Petrol nóg duurder in Mei

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Motoriste sal in Mei nóg swaarder trek met die petrolprys wat volgende maand met 54c per liter sal styg, het die departement van energie Sondag aangekondig.

Dié prysstyging geld vir 93- asook 95-oktaanpetrol.

Luidens ʼn verklaring deur dié departement, sal die prys van diesel met 1c per liter styg vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% onveranderd bly.

Die groothandelprys van paraffien sal met 3c per liter styg en die enkel maksimum nasionale kleinhandelprys van paraffien sal met 4c per liter styg. Die maksimum kleinhandelprys vir gas sal met 84c per kg toeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

schaun ·

Die regering sal moet begin help al is dit net n verslapping van die heffings.

HPV ·

Die regering help? Nee ek dink nie so nie, dit is juis hulle wat al die heffings ingestel het en hulle is hoogs afhanklik daarvan om hul astronomiese salarisse en wanbestuur te laat klop. Mislukte staat, het geen ander bronne van inkomste nie.

fred ·

Shaun..hierdie korrupte regime het nie geld om te help…hulle sal eerder hulle self help dan die wat al die belastinge betaal

Ivan ·

En soooo melk ons maar die burgers van die land tot niks oor is nie. Soos sprinkane deur n eens geil land.

DV ·

Hoeveel styg die heffings met verhoging?
Waneer petrol se prys styg alle pryse maar wanner dit daal sien ons geen darling die die pyse.
Handelaar loop net weg met hoe winste.

jaco ·

Waarom kom our people nie in opstand teen dié gedurige prysstygings nie?

Elna ·

Jaco dis n uitstekende vraag kom ek antwoord dit vir jou:” Dis omdat die meerderheid steeds kos prys betaal vir alles en die minderheid moet ten duurste betaal vir alles sodat hulle n koninklike lewe kan he. Dis waarom hulle geensins betoog teen enige hoë prysse nie want dit raak hulle glad nie . Ek het persoonlike ondervinding daarvan en sien gebeur met my eie twee oe en ek het nie eers my bril op gehad nie. Ekt die winkel eienaar gekonfronteer hy het net sy skouers op getrek en gesê:”Sorry but if I dont do that they will kill me and burn my shop down” Nou vra ek jou wat moet ons minderheid mense doen?

Elna ·

Dis moeilike vraag die wat weet mag nie praat of dit enigsins blootstel nie want ons het nie meer vryheid van spraak nie. Ons sal ook maar paraffien stowe moet aanskaf aangesien die paraffien pryse darem bekostigbaar is en nie baie hoog styg nie

Johan Maritz ·

Hou bietjie dop hoe styg gas se prys elke keer en raai wie het met beurtkrag oorgeslaan na gas as alternatief . Dit wil voorkom of parrafien se prys nooit so drasties styg nie en raai watter kiesers gebruik meestal parrefien.

Johanna Botha ·

As die regering (anc)net die regte goed se dan kan die Rand versterk ….maar nee ! !

Jr ·

This is the governments fault. This happens when the cANCer party runs the country into the ground. To dumb to learn from Zimbabwe

Asjas ·

anc is uiters selfversekerd net so voor die verkiesing, wanneer gaan die poeple wakker skrik?
spelfout aspris

Boerboel ·

Een van hierdie dae sal jy nie meer jou motor Kan gebruik nie. Hulle melk ons nou droog.

Stebastiaan ·

In apartheid as die prys met 5c opgaan het die minibus taxis paaie blokkeer en gestaak. Nie een het sover my kennis al dieselfde gedoen sover ek kan onthou sedert die nuwe “regime” aanbewind is nie. Dit wil sê hulle moet op ‘n manier subsidie kry van die staat waarvoor die belastingbetaler voor moet opdok. Wonder maar net??

Wonder ·

Julle moes by die Rand se skou wees. Dit is duidelik wie het nou die geld in die land. En daarom sal hulle nie gepla wees oor die styging in petrol pryse nie. Die motors wat daar intrek is nie klein of goedkoop nie. En die klere wat gedra word is beter as wat ek ooit sal kan bekostig. So as die meerderheid nie optrek teen die hoë koste van petrol nie, watter verskil sal die minderheid se gekerm maak. Niks nie. Die meerderheid betaal nie dieselfde vir krag, in die townships nie en ook nie dieselfde vir ander dienste nie. So die ryk elite sal aangaan met hulle lewens, want hulle kan. Ek wonder maar net aan al die massas wat niks gekry het die afgelope 25 jaar nie, behalwe halfgebakte beloftes nie. Hulle is die ouens wat die land kan dompel in ‘n burgeroorlog. Hulle is moeg vir die leuens, en as hulle nie gaan kry wat hulle wil hê nie, sal hulle soos in die apartheidsjare geweld gebruik, om hulle te laat geld.

Sarie ·

Nee kyk genoeg is darem nou regtig genoeg! So kan dit nie meer aangaan nie! Ramaphosa sal nou sy intreebeloftes moet begin na kom en op een of ander manier daai beloofde verligting vir die vuisvoosverbruikers begin gee wat hy belowe het. Nog ‘n lee belofte waarvan niks kom nie. Vat al die heffings van die petrolprys af. Hoekom het die taxibedryf nog nie in massa optredes in op stand gekom teen die petrolprys verhogings nie. Met hoeveel word hulle deur die regering gesubsidieer

Daan ·

Vir die laaste 13 jaar kry ek ‘n jaarlise verhoging van 6% op my salaris, jaarliks gaan my normale lewenskostes op met tot 35%. Al sny ek, skeep af en los sekere goed heeltemal uit, sukkel ek om kop bo water te hou. Nou wonder ek maar net vir die gewone man wat vir die minimum loon moet werk ? Hoe hou hulle kop bo water? Die meerderheid van die minimumloonwerkers is van die meerderheidsgroep (nie-blank) van die land, tog bly hulle stem vir die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.