Petrol kos minder, dieselprys styg

petrolpomp 2

Argieffoto.

Petrol sal van 2 Maart beduidend goedkoper wees, terwyl die prys van diesel sal styg.

Die departement van energie het aangekondig die petrolprys sal Dinsdag om middernag met 69c per liter daal, terwyl die prys van diesel met ʼn swawelinhoud van 0,05% met 15c per liter sal styg en 0,005% met 14c per liter sal styg. Paraffien word 17c per liter duurder en die prys van gas sal met 120c per kilogram daal.

“Die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol het gedaal terwyl diesel en paraffien gestyg het tydens die tydperk onder oorsig” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die prys van ru-olie het in vergelyking met die vorige tydperk gemiddeld gestyg hoofsaaklik weens gerugte dat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) produksie kan sny. Die rand het versterk teenoor die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk onder oorsig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dee ·

Dit laat my dink aan die kollega(s) en kennisse wat destyds dieselvoertuie gekoop het omdat petrol se prys onophoudelik gestyg het. En die rooivleis-eters wat skielik ‘n smaak vir hoender en vis ontwikkel en die prysstygings in witvleis direk daarna.

Marous ·

Hoe kan die een daal en die ander styg ? Dit is mos snert!

Piet Snot ·

Onthou om Dinsdagaand te gaan petrol ingooi voor die prys verander!

Groot Koos ·

Ek stem Piet, wie wil nou cheap petrol he?? Dit gaan so rustig wees ek kan sommer twee keer gaan volmaak

Yvonne ·

SKANDELIK, eintlik as mens in ag neem hoe laag die olieprys gedaal het! Maar nou ja, met die Rand wat so doeltreffend en flink in waarde verminder kan dit nie juis anders nie. En steeds dwaal my gedagtes futiel na die etopia van ‘n reënboognasieland wat deur n doeltreffende regering na ‘n vooruitsrewende ekonomie gelei word en waar landsburgers en besighede se beursies sommer ‘n lekker hupstoot kry met petrolpryse wat beduidend daal………

Chris W ·

Verlede maand was die sprys verandering net mooi andersom!Die neusgrouer wat die pryse uitwerk weet beslis nie altyd wat hy/sy doen nie dis duidelik.Al wat ek wel weet is ons gaan bars as die ruolie prys sou terug keer na $100 per vat toe eendag.Dan kan ons prys stygings van so 300% in brandstof pryse verwag om nie te praat van alle ander goedere wat vervoer word per pad se prys stygings ook nie!Waars on dan?

Paul ·

Chris, jou somme maak nie sin nie. Onthou, die basiese brandstofprys, wat indirek uit oliepryse afgelei word, is slegs ‘n deel van die prys. So as die olieprys vanaf $33,33 per vat tot $100 per vat styg, is dit in die eerste plek slegs ‘n 200% styging, nie ‘n 300% styging nie.
In die tweede plek bestaan tans is slegs 41% (R4,70) van die prys van petrol uit die basiese prys van die brandstof – die ander R6,76 is belasting en marges. So gestel die prys van olie styg wel met 200%, dan sal die basiese brandstofgedeelte R14,10 wees. Maar die ander R6,76 wat belasting en marges is, styg nie. Dus is die totale prys dan net R20,86 – ‘n styging van net 82% op die huidige prys van R11,46.

Die prys van olie is nie die enigste ding wat die kleinhandelprys van petrol beïnvloed nie. Dis soos as jy ‘n pannekoek bak. Daar’s meel en suiker en olie en eiers wat in die resep ingaan. As die prys van meel met 100% styg, beteken dit dat die prys van al die bestanddele met 100% styg? Natuurlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.