Petrol oor Pikitup-bestuurder gestort tydens betoging

Pikitup (Argieffoto)

Vyf verdagtes verskyn Vrydag in die Johannesburg-landdroshof nadat hulle na bewering Maandag petrol oor ’n senior Pikitup-bestuurder uitgegiet het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die vyf verdagtes sal op aanklagte van poging tot moord verskyn nadat hulle glo gedreig het om die bestuurder aan die brand te steek tydens ’n betoging vroeër die week buite ’n Pikitup-kantoor in die stad.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het dié mees onlangse voorval in die Pikitup-betogings in ’n verklaring bevestig. Talle Pikitup-depots en voertuie is al met petrolbomme en klippe bestook sedert betogings op 26 Julie begin het. Werknemers van dié vullisverwyderingsdiensverskaffer dring op permanente aanstellings aan.

Die Pikitup-vullisverwyderingsdienste werk gevolglik ten nouste saam met die Johannesburgse Metropolisie om die voortgesette betogings onder beheer te bring. Volgens Mashaba sal meer metropolisiebeamptes by Pikitup-depots ontplooi word om orde te handhaaf.

Pikitup sal ook met meer vragmotors en operasionele personeel toegerus word sodat vullisverwydering hervat kan word sonder dat Pikitup-werknemers geïntimideer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nita ·

Dis die fout met die land. Mense wil nie werk nie, maar bewaar jou siel as iemand aangestel word in jou plek. Waarom dink julle wil werknemers nie mense in permanente poste he nie? Dan kan jy nie ontslae raak van al die eiegeregtiges wat gaan mor en kla oor alles by die werk nie.

Vieslik ·

Dalk het dit tyd geword dat ons almal leer om petrolbomme te maak om onsself meer te verdedig. Die trokbestuurders moet dan ook met petrolbomme rondry en as hulle daarmee aangeval word TERUGVEG met dieselfde GEWELD dan nie? Dis skokkend dat hierdie mense nog ander aan die brand wil steek. BRAND is ‘n VIESLIKE GEWOONTE in SA, maar klaarblyklik ‘n baie gewilde manier om ander mense te dwing om na jou te luister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.