Petisie teen aanry van mense na presidensiële inhuldiging

Lambert de Klerk en Zodwa Modipane (adjunkdirekteur van die direkteur-generaal van samewerkende regering) (Foto verskaf deur AfriForum)

AfriForum het Donderdag talle protesbriewe van inwoners reg oor die land teen die president se versoek – dat munisipaliteite landwyd 18 000 mense na die presidensiële inhuldiging in Pretoria op 25 Mei 2019 moet aanry – by die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Pretoria ingedien. Die burgerregte-organisasie het ook ’n protesbrief aan die presidensie gestuur rakende hierdie kwessie.

“Munisipaliteite sukkel reeds om die mas op te kom en kan nie eens basiese dienste aan inwoners verskaf nie weens ’n gebrek aan fondse,” het Lambert de Klerk, AfriForum se koördineerder vir Groter Pretoria, in ʼn verklaring gesê. “Belastingbetalers gaan gebuk onder ongereelde of geen watertoevoer, vullis wat nie verwyder word nie en rou riool wat in die strate afloop omdat munisipaliteite versuim om hul grondwetlike plig na te kom.

“Ten spyte van munisipaliteite se grondwetlike plig om basiese dienste aan inwoners te voorsien, is daar ’n gebrek aan dienslewering in sommige plaaslike dorpe en selfs in stede. Suid-Afrika se huidige ekonomiese toestand regverdig boonop nie die enorme koste wat aan hierdie presidensiële inhuldiging verbonde is nie en die ekonomie kan baat by munisipaliteite wat hulself van onnodige uitgawes weerhou. In die lig hiervan voel AfriForum die presidensie se versoek is ongegrond – daarom sê ons ‘stop die bus’ met die verkwisting van munisipale fondse,” het De Klerk bygevoeg.

Die organisasie versoek ook enigiemand wat ’n negatiewe ervaring by enige stemlokaal gehad het om dit aan meld op sy webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thys ·

Of daar nou petisie gaan aangeteken word of ni ons sal hulle ni kan stop ni hulle gaan dit inelkgeval doen en weereens gaan dit di belastingbetaler se geld wees wat daarmee heengaan,sal net graag wil weet hoev di party di keer gaan kos

Gert van Wierdapark ·

Pres CR wil darem op n gepaste wyse dank betoon aan die miljoene stemvee van die a en see se stemvee

jennefer ·

Ons stortingsterrein is gister aan die brand gesteek dis so oorvol en dis dan makliker om die vullis te verbrand .n kwart van die dorp het vandag nie elektrisiteit agv kabeldiefstal. water elke 2e dag. Ons is oppad na totale verval.

Boerboel ·

Help my reg. Die dag gaan so by die 180 miljoen kos of is dit meer?

Adam ·

Die Zuma inhuldiging het na bewering R240m gekos en die van CR gaan na bewering R120m kos. Dit bly nog steeds geldmors, al is die besparing ook hoe groot.

Gert van Wierdapark ·

Wonder of die inhuldiging in die Presidensiele losie op Loftus gaan geskied? Ons gewone ouens/belasting betalers verstaan die geldmors verkeerd.? = Ek meen, pres CR en mnr Motsepe is biljoeners en mnr Radebe kan na al die jare diens seker ook al lekkerruik ryk wees. Geld is mos nie in die hogere kringe n faktor nie. Ons is die arme “Torre”, wat in die Kakistokrasie se deurlopende “Geldmors Berge’ vasvlieg om self arm faktorre te word. Voorbeeld: Die DUUR sokkerwedstryd verlede jaar tussen Mamelodi Sundowns en die oorsese klubspan waarin Messi speel? ‘n Klein toevallige beriggie in Beeld (as ek Reg onthou) het die koste op R100 miljoen geraam!!!!!. Nie EEN vakbond of enige stemvee het oor die ABSOLUTE VERMORSING gekla nie. Was dit egter die sogenaamde “White Monopoly Capital” wat so’ n sport-mammon-verkwisting gereel het, sou die hare geswaai het!! “Say No More”

Theodore Kloppers ·

Die munisipaliteite moet eerder dienslewering reg maak, hulle Eskom rekeninge betaal en hulle skinkgate in hul strate regmaak. Dis belaglik dat soveel geld op die inhuldiging te spandeer. ‘n Regter kan net Ramaphosa sy eed laat afle in sy eie kantoor. Daardie miljoene rande kan Eskom aan die gang hou of baie mense kan huise kry met daardie geld! Hou op geld mors! Julle vat miljoene en triljoene asof dit niks is nie. En ons as belastingbetalers moet ons dood werk om julle sakke vol te maak! Nee man, kry rugraad en selfrespek!

Sean ·

18 000 word seker kos belowe by inhuldiging sodat wereld kan sien daar is ondersteuners Seker bang net n handjie vol daag op want net n handjie vol het werklik vir die anc gestem

Sean ·

Ek hoop die eff bogger die hele inhuldiging op want almal weet hoe veel die verkiesing gekook is Die regte party leier word nie daar ingehuldig nie

Manie ·

Help nie jy probeer die anc vertel om nie die land se geld te mors. Die mense het n vryheid stryd”gevoer” om hulle hande in die geldlaaie van ons land te kry

DV ·

Wie moet die stadium, strate na die inhuldiging skoon maak en op wiese koste? Die Thswane blasting betalers. Terwyl die Hele land se mense dit bemors het.

Dries du Toit ·

Nogal in bloubul stadium. Hulle weet seker nie Steve sing gereeld daar nie. He he he

Pieter du plessis ·

As julle wil versoekskrifte oorhandig en op n aanvaarbare manier betoog doen dit oor die diskriminerende wette teen huidig benaadeelde minderhede en vestig die oorsese media se aandag daarop.

fred ·

as hulle nie derduisende gratis aanry,kos en vermaak aanbied,gaan die stadium leeg wees,net soos by n Blou Bull wedstryd?

Emma ·

Mens besef net al meer dat ons idee v geldmors nie ooreenstem met dié mense s’n nie!! Hulle kan nie leef sonder daai oordadige “bling” na buite nie!!

Johan ·

Ek wonder hoe voel hierdie 18 000 mense hier oor. Ek meen, hoe sal jy voel as jy uitgenooi word na ‘n partytjie waarvan jy weet die mense kan dit eintlik nie bekostig nie !

A Mac ·

Darem probeer iemand iets doen, al dink ander weer dis ‘n futiele poging. Ons is te geneig om heeltyd te wil praat en onder mekaar te kla, so ons kan ons seker onsself die reg begin toeeien om met petisies en ander nie-geweldadige maniere te kla teenoor die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.