Die Universiteit van die Witwatersrand het bevestig dat drie petrolbomme Saterdag op sy Braamfontein-kampus gevind is.
“Die petrolbomme is agter ʼn gebou, naby ʼn heining gevind,” het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, Saterdagaand in ʼn verklaring gesê. “Die polisie ondersoek die saak. Die universiteit sal sy samewerking gee soos nodig.”
Volgens die universiteit is dit ʼn duidelike bewys dat daar persone is wat doelbewus brandstigting wil pleeg en om die lewens van die universiteitsgemeenskap te bedreig en universiteitseiendom wil beskadig. “Ons veroordeel alle geweld ten sterkste en ons is vasbeslote dat hierdie situasie nie sal voortduur nie.”
Alle bedrywighede by die universiteit is opgeskort tot verdere kennisgewing.
Studente, wat gratis opleiding eis, betoog al die afgelope week by die universiteit. Die betogers en polisiebeamptes het al ʼn paar keer slaags geraak en die betogers het die polisie daarvan beskuldig dat hulle uitermatige krag gebruik.
Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.
Vertrou iemand het gedink om vingerafdrukke te neem!
Ag Polisie ,moet seblief nie kragdadig optree as hulle soos terroriste optree nie, hulle het nie meer doeke vir ‘n omruil nie.
Weereens die huidige bevoorregte “studente” wat die aanvalle beplan en deurvoer identifiseer die probleem en spreek dit aan.
Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Heeltemal. Mense kan doodgaan.
Wow wat leer die studente nog op campus??????
Die ANC kry nou wat hulle in1976 begin het. Dit kon nie beter uitwerk nie. Geniet elke oomblik hiervan. ANC bo.
Ja wat jy saai sal jy maai
Wit mense hou jul kinders en geld weg van die university s hiedie gemors het groot planne vir die toekoms en lees en leer is laaste op hul agenda