Petroljoggies op Marikana aangehou

Die Marikana-myn. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Die polisie op Marikana het Saterdag twee mans in hegtenis geneem nadat ʼn vulstasie in die omgewing beroof en petroljoggies aangehou is.

Saterdagoggend om en by 04:00 is petroljoggies by die betrokke vulstasie met vuurwapens aangehou en ʼn onbekende bedrag geld en sigarette gebuit. Die verdagtes het te voet gevlug.

Veiligheidswagte het op die rooftog gereageer en ʼn skietery het tussen hulle en die vermeende rowers ontstaan. Die polisie is ook oor die voorval ingelig en het twee van die drie verdagtes by ʼn huis in die omgewing voorgekeer. Die twee verdagtes is 21 en 25 jaar oud.

“Die verdagtes was in besit van vuurwapens en ammunisie. Die polisie is nog op soek na die derde verdagte,” het kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie in Noordwes gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn, waar hulle aangekla sal word van poging tot moord, roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

“Die ondersoek, sowel as soektog na die derde verdagte, duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JM ·

Meeste van die kriminele het nie kos om te eet nie, maar hulle het vuurwapens en aan arrogansie ontbreek dit nie! Hierdie vuurwapens is op ‘n bedrieglike wyse bekom. Gaan die gemors in hierdie land ooit ophou? Hierdie spul beland in die tronk, maar só ver kan die verstand nie dink nie. Daaglikse nuus bestaan net uit moord, roof, ens. ‘n Mens weet feitlik nie meer wat goeie nuus is nie.

Shakespeare ·

Ek weet hulle is swart maar my vraag is. Is dit ons land se mense of Mal emma se Afrika tjommies.

Adeline ·

Ek wonner baie ernstig waar al die wapens en ammunisie vandaan kom wat so op die kriminele en -dade gevind word en op beslag gelê word by die misdaad tonele dwars oor ons land en op elke plek, plaas aanvalle – voertuig, busse, vragmotors kapings of roof en diefstal… winkel en Groot Koop sentrums aanvalle en dan die jaagtogte en lewendige rontes wat teen die polisie gebruik word… lê die probleem nie dalk by die regering (oom hoed) weermag ens nie en wat dan ook van die “Black Panter Party” wat deur Zupta ingevoer is – doen bietjie ondersoek en lig die publiek in. Volgens my is hier nie groot en genoeg tronke in die RSA om die kriminele te huisves nie – kan ons hulle nie dalk uitvoer nie – voorstel vir ‘n oplossing of hoe?

Harley Davidson ·

Ek sou nie in “Marikana” skoor soek met die polisie nie,vir obvios reasons natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.