Petroljoggies, nooddienspersoneel vas vir petrolkaart-slenter

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Aantal petroljoggies en nooddienspersoneel in Prins Albert is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hulle reeds vir ʼn geruime tyd glo petrolkaarte gebruik om fiktiewe transaksies deur te voer.

Hierdie slenter het die regering glo uit groot bedrae geld bedrieg. Die presiese omvang daarvan word nog ondersoek.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê drie petroljoggies en vier nooddiensbeamptes het glo saamgewerk om petrolkaarte, wat deur die regering uitgereik is, vir fiktiewe transaksies te gebruik.

“Die verdagtes het glo gewag tot motoriste met kontant vir brandstof betaal en dan die petrolkaarte in ruil vir die kontant gebruik. Hierdie geld is dan onder mekaar verdeel,” sê sy.

Die Valke se eenheid vir korrupsie het die sewe verdagtes, almal tussen 30 en 43 jaar oud, Woensdag in hegtenis geneem.

Aanklagte van korrupsie, bedrog en diefstal staar nou die verdagtes in die gesig.

Hulle sal na verwagting Donderdag in die Leeu-Gamka-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

KORRUPSIE het die land oorgeneem! Glo nie daar is nog ‘n land wat soveel korrupte mense het soos ons in SA nie, ons hou beslis die rekord, dis verseker.

Alfred E Neuman ·

Our people is ongelooflik slim, maar nog meer skelm.

Swerwer ·

Ai Ai maar hierdie korrupte terrorisme gebaseerde land se lys van korrupsie word net elke dag langer en langer. Wanneer het hul tyd om al die bedrog tricks uit te dink.

Perdeby ·

Ou trick van hulle daardie. Het vir ‘n maatskapy as vlootbestuurder gewerk 2004 – 2007 wat hulle presies dieselfde gedoen het, maar dit was met ons petrolkaarte, en net die petroljoggie was betrokke of maak so 2 taxi;s vol en dan maak ons voertuig vol, en gebuik ons kaarte. Gelukkig het ons hulle binne die 1ste maand uitgevat met die liters wat in ‘n kar gegooi word. Sy het op ‘n naweek so R7800.00 gemaak.

Tipper ·

Toemaar mense op n kol dan vang ( OUR) people hulle weer lekker uit.

Moedeloos ·

Sjoe klein plekkie soos Prins Albert. Wonder of daar nou nog joggies oorbly om kliente te help

JohanR ·

Hierdie slenter het die regering glo uit groot bedrae geld bedrieg – die regering is net jammer dan hulle nie ook daarin kon deel nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.