Petisie teen PE-naamsverandering

Besware teen Port Elizabeth se naamsverandering na Gqeberha kan steeds ingedien word. (Foto: DA)

Die stryd teen die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha en Uitenhage na Kariega duur voort.

Die DA het Vrydag ʼn van stapel gestuur in sy poging om kapsie te maak teen die besluit wat verlede week in die Staatskoerant aangekondig is.

Andrew Whitfield, voorsitter van die DA in die Oos-Kaap, sê daar was ʼn gebrek aan deursigtigheid in hoe die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, die name goedgekeur het. “Ons is oortuig die ANC het die proses van openbare deelname gestoomroller en dat die meeste mense in die duister was oor die voorgestelde name.”

Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap het reeds sy teenkanting teen die voorgestelde naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha te kenne gegee.

Nqaba Bhanga meen dat die nuwe name nie inklusief is nie en geen isiXhosa-betekenis het nie. Hy het aan Mthethwa geskryf om sy kommer oor die naamsveranderingsproses wat gevolg is én die uitslag daarvan te kenne te gee.

Whitfield sê Bhanga, ʼn DA-raadslid, het die party se volle steun wanneer hy sê dat die party nie teen naamsveranderings gekant is nie, maar dat die proses inklusief moet wees en ʼn grondwetlike verbintenis tot versoening weerspieël.

“Die name Gqeberha en Kariega het bitter min geskiedkundige betekenis. Dit gaan die regering miljoene rande kos om die verandering in werking te stel, het ʼn verreikende uitwerking op die ekonomie en bevorder nie eenheid of transformasie nie,” sê Whitfield.

Benewens die nuwe naam vir Port Elizabeth heet King William’s Town voortaan Qonce, Maclear word Nqanqarhu en Berlin word Ntabozuko. Die Port Elizabeth-lughawe se naam verander na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe verander na die Koning Phalo-lughawe.

Whitfield sê Oos-Kapenaars lewe in armoede en is swaar getref deur die Covid-19-pandemie. Die provinsie het die hoogste werkloosheidskoers in die land. “Die besteding van miljoene rande aan naamsveranderings is ʼn klap in die gesig van ons mense,” sê hy.

Volgens Whitfield bring Mthethwa en die ANC-regering mense boonop onder die indruk dat die name, soos aangekondig in die Staatskoerant, gedane sake is.

Geskrewe besware teen die veranderings kan egter vir nog 30 dae nadat die aankondiging gedoen is aan die minister voorgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Mooi so en ek wil graag sien hoe sluk Mthetwa sy eie woorde. Was nonsens van die begin af

Flip

Hulle kan liewers die name verander na “potholes” en hongersnood dit is meer van pas.

Kokerboom

Waar kan ons petisie teken?

Samuel

Ja, waar kan ons hierdie petisie teken? En wat neuk die ANC so met naamsveranderinge? Lees vanoggend dat die ANC in die Vrystaat vra vir versnelde naamsverandering, aangesien dit blykbaar dienslewering sal verbeter. Bid jou aan!

MAGRIETHA

Ja samual di een gesien van dienslewering in die volgende katogorie pot holes ,korupsie,staats instellings bankrot , min of geen dienslewering deur munisipal;iteite, werkloosheid,en so kan jy aangaan naams veranderinge het dit seke gebring ja