Petrolbomme by UKZN gegooi

Foto: Giordano Stolley/ANA

Foto: Giordano Stolley/ANA

Twee geboue op die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard College-kampus in Durban is met petrolbomme bestook.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 20:30 plaasgevind. Sy het gesê die gebou waarin die MIV-ondersteuningseenheid geleë is en die gebou vir koshuisstudentesake is beskadig.

Volgens De Beer ondersoek die polisie twee sake van brandstigting. Niemand in nog hegtenis geneem nie. Sy het ook gesê niemand is tydens die voorval beseer nie. Nog twee petrolbomme is op die toneel gevind en deur die polisie verwyder.

Die situasie op die kampus was Saterdagoggend kalm terwyl lede van die polisie se openbare orde-eenheid ʼn oog hou.

Die universiteit het intussen in ʼn verklaring gesê drie mense is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat kampussekuriteit ʼn voertuig afgetrek het en daar op sewe liter petrol beslag gelê is. Twee van die verdagtes is studente aan die universiteit. Daar word intussen na ʼn vierde verdagte gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Steve ·

om petrol bomme te gebruik is net so goed soos in self Moord aan val is dit nou maar aan vaar baar in ons wettelose land

pieter ·

Ja siestog en more word hulle losgelaat op parool en die saak word uitgegooi en daar gaan ons alweer met die staking voort.

Irene ·

Al wat jy lees word daagliks herhaal met studente gee asb ander nuus

John ·

Hoeveel mense is daar in ons polisie-‘mag'(?)? Dit klink na minder as tien. Gee vir hulle ketties. Dalk kry hulle dan beheer oor die chaos wat die 200 studente orals aanrig.

G ·

Buiten vir die duur selfone en klere wat die ‘agtergeblewene’ studente deesdae besit, het hul nog geld oor om op liters petrol te mors. Plaas kom gooi hul dit eerder in my kar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.