‘Petroldief’ op ongelukstoneel toe net omstander

Die foto van die ongelukstoneel wat op sosiale media versprei is. Foto: Verskaf

Die foto van die ongelukstoneel wat op sosiale media versprei is. Foto: Verskaf

ʼn Onskuldige omstander is as ʼn “petroldief” bestempel nadat daar foto’s op sosiale media versprei is van ʼn motorfietsbestuurder wat bloeiend langs die pad gelê het.

Peter Leonard (36), ʼn pa van Boksburg aan die Oos-Rand, is Donderdag omstreeks 17:00 ernstig beseer in ʼn motorfietsongeluk op die N3 in Johannesburg. ʼn Foto van ʼn man wat op die ongelukstoneel ʼn plastiekbottel met brandstof vashou, het sedert die ongeluk soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en hewige reaksie van die publiek ontlok.

Leonard het Maandag aan Maroela Media gesê daar is glad nie brandstof op die toneel gesteel nie en die foto het ʼn wanpersepsie geskep van wat gebeur het. Volgens Leonard kan hy nie veel van die ongeluk onthou nie en het agterna by ooggetuies gehoor wat gebeur het.

“Ek het op die N3 gery en ʼn afrit geneem wat onderdeur ʼn brug gaan toe ek deur ʼn kabel teen die nek getref en van my motorfiets af geruk is,” het hy gesê. “Ek weet nie of die kabel van die brug af gehang het of oor die pad gespan was nie, maar dit het my teen die nek getref, van die motorfiets af geslinger en terselfdertyd die valhelm se band van my ken af geruk en veroorsaak dat die valhelm heeltemal afgeval het. Ek is verbaas ek is nie onthoof nie.”

ʼn Motor wat sonder brandstof gaan staan het, het langs die pad gestaan. Leonard se motorfiets het reg langs die motor tot stilstand gekom, maar gelukkig nie die motor getref nie. Die bestuurder van die motor was glo besig om brandstof in sy motor se petroltenk te gooi en het die petrolkan langs die motorfiets neergesit en nader gestap na waar Leonard gelê het.

“’n Vrou wat ook stilgehou het om te help, het foto’s van die toneel geneem. ʼn Foto van die man langs my motorfiets, met die petrolkan in die hand, het die wanindruk gewek dat hy besig was om brandstof uit my motorfiets te tap, maar dit was glad nie die geval nie,” het Leonard gesê.

“Ek is baie bly dat ek die geleentheid kry om die ware feite te deel, want hierdie arme ou is nou in groot moeilikheid vir iets wat hy nie gedoen het nie.”

Leonard is in die waakeenheid van die Sunward Park-hospitaal opgeneem met erge snye aan sy kop en nek en ernstige wonde waar hy velaf geskuur is teen die teer. Hy is Sondagmiddag ontslaan.

“Ek dink amper ek het ʼn fout gemaak om [Sondag] al huis toe te gaan, want ek verkeer in onbeskryflike pyn. Ek kan nie sit, staan of lê sonder pyn nie en met elke tree wat ek gee, skiet die pyn deur my lyf. Dit is waarlik ʼn seën dat ek oorleef het. Daar is duidelik ʼn baie hoër mag wat daardie dag oor my gewaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jo ·

Leonard, jy word “self aangehaal” waar jy glo gese het dat die man ipv jou te help, eerder jou motorfiets se brandstof gesteel het. Dus word jou naam nou sommer gekoppel aan die liegstorie.

André ·

Enige iemand wat na die fotos gekyk het, sou dadelik gesien het die meegaande storie dra nie water nie. Dis ‘n skande dat mense so haastig is om sulke snert, blindelings en sonder enige vorm van ‘n denkproses the versprei. Elkeen wat dit aangestuur het behoort himself/haarself te skaam.

Eish! ·

Hoe steel jy petrol uit ‘n stukkende motorfiets. En is dai petrol iets werd? Daar is mos nie baie petrol in ‘n motorfiets nie. Enige mens met breinselle sou weet hier is liegstories aan die gang.

Steps ·

Jo relax. Jy het mos nou die ware feite. Misverstand en lieg is ook 2 verskilkende dinge. Dankbaar die man leef en hoop hy gaan uitvind waar die kabel vandaan kom en hoekom dit so gelos is.

Gert ·

Daar was geen misverstand nie. Iemand het arme Peter Leonard by false aantuigings ingesleep. Ek sê nie dis die persoon wat dit op Facebook geplaas het nie – hy/sy het dit waarskeinlik by iemand anders gekry.
Die hartseer saak is dat ‘n onskuldige man uitgekruid is as ‘n gewetenlose dief.

Liz ·

Hy het dan self op FB geplaas dat die man petrol steel terwyl hy daar gele het!! So dis nie arme pieter nie

Shannelle ·

Yup, die 1ste keer wat ek die storie gelees het was na Peter Leanord dit op facebook gesit het en gese het die man sy petrol gesteel het … Ok, dit was ‘n misverstand. Maar hierdie was ‘n goeie geleentheid vir hom om vir die man onverskoning te vra … once its out there, you can never get it back!

Magzie Roos ·

Ek het daarop kommentaar gelewer en gevra of hulle bewyse het dat die persoon die brandstof “gesteel” het. Mense is deesdae baie vinnig om afleidings te maak voordat hulle enigsins seker is van hulle saak en daardeur vir ander baie probleme kan veroorsaak.

Retha ·

Ja so sal weldoeners liewers nie help nie as om valslik beskuldig te word deur ‘n bekrompe nasie.

Illit ·

Gebruik eerder die ongeluk om fietsryers meer parraat te maak daar op om met vol leerklere en valhelms te ry… sal baie meer werd wees as die twak!

Paula Fourie ·

As daar nou twee dinge is in hierdie lewe wat besig is om my grensloos te irriteer is dit die feit dat mense “assumptions” maak en hulle self glo en dat mens se “body language” alles van jou bui vertel. Ek bid vir die dag dat mense ophou om sommer net te “assume” as hulle dinge sien.

Stephanie ·

Assume – ass*u*me
Assume…. making an ass out of u and me!

Rina ·

Wat een sien … is nie noodwendig altyd so nie …
wanneer leer ons Suid Afrikaners tog ♡

Piet Kruger ·

Helaas Rina, dit is die hele mensdom wat tog so graag sy medemens verdag maak en die slegste wil dink. Dit grief my as mense nie eers hulle feite verifieer nie.

Piet Kruger ·

Helaas Rina, dit is die hele mensdom wat tog so graag sy medemens verdag maak en die slegste wil dink. Dit grief my as mense nie eers hulle feite verifieer nie.
Ek wonder so of die bronne wat nou vir Peter aanhaal die feite reg het? Ek vra maar net…

Berhalet Beukes ·

Dis interessant hoe vinnig die storie wat ook op my fb sy verskyning gemaak het waar Leonard spesifiek verwys na die man wat sy petrol gesteel het! Nou ja, as jy ‘n toffie van jouself maak is dit seker makliker om te sê dit word uit verband geruk as om te sê jy was bevooroordeeld.

Griki ·

Dessit, maar dit lyk seer. Hoop jy voel baie gou beter, Peter.

Norman ·

Hoop jy voel baie vinnig beter my broer. Ons Ry een van die dae weer saam.

Magdi ·

Hy het self op fb geskryf dat die ou sy petrol gesteel het terwyl hy enkele meters weggelê het. Regtig?? Hoe regverdig jy dit??

Chantel ·

Ek is baie bly die saak is nou reggestel maar word altyd verbaas deur hoe daar foto’s van sulke gebeure geneem kan word. Die foto is geneem toe die ongeluk net gebeur het-ek sou eerder probeer help voordat ek my foon/kamera uitgehaal het en ‘n foto geneem het.

Marie Cloete ·

Ai die mensdom moet nie net mense veroordeel voordat hulle die regte feite het nie. Gun die Son om oor almal te skyn asseblief.

Liz ·

Pieter se woorde op FB “So this driver, stopped his car, on Thursday afternoon, on the N3 South Bound just before the N12/N17 split. Right when I was fighting for my life, sheer millimetres from being decapitated by a cable hanging from the bridge above. He thought it is best not to be concerned about the person laying bleeding out with severe head trauma, but taking 5L of fuel for his already prepared cars fuel cap for this sole reason. I really hope and pray that the fuel you stole from me whilst I was laying lifeless in the dirt on the side of the highway, I hope that fuel has helped you travel much further”

Nina ·

Toemaar, Liz. Ek dink menige mense is bietjie ‘confused’. Maar nou ja… Soos jy hier geplaas het, was dit wel op FB geplaas. Maar nou word elkeen wat DAAROP kommentaar gelewer het, uitmekaar geskel. Helaas; hulle het bloot gereageer op bogenoemde soos deur die man self geplaas. Hehehehehe! Snaakse ou nasie van ons.

Laurika ·

OK look enough is enough now i was the one who took the photo and assist Peter in the accident, there was no theft of anything yes it might have looked like it. But 3000 motorist that passed the accident scene also might have thought the same as the one who posted the pick. Peter has apologists the truth had come out build a bridge and move on. And don’t comment or attach me. Unless you where at the accident and know what happened.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.