Petisie oor waterkrisis aan parlement gerig

Regering-kry-skuld-vir-waterbesoedeling

Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum.

AfriForum gaan na verwagting Woensdag die parlement in Kaapstad versoek om ’n petisie te oorweeg om aandag te gee aan die landwye waterkrisis en die bevoegdheid van die reguleerder te ondersoek.

Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, sal die media om 11:00 inlig oor dié petisie en die versoek wat aan die parlement gerig gaan word.

Volgens Peter Attard Montalto, ʼn marknavorsingsanalis van Nomura, is die waterkrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, die land se nuwe Eskom.

Hy het gesê die watersituasie in Suid-Afrika is ʼn krisis wat al lankal wag om te gebeur – maar dit was altyd in die toekoms en dit was moeilik om te voorspel presies wat die sneller sou wees.

“El Niño wat Suid-Afrika in Maart getref het en dalk nog ses maande gaan voortduur, was die sneller wat die strukturele swakhede van waterveiligheid ontbloot het,” het Attard Montalto in ʼn navorsingsdokument gesê. “In hierdie opsig is dit soos Eskom 2008 – ʼn krisis wat wag om te gebeur en ʼn lukrake gebeurtenis (soos nat steenkool) wat die stelsel oor die afgrond stoot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

M A ·

En wat van mense wat glad nie eers munisipale water kry of kan kry nie? Hierdie mense moet jaarliks baie meer uitgee aan boorgat onderhoud as wat hulle andersins aan die munisipaliteit moes betaal. Nou is die watervlak laag en die boere in die omgewing gebruik dag en nag boorgatwater om hulle landerye nat te maak. Dit veroorsaak ‘n krisis by huishoudelike verbruikers wat nie nuwe of dieper boorgate kan bekostig nie. Ek het n kwotasie gekry om modder uit my boorgat te haal. Dit sal R12 000 kos vir ‘n uur se werk (die een uur is op die kwotasie gespesifiseer).

JJ ·

O Kinders moenie in die water mors nie,
Die ou mense wil dit drink.
O Kinders moenie die water mors nie,
Die ou mense wil dit drink.
Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af…
Van Piet Le Roux se plaas…

irene ·

Ek het boorgat maar gebruik water een keer per week vir my tuin. Die boere sit kos in ons monde met hul boorgat water hul spuit nie gras en blomme heeldag nie maar vir kos in jou mond MA word wakker eers tolpaaie toe krag nou water wat volgende

M A ·

Irene, ek is heeltemal afhanklik van die boorgat. Daar is geen ander water nie. Dit help niks die boere sit kos in my mond as ek nie water het nie.

Barry ·

Dit is tyd dat bekwame ambag manne aangestel moet word (afgesien van kleur of ras) in Pretoria (inteendeel alle munisipaliteite).Die sogenoemde waterbeperking wat sy oorsprong het a.g.v.die hittegolf, word moeilik gevind om te glo wanneer daar 400+ ondergrondse hoë druk hooflyne/waterpype gebars het a.g.v uitermatige hoë druk, in die noorde kant van die Magaliesberg .Om nie eers verdere huishoudelike pyp barste en gebarste water meters ens. op te noem nie. Dit is slegs aan die noorde kant van die Magaliesberg en snaaks genoeg, kort na die lekkasies, is die waterbeperking ingestel. In tussen het daar galjoene liters water die strate af gestoom en miljoene rande se water is letterlik die drein af. Die lekkasies het ook dae geneem voor dit herstel is. Goeie voorbeeld van hoe jou belasting geld vir jou werk.

Johannes Meintjes ·

Dit is betreurenswaardig dat ons lankal skynbaar in SA ons pro-aktiewe nering verloor het. Alles moet eers ‘n krisis word voordat ons dan dikwels ondoelmatig skarrel om pleisters te plak, ten duurste. Nou moet ons maar by die Arabiere en Israel leer om dou op te vang, elke druppeltjie reenwater op te vang, seewater te ontsout en om groot ysblokke vanaf Antarktika nader te sleep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.