gepubliseer word nie. Gebruik u verbeelding en weet egter dat die dinge malligheid is. Gaan hulle na hulself ook kyk?

Herman Habig ·

Ondersteun die petisie teen die voorgestelde beleid teen internet en ander sosiale media vryheid wat die kommunistiese ANC regering beoog.

Hansie ·

Mens ondersteun die petisie baie graag maar sal die regering hulle daaraan steun? In ander lande sal so iets werk maar hier…
Hoe stop mens sulke onderdrukking?

Gideon Roos ·

Ons het dit almal sien kom. Dit was net a kwessie van tyd. Die rasse kaart werk nie om mense still te maak op die internet waar hulle anoniem kan bly terwyl hulle kla en kritiseer nie. Nou probeer hulle ons reg op vryheid van spraak op die internet ook vernietig. Hierdie regering is besig om in ‘n autokratiesie tirannie te ontaart.

Hierdie is a kwessie wat nie net een ras of ‘n ander ras raak nie. Elke burger van die land is nou onder die spervuur. Dit is tyd vir ons om nie net as wit-mense of swart-mense saam te staan nie, maar as mense wat ons vryheid en regte waardeer en vereis.

P3 ·

Vergewis julle met die hele Agenda 21….ons regering het vrywillig toegetree en dit gaan net erger en erger raak. Wees voorbereid.

J Esterhuizen ·

Leer hoe om tor te gebruik. Gebruik dit en plaas kommentaar op buitelandse webtuistes.

Oupa Piet ·

Hierdie is verregaande. As ons geld opraak stel ons net ‘n ander mal belasting in plek. Nou wonder hulle hoekom niemand e-tol betaal nie!

Winston ·

Hierdie is deel van kommunisme. Dit is waarheen ons op pad is. Die regering omhels Rusland en China. P3 stem saam. Ons moet voorberei nou. Ons regte word stadig maar seker weggeneem. Soos n padda in n warm pot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.