Petroljoggie aangerand: Beskuldigdes spoedig tot tronkstraf gevonnis

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die twee mans wat verlede Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het, is Maandag skuldig bevind en tronkstraf opgelê.

Maroela Media het verlede week berig Danie le Roux (27) en Hermanus Martinus van Dyk (36) is in hegtenis geneem nadat hulle die petroljoggie omstreeks 23:20 by ʼn Sasol-vulstasie op die dorp aangerand het, omdat die brandstof wat hulle wou hê, glo nie beskikbaar was nie. Die geveg is op   kringtelevisie afgeneem en beeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai.

Die twee het verlede Maandag vir die eerste keer in die Tzaneen-landdroshof verskyn. Le Roux is op borgtog van R1 000 vrygelaat en borgtog van R500 is aan Van Dyk toegestaan, waarna die saak tot Maandag uitgestel is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die twee het skuld beken. Van Dyk is tot effektiewelik twee jaar tronkstraf gevonnis, sonder die keuse van ʼn boete, vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria. Le Roux is effektiewelik tot 18 maande tronkstraf gevonnis, sonder die keuse van ʼn boete, op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

  • Die video is deur Mkhomazi Twala op YouTube gelaai en is teen Dinsdag meer as 98 000 keer gekyk. Die beskrywing identifiseer die petroljoggie as Johannes Monyela.
    WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Elizabeth ·

Hoekom moes die aanvallers in hierdie kwesbare tyd ‘n werknemer aanrand omdat hulle nie die petrol van hul keuse kon kry nie, Rassehaatversprei?

Dis reg! As jy nie jou humeur kan beteuel nie, en jou boonop vir iets so onbenulligs vererg, is jy ‘n gevaar vir die samelewing.

Tronk is waar julle hoort!

Nico ·

Sies vir jou ongevoelige kommentaar sonder dat jy die VOLLE storie aangehoor het. Sal jy dieselfde reageer as die kleur andersom was. Net jy kan daarop antwoord. Jy sal nie n sterretjie ontvang op jou reaksie vanaf die ander kant nie

Pietertjie ·

Staan duidelik op die video greep se beskrywing : Sasol Garage.
Die punt is. Dit wat hier gebeur het is HEELTEMAL onaanvaarbaar. Ek kan nie anderste as om te dink dat die drank inname hier baie sterk was, want geen reg denkende mens kan sommer net iemand wil begin slaan omdat daar nie die ” soort petrol ” beskikbaar was nie.

Pops ·

Ja-nee regtig!! Hoekom wil jy iemand aanrand net omdat jy nie kan kry wat jy wil he nie. Siek wereld waarin ons leef. Almal wil net goed op hulle eie manier he en doen, niemand het respek vir iemand anders nie, of jy nie watter kleur ook al is. En jammer om te se, maar werk is werk, in Amerika is daar nie eers iets soos petroljoggies nie, daar doen jy jou eie ingooi werk. In NZ en daardie plekke is nie huisbediendes of tuinwerkers nie, daar doen jy dit self. En hier in SA wil jy iemand wat werk vir sy geld aanrand omdat jy nie jou sin kan kry nie. Hoop nie die manne het families wat hulle voor moet sorg nie, hoop maar eerder hulle is straatbewoners!! Want as hulle gesinne het, is dit nou ‘n probleem!!!

Scalla ·

Tronkstraf sonder n keuse van n boete, diskriminasie 100% omgekeer. Die saak is ook baie vinnig afgehandel, seker eerste oortreders en geen kriminele rekords nie, moet apelleer.

Mads ·

Nee seun, dis nie diskriminasie of soos “Rassehaatversprei” dom goed kwyt raak soos “rasse haat aanhits”, hierdie 2 skuldige boelies het ‘n onskuldige man wat sy werk doen aangerand omdat die brandstof wat hulle wou hê nie beskikbaar was nie……hulle het ‘n rasse haat aangehits met hul idiotiese optrede…….regtig……..hoekom het hulle nie net na ander garage gery om die brandstof wat hulle wou hê te kry, dis mense soos hulle en julle met julle stupid sienings wat ander soos ons skaam laat kry……..

John Scott ·

@Scalla: dit is nie diskriminasie soos jy beweer nie dit is wat regtens die wet toegepas kan word. Hierdie twee manne verdien wat na hulle kant toe kom, want hulle is vir die wit gemeenskap `n verleentheid. Derhalwe mense wat met hierdie manne se gedrag simpatiseer bevind hulself in die geselskap waar hul ook `n verleentheid vir ons as wit gemeenskap is. Hoe gouer besef word dat hierdie optrede die witman se bestaan bedreig en daarvan weerhou, mag ons dalk vind dat ons aanvaarbaarheid binne die groter gemeenskap kan gedy.

Stem ·

Ek stem saam as mans, wit of swart, nie hulle humeure kan beteuel nie moet hulle gestraf word.., dis swak style om alles met vuiste reg te wil maak.. was seker dronk gewees die 2

Burger ·

Dit clip gaan enorme skade aanrig en die baie wit en baie goeie werk tot niet maak. Ek hoop nie die lei tot verdere geweld nie. Die land is so broos . Ons is so ver agter . Ons kan nie uitsonderings in isolasie sien nie . As een ou opneuk , word almal daaraan gekoppel. Die nadraai van apartheid ….

Suid Afrika is nog nie naastenby op n vlak waar ons saam kan vorentoe beweeg nie. Geen regering / wet kan daardie vlak skep nie. Net die inwoners van die land kan. Leierskap is broodnodig.

Almal gaan iets moet gee .

Anton ·

Hoe stupid kan mens kry, nou het hulle ‘n krimineele record en sal nooit eendag die land kan verlaat nie of as hulle aansoek doen vir ‘n werk.
Baie bly, miskien sal die ander sterk manne kennis neem.

Vlakvark ·

@Anton
Net i regstelling Anton. Jy kan oorsee reis, al het jy i kriminele rekord. Die probleem kom wanneer jy wil imigreer.

m ·

Sulke mense moet maar vir hulle kry. Was dit nou nodig om so op te tree en wat het hulle nou bereik. Gaan heel moontlik afgedank word by hulle werk en sit met rekord teen hulle naam so wat is hulle toekoms? Niemand gaan sulke mense in diens wil neem nie…. Nee rerig in hierdie sensitiewe tye sal jy ma moet kyk wat jy se en hoe jy jou gedra………..

tamboti ·

Wat hul gedoen het was verkeerd en nou word hul geregtiglik daarvolgens gestraf. Ek moet hul eerlikheid om skuld te erken, met lof en respek begroet en hoop dat die straf hul ten goede sal verander en dat almal se gemoedere sal bedaar.

Kiepie ·

Tamboti, daar is niks bewonderinswaardig daaraan om “skuld te erken” as jou wandade met jou gesig lewensgroot op kring televisie vasgevang is nie. Dink jy regtig hierdie laffards sou vorendag gekom het as daar nie beeldmateriaal was nie? En op grond waarvan sou hulle in elk geval skuld ontken?

Johanna ·

So se hulle
die eerste een maak jou aantreklik
die 2 de een maak jou sterk
die 3de een maak jou slim
dan beland jy sommer in die tjoekie.

Marie ·

Jammer manne…. julle IS SKULDIG! Hopelik sal julle van julle drankgewoontes ontslae raak terwyl julle in die tronk is! Ek het net simpatie met hulle naasbestaandes wat hierdie gemors moet deurmaak.

A ·

Ek ondersteun glad nie geweld nie, maar dit is vir my regtig ongelooflik hoe vinnig en wyd, wit op swart geweld se nuus kan versprei. Witmense word by die dosyne uitgemoor op n daaglikse basis, maar hiervan word niks gesê of snedige patetiese kommentaar op gelewer nie.

DB Jaeger ·

“aanhits” is die korrekte woord my vriend. Daar is ‘n gesegde wat lui “you have the vision…you have the job”….begin jy sommer die boikot. Punt is mens rand nie goedsmoeds iemand aan nie.

Hennie ·

Noudat twee wit mense skuldig is kan ons nie anderpad kyk nie. Hulle het hulle skuldig gemaak as hooligans en hulle gaan tronk toe waar hulle hoort. Die berig sê niks van opgeskorte vonnisse nie waaroor ek baie bly is, hoop ander wittes wat geneig is tot dieselfde gedrag kry die boodskap want witmense is veronderstel om hulle te gedra en nie na so ‘n lae vlak te daal nie.

Boikot saaol en media 24 ·

Presies soos A hier bo se word wit op swart geweld, die bietjie wat daar is en al is dit net slaan en nie doodmaak nie, word wyd versprei. Tog word swart op wit geweld wat BAIE meer is en nie net by slaan stop nie maar wat wreed is, doodmaak, martel, en nie net volwasse mans nie maar vroue, kinders en babas insluit, nie uitgesaai nie. So skaam julle sasol en media 24. Waarom media 24? Want hulle versprei die stories graag, en doen dit nou op die oomblik. Daars nou n soortgelyke berig ook oor n voorval in limpopo waar kon strukture voor mane n werker slaan, die gaan nou binnekort begin versprei.

Werner ·

Dit is in Groblersdal wat ek dink in mpumalanga is, maar Ja hier kom nou n soortgelyke ding, dit gaan nou begin versprei…

Sam ·

En daai pa en sy seuns verdien om hulle gesigte te wys vir die sleg wat hulle is nes die 2 wat tronk toe is. Laai die videos op, en wys die wereld dat wit tog nog steeds dink hulle KAN en as hulle gewys word hulle kan nie dan wil hulle huil.

vermeende ·

En n storie soos hierdie laat elke blanke liberalis uit die kas klim.
Gemoedere loop hoog in die publiek, as julle dink die skuldagbevinding het geen politiese ondertoon nie dink weer aan die strawe wat gegee word aan swartes wat blankes aanval en dan word die hof se tyd gemors met onskulage pleidooi, een na die ander en sake wat vir jare draai.
Nee, skuldag is hulle skuldag maar sou opgeskorte vonnes nie meer vanpas gewees het soos dit aan swartes uit gedeel word nie?

Obserw ·

nee, opgespoor te vonnis is nie vanpas nie want hulle is wit. Daarom moet hulle HARD gestraf word. Swartes mag ligte bail kry vir moord, maar dit is nie vir wittes nie.

Poplap ·

Nee slim Jan dis nie liberaliste wat uit die kas klim nie dis HUMANISTE
Doen jouself ‘n guns kyk na die video. Hulle optrede is slapgat laghartig. Vat nie eers die ou aan een een nie.

Politieke ondertone? Nee kriminele ondertone

Pieter ·

Scalla en D, hierdie saak het niks met “omgekeerde rassisme” of “omgekeerde diskriminasie” te doen nie. Enige saak met soortgelyke aanklagte, kan net so vinnig afgehandel word indien die feite nie betwis word nie en die beskuldigde(s) SKULDIG pleit – dan word geen getuienis aangebied nie omdat hulle al die elemente van die misdryf erken. In ander gevalle mag verdere ondersoek eers nodig wees. In geval van ‘n pleit van onskuldig, moet getuienis gelei word om die skuld te bewys. Sulke sake sal dus langer neem om af te handel. In hierdie geval kan daar geen verskoning vir sulke gedrag wees nie, ongeag watter rasse betrokke is – hulle het gekry wat hulle toekom.

Johan ·

Soos ek gesê het toe die berig geplaas was daar is drie kante van n saak joune, myne en die regte kant. As julle sluldbeken het is die regso.. julle moet maar sit vir twee jaar……julle verdien dit….

Sam ·

Sasol het nie rasse haat hier aan gehits nie. Daai 2 siek lafaarde het dit self gedoen. Verdien wat hulle toekom met hulle dronk gatte. Daai petrol joggie het ‘n vrou en kinders aan wir hy moes verduidelik hoekom hy aangerand is. Daai 2 dronk gatte het by hulle vriende gaan “brag” dat hul ‘n swart man dik geslaan het… nou se gou weer vir my wie is die rasse haat aanhitser hier?? Laai daai videos op dalk begin mense groot word!

Willie E ·

#Rassehaatversprei…
En as dit nou swartes was wat ‘n blanke so aanval,dan sou jy seker graag wou he dat die beeldmateriaal vertoon word. Ek begin stadigaan glo dat baie van ons blankes wel so rassisties is as wat hulle se…

Werner ·

DB jaeger, my “vriend”, lees asseblief mooi en dink mooi voor jy mense aanvat. Die persoon se tog dis goed dat die aanvallers in die tronk is. Dit is seker jou SASOL garage dat jy sasol so beskerm. Die feit is dat hulle geweld aanmoedig deur om soos die mense hier bo se die ligte wit teen swart misdaad uit te bassuin, maar baie erger en wreeder swart teen wit misdaad te ignoreer.

DB Jaeger ·

Werner, “my vriend”. Ek dink jy moet ook lees en beter VERSTAAN. Ek gee nie om watter of watse tipe petrol stasie dit was nie. Dit is ook nie my Sasol vulstasie nie. Punt is : mens doen nie sulke onnosel goed nie. Daar is sekuriteits kameras orals. Mense staan ook orals gereed met selfone om van elke moontlike “situasie” video’s te maak. As ouens soos jy en ek weet ons word geteiken op alle fronte is dit half logies dat hierdie tipe voorval op een of ander media platform gaan beland. Nou kerm julle omdat Sasol dit geplaas het….word wakker man, enige persoon kon dit ook gedoen het. Ek beskerm nie Sasol nie…die twee dwase het dit oor hulle self gebring. En nog ‘n ding. As jy so gekant is teen Sasol…boikot hulle man. Gaan gooi brandstof in by ‘n ander groep. Maak net seker die vulstasie het nie kameras nie.

Don ·

Db jeager jy verstaan nie die punt nie. Almal weet die ouens was verkeerd, niemand hier is aan hulle kant nie. Die punt is dat SASOL CCTV in hulle besit versprei het terwyl hulle veronderstel is om te weet dat dit rassehaat kan veroorsaak so voor die verkiesing.

Poplap ·

Hoeveel videos is daar nie in die om trek van swart inbreker wat huise beroof? Dis op hierdie stadium daagliks. Is dit dan nie ook ‘n vorige van raise haat aanhits nie?

Regter ·

Die grootste misdaad in SA is vir n wit mens om n swart mens te slaan. Dit is baie erger misdaad as swart mens wat wit mens slaan, of moor, al is dit n wit vrou of kind. Dit is so eenvoudig soos dit en deal daarmee.

ElgeraineR ·

Geen simpatie met die twee nie! Dit gaan reeds so sleg om ons, nou word dit net verder aangeblaas.

Realis ·

Daardie seuns het nie maniere nie. Hulle het ‘n helse pakslae nodig. Ses houe elk met die swaar rotting sou hulle ‘n les geleer het, en as hulle eerste oortreders is, uit die tronk gehou het. Hierdie ding is nie wit en swart nie. Dis bloot boefagtigheid. Dis jammer dat dit tot ‘n rasseherrie verhef word.

Ernstig ·

Dit raak nou opvallend hoe witmense baie swaerder straf kry as swartes, dit ruk nou hande uit! Witmense gaan tronk toe vir slaan, swartes bail vir moord, huh????

Theresa ·

Vinnige humeure. Petroljoggie onnodig toegetakel. Maar sommer tronk toe daarvoor??!! Belaglik verby. Boete en gemeenskapsdiens sou genoeg gewees het hiervoor. Hy is nie dood nie. En hul moet boet, maar definitief nie tronk toe hiervoor nie. Baie swak regsbesluit.

EKKE ·

Malema was hier ,dit is hoekom als so vinnig afgehandel is…..

Poot ·

Theresa
Jy sê die petroljoggie is nie dood nie. Wat as een van daai patetiese houe van die dronkgatte REGTIG getref het, en die joggie was dood of het breinskade gehad? Wat sou jou opmerking dan gewees het? Die intensie was om ERNSTIG te beseer…..wat verstaan julle nie van die Regstelsel nie?

Tony ·

Dis wat ek mos ook sê. OK, hulle was verkeerd en ek stem saam met die straf wat hulle gekry het, want so iets is onnodig. Maar, wat word omtrent van al die moorde en meer erger dinge gedoen? As dit ook maar so vinnig afgehandel kan word end die soort mense uit die samelewing uit te kry. Ek glo, dis maar n Klein handjie vol mense wat die hele SA samelewing end alles opneuk. Die meerderheid, swart, wit,bruin of wat ookal, wil he ons almal moet in vrede saam lewe.

Poplap ·

Ag asseblief tog wat se snert praat jy?
Hierdie kriminele kry presies wat hulle verdien en wat mens sal wil he elke krimineel moet kry. Hou op om alles wat wit mense doen te probeer regverdig met dieselfde argument elke liewe keer of dit nou Oscar, Krugersdorp moordenaar of hierdie morone is julle kom elke keer met dieselfde klaagliedere te voorskyn as die krimineel wit is. Dis absurd

andre ·

ek glo nie dat hulle hom somer net aangerand het nie , daar moet aanhitsing gewees het ,hy het seker die persone gevloek of konfrontasie aanhehits . mens slaan net somer nie . hulle moes uitgelok gewees het.

Willie E ·

As ek so na van die mense hier se kommentaar kyk besef ek net weer hoe eensydig is ons blanke Afr nasie. Die swart petrol joggie is skuldig,hy het hulle aangehits,die vonnise is te swaar, ens…ens….ens….dit blyk dat al die aantygings dat blanke rassisties is tog ‘n groot mate van waarheid dra…ek skaam my…

Poot ·

andre
Whatever? Ek is so bly dat jy dink hulle optrede kan regverdig word. HULLE HET SKULD BEKEN. WAT VERSTAAN JULLE NIE???????

Karma ·

@D, ek dog ook so – darem baie vinnig afgehandel dié saak! Oortreding began die 19 Junie 2016, verhoor en borgtog aansoeke die 20ste Junie en skuldig bevind sommer net-so. En ander kriminele sake sloer vir járe in die howe, met uitstel en uitstel en aansoek om appèl na aansoek om appèl. Maar die ouens het nou ten ene male groot marakkas gemaak en moet vir seker boet daarvoor. Ek wonder net as dit ‘n swart-op-wit aanval was of die sakie so vinnig afgehandel en met dieselfde resultate ook, gedoen sou wees?

Lee ·

Ag asb. Tronkstraf maar as die ander nasie moor is hulle die volgende dag uit op borg en weg. Lyk my die regstelsel werk net teen een ras in die land en die ander lot kom weg met moord. Wens hulle wil vonisse oplê vir moord ook. Pateties SA

Poot ·

Lee
As die land dan nou pateties is, hoekom vlug jy nie dan landuit soos al die ander nie? En bly dan sommer daar. Ons met bloed in ons are en murg in ons pype sal dit oorleef.

Koolkop ·

Poot, nie almal kan emmigreer nie. Duidelik wil ons landsgenote ons nie meer hier he nie, die wetgewing draai teen ons, maar die ergste is mense soos jy wat ons onder mekaar wil laat baklei.

Kowa ·

Vir almal wat Sasol beskuldig dat hulle die video opgelaai het, daar staan duidelik bokant die video dat dit deur Mkhomazi Twala opgesit is. Die twee boewe wat so naam weggooi verdien wat hulle gekry het.

Koolkop ·

Beeldmateriaal van CCTV is privaat en vertroulik en dit behoort aan die klient, SASOL. Hulle moet verantwoordelikheid neem daarvoor.

Poplap ·

So wat julle se is geen plaasmoordenaar word vervolg en gestraf nie. Omdat geen van hulle gestraf word nie kan wit mense maar self kriminele word? Jis ek huil sommer die haat is so oorweldigend dat ek wonder of daar enigsins toekoms is in die land?

Drikud ·

Sjoe. ‘n SAPS lid en sy vriend ry van agter in my motor vas, en rand my aan toe ek stop. Hulle dreig om my eggenote ook aan te rand en my te skiet. Terwyl ek vir ‘n tyd lank myself verdedig en my eggenote beskerm kry sy dit reg om die blitspatrollie op die toneel te kry. Hulle weier om die aanranders te toets teem drank of dwelms. Dit kos ons 2 jaar en R 50 000 se regskoste om die saak deur ‘n hof te kry. Die twee word skuldig bevind en stap weg met boetes van slegs ‘n paar duisend Rand elk. Ons bly in die Boland.

Monique ·

Die witman in Suid Afrika kan mos alles met sy vuiste regmaak! Ai siestog menere – hoop julle is trots op julle gedrag!

Moulder ·

ek stem saam. daai joggie moes iets uitgelok het! en ja, die saak is blitsvinnig afgehandel want dit is wit mans. punt!

Kiepie ·

Ai tog Moulder, dink jy nie die twee manne sou dit as versagtende omstandighede genoem het tydens die verhoor indien hulle uitgelok is nie? Niemand, selfs die “wit man”, word verhoor sonder om die geleentheid gebied te word om sy saak te stel nie. Die volle klag is vir hulle voorgelees en HULLE HET SKULD ERKEN!!

Wollie ·

Ek wonder of die petroljoggie so ontskuldig is soos wat verneem word… al het die 2 mans skuld beken weet ons nie regtig wat was gese tussen hulle nie. Ek glo waragtig nie die storie dat die 2 manne sommer besluit het om die perd n pakslae te gee net oor daar nie brandstof was vir hulle nie. Nee wat, laat ons die twee lede se storie ook hoor en dan kan ons mos lekker klets oor wie nou regtig skuldig is hier.

Koos ·

Ek stem saam Wollie dronk of nie ek wens ons kon die volle waarheid weet

Jorese ·

Net vir die mense wat glo die joggie moes hulle uitgelok het, ek het al baie stories gehoor van wit boerseuns wat een teveel het en dan in die kar klim en ry met die spesifieke doel om erêns swartes te gaan aanrand….so nee dis nie noodwendig dat hy hulle uitgelok het nie!!!!

Rassistiese regsisteem ·

Dit is duidelik soos daglig dat die grootste rassiste die regsisteem is wat witmense wat slaan swaerder straf as swartmense wat moor.

Joann ·

Ek stem saam dat hul verkeerd was en tronkstraf gekry het. Maar die saak is darem vinnig afgehandel. Wat van so baie ander sake waar anderskleuriges die selfde doen en moord pleeg ook,hoekom sloer hul sake so????

noempie ·

Soos Frikkadel van Orkney Snork nie gesê het, “mense wat dink hulle is slim, is nie altyd so slim nie. Ons bly in ‘n land waar ons lewens NIKS werd is nie. Niemand voel niks vir ons nie. Hoe kan ons sulke goed doen en dink ons gaan wegkom daarmee. Ek kry hulle gesinne jammer want hulle gaan daaronder lei. Ons moet ongelukkig in hierdie landtjie twee keer dink voor ons praat of reageer want ons gaan aan die korste end trek.

Theresa B ·

Ek stem saam met Pietertjie. Genugtig, is die twak nou regtig julle en julle familie se lewens werd. Dit was nou heeltemal onnodig. En daar verander julle (en julle families) se lewens handomkeer. Ai tog mense……………………………

Willie ·

Dis was baie onnodig, veral in die tyd, daar is altyd kameras orals. Ek glo wel nie die joggie was so onskuldig nie. Ek stem laat die gereg sy wil geskied, maar dan dit dit konsekwent toegepas word. Lyk my sekere kaders kom weg met moord…

T ·

Hierdie gedrag is onaanvaarbaar MAAR wat in die wereld aangaan maak mense so kwaad, ek myself het groot geword in ‘n huis waar daar GEEN rasisme was nie soos in geen ons sou pakslae gekry het as on nie almal met selfde respek hanteer het nie. Maar wat deesdae in die land aangaan maak my ‘n mens waarvan ek self ook nie hou nie, ek kom nie op vir die twee mans nie want dit was totaal onaanvaarbaar maar ek kom agter mense is meer agresief meer kort van draad en mens raak sommer net vies teenoor almal. alhowel dit net ‘n handjie vol is wat droog maak maar ek glo vas die regering is besig om ons mense so te maak.

Adpvil ·

Die regstelsel werk so dat jy kan skuldig pleit en sodoende ‘n uitgerekte hofsaak vryspring. Dit beteken gewoonlik korter of “ligter” strawwe en is tot voordeel van die belastingbetaler en die skuldiges. Ek neem aan dit is wat hierdie mense gedoen het. Die staat het hulle nie forseer om dit te doen nie. Van die kommentaar laat my so dink aan Animal Farm van George Orwell waar hulle op die einde sê: All animals are equal but some are more equal than others. Mense, solank daar ‘n ons en hulle/julle is en ons een ras laer as die ander beskou, is daar nie hoop vir ons nie. Om te sê die petroljoggie moes hulle uitgelok het, is soos om te sê dat ‘n vrou geslaan mag word omdat sy haar man uitgelok het. Hierdie tipe geweld is onaanvaarbaar punt. Daar word bitter baie video’s op sosiale media gesirkuleer waar anderskleurige misdadigers uitgewys word en dan is die rassisties kommentaar volop. Niemand het dan ‘n probleem met die straf wat hulle kry nie, want hulle is mos nie wit nie. Plaasaanvallers word wel deeglik gestraf. Mense moet die nuus minder selektief lees en hulle vergewis van alle misdaad.

Connie ·

Adpvil jy se plaasaanvallers word deeglik gestraf? Ek stem egter nie met jou saam nie. Hulle kry nog borgtog ook. Ag dat ek liewers stil bly. Gelukkig word dit hier gesensor anders het die Zuptas en trawante my al kom soek en toegesluit.

Koolkop ·

My aanvallers was nie eers vir n dag in die tronk nie, nie n sent betaal nie, en ek glo baie ander mense se aanvallers loop ook so vry.

Poot ·

Adpvil
Wel gestel. Ek kon dit nie beter sê nie. Van hierdie mense hierbo se kommentaar laat my as blanke se kop sommer in skaamte sak. En dan regverdig hulle hul stelling deur te sê dat die joggie hulle dalk uitgelok het. REGTIG…..twee dronk mans…..wie gaan hulle glo. En wat is hulle meriete?

James ·

Ek kry die petrol joggie vreeslik jammer,ek voel ons moet geld skenk vir berading of sielkundige hulp . Kan iemand dalk so ń fonds insamelling stig.

Koolkop ·

Ek hoop jy maak n grap. Wat van fondse vir mense wat in hospitaal beland het na baie erger aanrandings, vermoorde broodwinners se familie, mense wat als verloor het agv misdaad?

Poot ·

Pierre
Kom ek sê jou wat het buite gebeur. Die twee dronk gatte was SLIM omdat daar nie brandstof was nie. Toe val die een uit die kar uit met sy dronk lyf……want hy is mos STERK. Hy ruik sterk na drank ja. En het jy al ‘n dronk vent gesien wat netjies geklee is? Nee….. Hy hang aan almal en al sy dronk tjommies hang aan hom. Dis tien teen een wat gebeur het. Hou op bespieggel en skerm vir die dronk lappe.

Wollie ·

hahaha! klink so of Poot ook by daai party was!!!!!!!!!! as jy nie daar was nie dra jy geen reg om iemand so te beskuldig!!!

jacob ·

Ja nee, as gevolg van die huidige politieke klimaat kan mens nie anders as om jou humeur te verloor as die joggie nie weet hoe om ander met respek te behandel nie. Ek het ook al van hulle teegekom wat net plein windgat is.

Sarie ·

Wie het Sondag 26/06/2016 die Rapport gekoop? Op bls 10 is daar n swart dosent by UNISA wat op sy fb wittes kokkerotte genoem het en daar is niks van dit in media nie. En die ondersoek is in begin stadium maar dit het al Januarie gebeur.

Bosveld g ·

Jy lees in media en media sé niks… Hulle noem contradictio in terminis- Die manne het te ver gegaan, hul het erken en kan nou hul straf uitdien. Daar is altyd kans in enige regstelsel vir foute en vooroordele- moenie daar gaan nie, bly uit die hof !!!

Lolapot ·

En in hulle spaartyd drink die twee seker brandewyn en skreeu vir die Bloubulle

Jaques ·

Ek sit en lees deur die kommentaar van almal, en nie een van julle vra die vraag af;

Wat het daai petrol joggie alles te se gehad, hy het net te veel gese, toe skielik eenkant to gehardloop, waarna die ander mans uit die voertuig geklim en hom begin toe takel het nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie, dis nie reg wat die mans gedoen het nie, maar in die rasse haat debakel wat ons sit, het die man nie dalk goed kwytgeraak wat die hele situasie ontvlam het nie?

Ek vra maae net?

Jaques ·

Poot,

Juis hoekom ek so se, as iemand dronk is en jy maak die klienste van aanhitsende aanmerkings, spat die spreekwoordelik kka (senter a, natuurlik).

En die petrol joggie, moenie dink hulle is dom nie, het natuurlik gesien hulle is diep in die bottel in, en dei situasie uitgebuit.

Nee wat Poot, ek duink jy moet jou oogklappe bietjie afhaal en sien hoe slim die dom mense eintlik is. (Glo my, ek praat uit eerste handse ondervinding)

Edward ·

Wonder of iemand na aan die boksers ons nie kan inlig wat regtig aanleiding gegee het vir hul aksies nie.

cobusp ·

En daar boks die 2 manne hulleself in die tronk in…………wie is nou te blameer?

Poot ·

cobusp
As ek so na van die kommentaar kyk…..lyk dit vir my dir die joggie se skuld. Of hy nou die gesuipte situasie uitgebuit het of nie, vol lawaai water is jou oordeel maar in die drein af.

Loeis ·

Ek moet met jou saamstem, Pietertjie. Onmiddellik is daar ‘n rasse ondertoon, en dit is ons naam wat sleg gemaak word. Daai mans se gedrag laat mens aan twee rugbyspelers op skool dink.

Rassehaatversprei, koop eerder nie by Engen nie, hulle se openlik dat hulle nie blankes nodig het of takke aan blankes verkoop nie.

elize ·

Brandewyn het nie brieke nie.dit laat jou in n tronksel tot stilstand kom. Hoop julle twee gaan genoeg tyd he om te dink watse barbaarse daad het julle verrig.

Rina Vermeulen ·

Poot wat Andre se is waar en ek dink almal vestaan skuldig is hulle dit kan nie ontken word nie. Maar daar moet n rede weer vir die optrede en die saak is darem gou afgehandel en dit was nie eers moord nie.My wense kan die howe nie maar met alle sake dit so gou afhandel nie. Hoekom het die saak so gou aandag gekry dink ons weet hoekom.l

Poot ·

Rina V
Wil jy my vertel hulle kon nie hulle saak, of laat ek eerder sê, (die ander kant van die saak) stel nie. Moet my nie laat lag nie. Hulle was te gesuip om eers ‘n vaaaaagste benul te hê van wat gebeur het. Jy kan dit op die clip sien. Meeste van die houe het die arme barmhartige Samaritaan amper getref. Neewat….hulle moet vir hulle self kry……HANDE vol.

Vra ne ·

Ek wens die ouens wat vrouens en kinders ook so slaan kan ook tronkstraf kry.

Geframe ·

Daar gebeur nou te veel swart teen wit haat wat al te gerieflik vasgevang word op briefhoofde (sien berig oor sodra a gastehuis), pastor olivier se absurde stellings, en ander. Hierdie mense se of doen dinge so dom dat ek dink hulle aangese word om dit te doen want daar is n groter organisasie wat baat by rassehaat in ons land. Hoor nou wat ek se.

Andrea ·

Geframe, ek dink daar is n agenda om mense uit te lok, dit dan op te neem, en natuurlik in die media te versprei. Hierdie goed gebeur net TE gereeld nou…

Koos ·

Kroonwild het n nare manier om jou in die SOP te laat beland

Theresa ·

Wil net darem vir Poot sê hy moet my kommentaar mooi lees. Ja, ek het gesê die joggie is nie dood nie. Dus is tronkstraf vir hierdie twee mense onnodig. Groot boete en gemeenskapswerk sou genoeg gewees het. Dit was ‘n lelike vuisgeveg. Nie reg nie. Maar beslis nie tronkstraf as straf nodig nie. En, ek sou ook nie iemand sommer net tronkstraf toewens nie. Wat as dit jou seun was? Sit verkragters, kindermishandelaars, dwelmsmokkelaars en moordenaars in tronke. Dit is ‘n onregverdige vonnis.

Leon ·

As ek die landros was het ek hulle nog langer in die tronk gesit, ons het nie sulke mense nodig in ons land nie

Kosie. ·

Ag ouens en vrouens, ons het nou almal ‘n eiertjie te le.
Dit was verkeerd en basta.
Hou asb. nou op om mekaar aan te vat. Dis soos om in jou TV kamer te sit en rugby kyk, as die ref iets verkeerd doen skree almal. Maar dit verander niks aan die saak nie. Ons kan ook nie iets aan die saak verander nie. Sorg jy net dat jy nie in dieselfde strik trap nie.

Leon ·

Ek glo as die plassmoorde ook op kamera vasgevang kan word en die moordenaars gevang kan word sal dit ook so vining afgehandel word.

Rina ·

Ek dink nie dit is die eienaar van die vulstasie se keuse of opsie om die kringtelevisie ten toon te stel in die hof nie. Dit is die staatsaanklaer se keuse.

James ·

Ek sal graag tronkstraf en mediadekking wil sien vir enige soortgelyke geweld. Daar is baie uitsmyters by kuierplekke wat weekliks skoorsoek met mense net om hul kakebene af te slaan – tronkstraf.

Lance ·

So BAIE Moordenaars en verkragters word nooit eers gevang nie ….polisie is n joke

Morne ·

Elke iedere insident sal nou buite konteks opgeblaas word, dit is immers verkiesings tyd en die libs-en-kie verlustig hulself heerlik aan dit. Maar moenie worry nie, als is mos oraait in hierdie demokratiese landjie van ons…

Marsha ·

Ek wens ALMAL in ons land wil ophou om altyd ander gebeure na vore te bring en nie te kyk na ‘n spesifieke geval nie.As hierdie ‘n rasistiese aanval was dan sou daar nie ‘n blanke die petroljoggie te hulp gesnel het nie.Hierdie was uit en uit ongepoetste mense wat GEEN maniere het nie en wat hulleself behoort te skaam.Ek wil graag dankie sê aan die persoon wat tussenbyde getree het.
Hoe meer daar gekonsetreer word op rassisme en rasse haat hoe minder word daar gekonsentreer op werkloosheid,korrupsie ,swak bestuur en die basiese agteruitgang van alles in Suid – Afrika.

Piet Pompies ·

Wat die twee gedoen het was onwys en verkeerd, dis seker. Wat my egter dwars in die krop steek is dat ‘n menigte van die kommentare hierbo, ‘n onverdraagsame oordeel uitspreek oor hierdie ongelukkige voorval maar terselfdertyd swyg hulle in alle tale as hul eie volksgenote deur nie-volksgenote daagliks aangerand en selfs vermoor word. Aan diegene vir wie die skoen pas, hoekom die stilswye daaroor? Hoekom ontlok wrede plaasaanvalle op julle eie mense nie dieselfde skerp reaksie nie? Sies, julle behoort julleself te skaam. Elke volk het sy verkeerde element, die Afrikanervolk ook. Hulle is egter nog steeds deel van ons volk en behoort eerder reggehelp as skaamteloos verwerp en veroordeel te word.

Mandla ·

Dit is goeie nuus dat geregtiheid geskiet. Die twee moet maar in die tronk gaan sit. Sulke boewe hoort in die tronk. En dit maak nie saak waar dit gebeur het nie. Ek sal Sasol gebruik. Want tenminste doen hulle iets om die boewe toe te sluit. Amandla

Ampie ·

Weet nie, lyk vir weer na een enorme oorreaksie (ook tov die kommentaar hierbo) wat baie se van blanke skuldgevoel. Ek was beslis in my jonger dae (onskuldig) in rugby bakleierye betrokke wat baie meer ernstig was as hierdie geveggie.

Mandla ·

Ampie. Dit gaan oor iemand wat sy werk gedoen het en twee mense wat hom aangeval het. Rugby of soccer of enige sport is dit ook Nie reg nie. Aanranding is teen die wet en mense moet gestraf word. In sport ‘n rooi kaart in die geval tronk staff. Regverdigheid.

Flippie ·

Ek wil net vir julle sê dat ek nou al 4 keer deur mense wat swart van kleur is aangerand was. In vyf afsonderlike gevalle. .is. Die oorteders aan my en die polisie bekend. en sake is geopen. Ek is een keer na geskiet, een keer met ‘n byl, mes en spies aangeval, een keer met ‘n sambok en nog ‘n keer met ‘n stuk hour en nog ‘n keer met ‘n hamer.

Ek is ‘n boer en elkeen van die aanvallers het vir my gesê dat ek die grond gesteel het en dat ek moet padgee.

Die polisie sloer of doen niks omtrent die sake nie. Geen koerant wil daaroor berig nie. Dis maar oraait dat swart mense witmense terroriseer. Dis normaal.

Maar wee, as dit wit op swart geweld is dan is gort gaar.

Kyk wie reageer- dis ouens wat stil is as wit kinders, ou mense, babas, vrouens en ook mans verrineweer en vermoor word deur swart mense. Dit laat my wonder.

Flintstone ·

Stem volkome saam Flippie. Ons kan gou ons monde uitspoel teen mede blankes wat barbaars optree. Ons vergeet egter gerieflik dat,in kontras met die meerderheids landsburgers,hierdie ‘n bitter klein persentasie uitmaak.Die feit dat die howe in hierdie geval wys hoe effektief hulle eintlik kan wees,bring n mens tot die besef dat snelheid van vonnisoplegging op grond van velkleur eerder as die skedulegraad van die oortreding plaasvind.Kyk maar net die nuus wat nou aangekondig is,hoop POOT ,MANDLA en kie sal net so prominent wees in hulle kommentaar. Indien nie,skaar hulle hulself ook maar by diegene wat opinies lug wat op ras,eerder as meriete gebasseer is.

MissDemeanor ·

Hier is net 2 mense wat die blaam dra. As hul nie die joggie aangerand het nie, sou niks gebeur het nie. Hul is skuldig, niemand anders nie. Hul was verkeerd en dit is dit. Jou poging om vir Sasol te boikot is laf. Jy wil he ons moet hul boikot omdat huerdie ouens oortree het Dis nie hoe dit werk nie.

john ·

Hierdie was verkeerd. Ek wonder hoekom hul die ouens binne n week agter tralies kon stop met verhoor maar kan nie ander wat moord pleeg soos plaasmoorde in een of twee weke weg sit nie. As jy iemand vang dan moet dit moes vinnig gaan. Kyk die saak van daai twee lede wat die joernaliste beroof het.. dink dit het twee jaar gevat. Laat mens net wonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.