Petisie teen lisensie vir Netflix, Showmax

(Foto: pixabay)

Die DA het ʼn petisie van stapel gestuur teen die regering se voorgestelde planne om lisensiegeld vir stromingsdienste soos Netflix en Showmax te hef.

Die voorstel word ingesluit in die departement van kommunikasie en digitale tegnologieë se witskrif oor die beleidsraamwerk vir oudio- en oudiovisuele inhoudsdienste waarin die regering voorstel dat die definisie van ʼn uitsaaidiens verbreed word om ook aanlyn uitsaaidienste in te sluit.

In hierdie stadium word ʼn uitsaaidiens in wese beperk tot ʼn televisiestel en Suid-Afrikaners moet ook ʼn geldige televisielisensie toon wanneer ʼn televisie aangekoop word. Dié lisensiegeld aan die SAUK is van krag, of jy nou na SAUK-kanale kyk of nie.

Al hoe meer stromingsdienste is egter op byvoorbeeld ʼn selfoon of rekenaar beskikbaar.

Die DA sê ingevolge die voorstel sal Suid-Afrikaners nou meer moet opdok om gebruik te maak van dié uitsaaidienste, of dit nou op ʼn TV, rekenaar of foon is.

“Die DA is ten sterkste gekant teen die lisensiegeld vir stromingsdienste. Dit is in wese ʼn onderduimse pogings deur die ANC om Suid-Afrikaners te dwing om hul swaarverdiende geld te gebruik om die SAUK uit die moeilikheid te haal,” het Zakhele Mbhele, die DA se woordvoerder oor kommunikasie en digitale tegnologieë, gesê.

“Dit is belaglik dat die regering Suid-Afrikaners wil straf deur hul geld te gebruik om ʼn entiteit vol te hou wat die ANC, deur sy onophoudelike inmenging, verwoes het.”

Mabhele sê die DA besef die belang van die SAUK as openbare uitsaaier.

“Die uitsaaier moet egter kreatiewe maniere vind om homself te onderhou en gelyk te breek sonder dat Suid-Afrikaners meer geld hoef te betaal.”

Die adjunkminister van kommunikasie, Pinky Kekana, het in Oktober aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê die SAUK moet dringend sy lisensie-inkomste vergroot.

Kekana het gesê die lewe verander vinnig en dat die definisies vir die gebruik van lisensies uitgebrei sal moet word om almal in te sluit wat op enige manier na uitsendings kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Stefaan ·

Dit gaan dieselfde pad loop as E-toll. Burgerlike ongehoorsaamheid

Eltan ·

Geen probleem..laat hul dit maar doen en die en die webtuiste blok as jou gelde nie betaal is nie…
Ons sal dan maar net van vpn’s gebruik maak om dit te omseil…klomp idiote..

Francois Le Cochon ·

Netso, ek “stream” vanuit Duitsland en Amerika.

Samuel ·

Waarvoor nog geld vermors op die SABC? Die gehalte van programme is swak. Lisensie geld word seker nie reg aangewend nie.

Sobymykoolkop ·

Sodat die kaders hulle miljoene aan salaris kan kry natuurlik

koos10 ·

Dit was ‘n voorloper van die etol. Hordes mense weier reeds lankal om dit te betaal.

Ferryman ·

Die SAUK het nagelaat om lisensiegelde te hef en daarom het die meeste tv’s maar nie lisensies nie. Dit sal meer verantwoordelik wees van die SAUK om dadelik oor te gaan na die digitale seine soos wat lank reeds beplan word wat dan sal verhoed dat mense wat nie tv lisensies het tv kyk.
Die publiek word nou weer verantwoordelik gehou vir die regering en die SAUK se nalatigheid.

Surfer ·

En die miljoene TV’s wat in daai tyd gekoop is en nou werk op onwettige krag konneksies. LOL

Samuel ·

Burgerlike ongehoorsaamheid is al wat gaan werk. Waarom nog meer geld in die Soustrein pomp

NEO ·

Die ANC is weer besig om hul onvermoë om die SABC te bestuur die belasting betalers se probleem te maak. Nes SAA. Hoe gaan hulle die geld insamel of gaan hulle elke persoon wat ‘n selfoon het belas deur ‘n tax levy sonder jou goedkeuring by jou rekening bysit.

Johan ·

Moenie hulle gedagtes gee oor die SAA nie. As SAA oor jou stad vlieg moet jy ‘n heffing betaal.

Kosie ·

Petisies werk nie met die regering nie, hulle het besluit hulle gaan dit doen want hulle sakke raak leeg sodoende sal hulle, hulle net eenvoudi afvee aan enige petisie, kyk maar onteiening sonder vergoeding, hoevele petisies is ge-ignoreer want die nie belasting betalende burgers het gese hulle mag doen net wat hulle wil, solank hulle staats pensioene, huise en themde kry.

Dries ·

Ek sien so paar weke terug ‘n berig dat die sepie Uzalo, op SABC 1, ‘n rekordgetal kykers van 11.4 miljoen mense het. Nou as my somme reg is, teen so om en by R265 per lisensie, behoort die SABC mos dan R302 100 000 te kan insamel net uit die Uzalo kykers. My vraag is, betaal al die Uzalo kykers hulle tv-lisensies? Maar nee, die SABC wil eerder jag maak op mense wat in werklikheid GLAD NIE hulle programme kyk nie. So terloops, Uzalo word vervaardig deur een van Zuma se kroos.

tweeling ·

So jy neem aan daar is omtrent 10 mense op ‘n slag wat na die sepie op een tv kyk. Nee die kykers sal nie betaal net soos wat hulle nie vir elektrisiteit wil betaal nie.

Andre ·

Ja julle mors julle tyd en energie met petisies.Die regering beweeg nie ‘n milimeter oor ‘n petisie nie.

Mariana ·

Enigiets om mense te roof van hul hardverdiende geld om ”n bankrot spul te red. SABC is pateties in alle opsigte. Nee, nee, nee

tweeling ·

Skep sal hulle skep tot die bodem uitval, dan sal hulle nog steeds nie tevrede wees nie!!

Aai ·

Sonder die privaat sektor het die staat niks hulle melk ons orals waar hulle kan deur om niks te doen en te vat.

Martie Smartie ·

Wanneer vat iemand hierdie argaise SAUK wet grondwetlike hof toe? DA? Afriforum? Dis mos belaglik om vir iemand wat n TV stel besit en nie na SAUK kanale kyk nie, te dwing om te betaal vir ‘n diens wat nie gebruik word nie. Gebuiker betaal se die ANC mos. So as jy nie gebruik nie, volg dit tog dat jy nie hoef te betaal nie. Dis so goed die Kapenaars wat nooit in GP kom nie, moet tolgeld betaal vir GP paaie. Dis mos ongrondwetlike om die publiek te dwing om te betaal vir ‘n diens wat hy/sy nie gebruik nie.

Kerneels ·

Die SABC behoort finanisiëel op eie bene te kan staan as die volgende gedoen word:
– Vorder televisielisensiegelde in by ALMAL wat televisies het.
– Kap die dooie hout by die SABC uit.

katerinadiekat ·

Ons tv word net gebruik vir Playstation speletjies. Nie ek, my man of seun stel belang in tv programme nie. Our tv is not connected to the SABC broadcasting system in any way. Ludicrous that we have to pay for a tv license.

Francois Le Cochon ·

Unfortunatly the act stipulates that you must pay if your device ic CAPABLE te receive a SABC signal. Many years ago people bought monitors which did not have a tuner, then they use their video machines to tune in. It was then when they ammend the act to “any device that could reveive a SABC signal”.

lodewyk ·

Hulle kan maar probeer,ek betaal nie n sent ekstra nie,ek betaal my TV lisensie getrou elkke jaar maar ons kyk nie eers SAUK kanale nie,

Hoekom ·

Die ANC cartel regime sal elke manier vind om geld uit ons te “extort”. Dit is wat hierdie saam met tv lisensies, geweer lisensies, etoll en tolhekke, hernuwing van rybewyse ens ens is. Dit is extortion…

Instede om te probeer kompenteer op die ope mark, wat te veel dink werk en te veel harde arbeid behels. Sal ons kriminele regering ons vra om hulle handicap te sponsor…

Hoekom ·

Isnt it illegal to profit from someone elses products and services? Just another crime brought to you by the ANC cartel…

FranWilder ·

Daar is geen manier hoe hulle dit sal kan afdwing nie. Dit sal net nie kan gebeur nie.

Anel ·

Nou vra ek jou, hoe kan hulle my dwing om lisensiegeld te betaal as ek selfoon het? Die skermpie is in elkegeval so klein en my ou oë kan dit nie eens hou om vir lank na boodskappe te kyk nie. Nou dink hulle moet ek ‘n fliek so kyk? En wie sê almal se fone of ander aparate kan flieks opvang? Nee, man, gaan kry julle geld by die miljoene our people wat nie lisensies koop nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.