Petrolbom glo gebruik om kerk af te brand

Die brandweer was binne 20 minute op die toneel, maar kon die 38 jaar oue gebou nie red nie. Foto: Facebook

Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat ʼn Afrikaanse kerk op Rustenburg na bewering met ’n petrolbom aan die brand gesteek is.

“Die polisie ondersoek die moontlikheid van brandstigting,” sê kol. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder. “Die oorsaak van die brand is nog nie bepaal nie.”

Luidens gerugte in die sosiale media is die Hervormde Gemeente Rustenburg-Kloof se kerkgebou in Geelhoutpark met ʼn petrolbom aangeval, waarna dit afgebrand het.

Die NHKA Gemeente Rustenburg-Kloof se kerkgebou is in 1980 opgerig. Foto: Facebook

Myburgh het Sondag gesê sy kan nog nie bevestig of dit wel die geval is nie, berig African News Agency.

Maroela Media het Sondagmiddag berig die gemeente is dankbaar dat hul lapa nie ook in die slag gebly het in die brand wat vroeg Sondagoggend hul kerkgebou in puin gelê het nie.

Yvette Enslin, vrou van ds. Nardus Enslin, het vertel die kerk se alarmmaatskappy het kort ná 01:00 Sondag pastorie toe gebel om te sê iets skort by die kerk, sowat 15 m daarvandaan. Haar man wou dit om veiligheidsredes nie waag om alleen kerk toe te gaan nie en het gevra dat hulle iemand uitstuur.

Die dak het van die geweldige hitte van die brand ineengestort. Foto: Facebook

Om 01:22 het die alarmmense weer gebel, dié keer om te sê die kerkgebou brand. Sy kon nie uit hul slaapkamer sien die kerk brand nie, maar van die studeerkamer se balkon af was die rookwolk en die vlamme wat ál hoër bo die kerk se dak uitgeklim het, duidelik sigbaar.

Die brandweer was binne 20 minute op die toneel, maar toe was dit reeds te laat om die kerkgebou te red. Enslin vertel hulle het dit wel reggekry om die kategeselokaal ʼn hanetree van die kerk af te red; net die ruite het gebars en die deure swart gebrand.

Waarvoor die gemeente die dankbaarste is, is dat die brandweer die lapa kon red. Enslin vertel hulle het nie ʼn kerksaal nie, maar kom altyd daar vir geleenthede bymekaar.

Met Doopsondag oor ʼn week sal hulle ook die lapa gebruik en ʼn doopvont wat een van die plaaslike NG gemeentes aangebied het om vir hulle te leen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

lewies ·

Ons wag in spanning om verdere nuus te kry en die moontlike oorsake van hierdie saak. ‘n Petrolbom dui op ‘n weerwraak. Ons sal graag volle besonderhede van hierdie saak wil verneem. Waarskuwingsligte vir ander gemeentes. Verder se ek niks meer nie.

Sarel ·

Hoeveelste geval van Brand is dit wat voorgekom het insluitende skole en niemand wat ek van weet is nog daarvoor aangekeer nie?? Hoekom???

Ricka Prinsloo ·

Die gerugte van ñ petrolbom is net gerugye. Die forensiese verslae is nog nie bekendgemaak nie en kom eers vandag. Waar kom die stoeries vandaan?

Se maar net ·

Om n lee afrikaanse kerk met n petrolbom te vernietig dui vir my op geestelik en nie polities nie.

Dis polities en simbolies ·

Nee dit is polities, dit is die VERNIETIGING van alles wat WIT en AFRIKAANS en GODSDIENSTIG verteenwoordig …

Dawid ·

Nee wat. In die Bybel se tyd het God se mense gereeld die Baal tempels afgebrand.

Sonja ·

Dawid, meeste van daai Baal tempels wat afgebrand was, was onder hulleself as hulle afgedwaal het. Goed wat hulle opgerig het. In die Bybel se tyd was daar tye wat God stil was, maar weg, nooit, Hy sluimer en slaap nie. Hartseer dat mense los van Hom praat. Met Noag het hy 120 jaar geduldig gewag voor hy die vloed gestuur het, Isrealiete was 400 jaar in Egipte, maar God tree tog op op die einde. Pleks gebruik mense eerder die tyd om nader aan God te beweeg.

Theresa B ·

Siek, siek, siek, siek, siek……………………………………………..!!!!

Carel Breytenbach ·

Sulke dade is ‘n ge-okestreerde aanslag op die Boere Afrikaner se waardes en geloof. Die Afrikaner kan homself ook maar gereed maak dat die aanslag groter gaan word en in felheid gaan toeneem veral na 2019 as die ANC nie sy politieke beloftes en ander uitsprake ten uitvoer bring nie. Die moontlikheid dat ‘n burgeroorlog na 2020 kan ontstaan weens die aanhoudende populistiese swart politiek is baie hoog.

Carel Breytenbach ·

Gaan kyk gerus weer na die film “Africa Adieu” wat in die destydse Belgiese Kongo geskiet is.

joan labuschagne ·

So hartseer my trane loop. Twee van my kinders daar gedoop asook my moeder uit die kerk begrawe…

Asjas ·

Hierdie is maar net die begin. Hierdie is ‘n ras sowel as geloof oorlog. Christene word vervolg, die wit ras word gemoor = wit Christene word vermoor.
Herhinner aan die ou dae toe die anc bomme geplant het, ons sal weer gewapen en paraat moet selfs Kerk toe gaan.
Die einde is naby … ek hoop.

Jane ·

Die EFF het mos gese die volgende wat aangeval moet word is die NG KERKE (die witmense se kerke) so is julle regtig verbaas? ALLE GEWELD In SA is EFF en BLF aangedrewe maar NIEMAND doen iets daaraan nie. Beveilig die kerke, want die aanvalle gaan toeneem, soos met plaasmoorde HITS MALEMA en die EFF dit daagliks aan . hulle wil alle (voorheen blanke strukture) vernietig . al is dit ook net simbolies .. WORD WAKKER.

T ·

Interesant, as mense se huise verwoes word deur reen, brande of hongersnoot, wie help eerste? die Kerke … wanneer gaan ons begin see NEE, ons help nie meer nie want almal soek ons uit die land uit maar as mense hulp benodig .. help ons? Ons is die suckers en moet na onsself begin kyk

Attie & Yvonne Roestoff ·

Sterkte Yvette en Nardus en al die gemeente lede. Dis hartseer maar julle sal sterner anderkant uitkom. Nardus ons weet jy sal die krag van Bo kry om om jou gemeente te ly!

Bellah ·

Die sekuriteitsfirma moet kom verduidelik hoekom hulle nie dadelik kerk toe gejaag het toe hulle ‘n alarm gekry het nie. Is dit nie waarvoor hulle betaal word nie? Hoekom die Predikant bel? Wat kan hy man alleen doen?

Adri ·

Johan, jy wil nie die ANC met die statistiek vertrou nie, maar jy vertrou hulle met die doodstraf? Hoe werk jy daardie een uit?

Nettie ·

@Adri – wat van “dit smaak na doodgewone elektriese fout of bedrading” wat die brand veroorsaak het? Dit kán natuurlik brandstigting wees – die polisie vermoed immers ‘n Molotov – maar dit hoef nie noodwendig deur die ANC/EFF/BFLF (ja, dit Black First Land First, nie BLF – waarvoor dit ookal staan nie) te wees nie. Dit kan dalk iemand wees wat ‘n “dislike” in die gemeente of ‘n uitval met die predikant ontwikkel of gehad het ….

Hartjie ·

Sover ek kon aflei is daar nog nie klinkklare bewyse vir wat die brand kon veroorsaak nie. Soms moet mens nie te ver gaan soek vir antwoorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.