Petrolbomme op NWU-kampus

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

ʼn Groot aantal petrol en ʼn groot aantal petrolbomme is op die Mahikeng-kampus van die Noord-wes-Universiteit gevind, het visekanselier prof. Dan Kgwadi Donderdag gesê.

“Indien die universiteit nie betyds reageer het nie, kon die universiteit dalk afgebrand het,” het hy gesê.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het gesê die bestuur van Mahikeng-kampus en die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het vergader en besluit om, gegewe die situasie, die kampus tot 15 November te sluit. “Studente word aangemoedig om die kampus te verlaat,” het hy gesê. “Diegene wat op die kampus bly, doen dit op eie risiko.”

Jacobs het verduidelik studente op die Mahikeng-kampus se eksamen begin eers op 16 November en strek tot 8 Desember 2015. Die tweede geleentheid om eksamen te skryf sal tussen 11 en 22 Januarie 2016 plaasvind. “Dit is baie belangrik om kennis te neem dat eksamens op die Potchefstroom- en Vaaldriehoek-kampusse van die NWU steeds, soos beplan, op 2 November 2015 begin.”

Hy het gesê die universiteit doen ʼn beroep op studente om vreedsaam op te tree en hulle nie te wend tot geweld nie.

Kgwadi het gesê die bestuur het met ouers vergader om die situasie te bespreek. “Ons het gevoel die beste ding om te doen is om die kampus te sluit,” het hy verduidelik. Volgens hom is daar skade op die kampus en dit bly steeds gevaarlik vir personeel en studente. “Ons kan nou bepaal wat herstel moet word voordat die studente weer op die kampus toegelaat word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Winston ·

Back to the future? Back to the past? Dis n hele gemors nou.

SNEL ·

Dis vreeslik wat nou kopuitsteek op die universiteite. Altyd gedink mens moet dankbaar wees jy kom daar en jy moet die geleentheid ten volle benut, maar duidelik het dit net in party se skoot geval en het hulle nie gewerk om daar te kom nie, dis die dat hulle niks waardeer en oppas nie. Nou moet sulke moeilikheidmakers eendag in n beroep staan, pleks word die lot geskors en word slegs die wat wil leer toegelaat. Dis nonsies dat sulke voetestamp en optogte en geduld word. Iewers moet daar n stukkie voor getrek word. Ek kry die jammer wat eksamens moet skryf en nou ontwrig word deur die situasie.

Johann Marx ·

Maroela Media kan maar my kommentare net soveel keer verwyder as wat hulle wil. Feit bly staan: Dit wat nou op die Mahikeng-kampus gebeur, is presies die kultuur wat Prof Dan Kgwadi hom voor beywer om op die Potch-kampus ook te vestig.

Louis ·

Johann jy vat die woorde uit ons almal se mond. Die regering hou mos nie van iets wat werk nie. Die wat nie van die verlede wil leer, sal dit maar weer moet deur maak. Onthou die jare tagtigs….

Rynhardt ·

Die petrolbomme wat by Mahikeng-kampus gevind is,wys studente wil nie leer nie!Hul se mos dat die 1980’s herleef weer !Dit is nie moeilik om te sien wie agter die opstokery sit nie.Die aanbidding en uitvoering van vryheidsmanifes word net uitgeleef.

Jooste Rossouw ·

Vergeet van alle stakings en daai dinge ek sal graag by Mr Kwagadi wil weet hoekom begin hulle kampus eers dje 16 November met eksamens terwyl res v land die 2de November begin is dit sodat al die eksamen vraestelle eers vir die Mahikeng kampus gegee word voor hulle begin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.