Petrolprys daal volgende maand

Argieffoto

Motoriste kan ʼn daling in die prys van petrol én diesel in November verwag.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) sal brandstofpryse deur die bank in November daal as gevolg van ʼn daling in die olieprys en die versterking van die rand in Oktober.

Maroela Media het vroeër berig dat die prys van 93-oktaan-brandstof na verwagting in November sal daal, terwyl 95-oktaan-brandstof en diesel onderskeidelik tien sent en twee sent duurder sal wees.

Die AA het egter Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwag ʼn daling van tussen agt en 18 sent vir petrol, 14 sent vir diesel en tot 21 sent vir paraffien, as gevolg van die daling van oliepryse en die versterking van die rand. Die AA verwag boonop dat oliepryse verder sal daal in November.

“Wat ook al nou met die wisselkoers en olieprys gebeur, sal bepaal hoeveel motoriste dié feesseisoen by vulstasies sal moet opdok. Ons sal moet wag en kyk of die verlaging in prys voortduur vir die res van die jaar,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris Ws ·

As die Anc Regime enige verstand het sal hulle die brandstof belasting/heffing verlaag of heeltemal skrap.Buurlande betaal dit nie maar ons moet.Dis onregverdig.

E ·

Blah, blah blah.. Elke jaar dieselfde storie. Petrol prys styg die hele jaar en skielik in Nov verlaag dit net voor die vakansie. Dan voel almal petrol is nou goedkoop en gaan hou vakansie. Dan wanneer hulle moet terugkom – wow nou moet die prys in jan weer styg. Ek glo glad nie die “berekening” van die petrolprys nie. Ek stem met Crhis Ws. vat die heffing weg.

Semanet ·

Sodra hulle die brandstof prys verlaag sit hulle dit net weer n’ dubbele heffing die volgende paar maande op…. dit is n’ grap.

Potjie ·

Oo ja! Alles verloop volgens plan. Die brandstof moet November met ñ paar sente daal sodat hulle dit weer met ñ stewige bedrag kan opskuif in Desember. Sien… ongeag die hoë brandstofprys, is daar nog steeds mense wat hard werk deur die jaar en baie opoffer en spaar vir ñ welverdiende Desember vakansie. Wen kan mens net nie.

Chris du preez ·

Ja moan sal julle altyd moan al gaan die prys op of al gaan hy af. Wonder wat julle gaan doen as hy stil staan

Anoniem ·

“The same procedure as last year Miss Sophie”. Dit sal Desember ook daal en weer vroeg in die nuwejaar styg nadat al die “tuisland” taxis teruggekeer het vanaf hul bestemmings.

Piet parys ·

Dink net hoeveel gaan jy spaar as jy nie op vakansie gaan nie. Vakansie is n slegte gewoonte dan word jy net sleg . 6dae moet jy werk en dan een dag rus . Nie 3 weke op verlof gaan nie. Baie mense werk hard maar kan nie op vakansie gaan nie Dankbaar dat prys daal maar vir ons wat nie rondrits nie maak dit nie verskil nie

Potjie ·

@ piet parys… Daar is niks lekkerder om hard te werk en dan te gaan uitspan vir 3 weke nie. Jy moes beplan het dan kon jy ook vir ñ tydjie met verlof gegaan het.

Gert J ·

Ag ou Piet ons is nou nie so ou huis hennetjie soos jy nie, Ons wil lewe, die lewe geniet al moet ons betaal, lewe is kort.

Gert van Wierdapark ·

Nou moet ons almal seker op en af spring vir die aalmoes-daling – Eish!!

Annette ·

@ Potjie – Nie almal is so bevoorreg om te kan “spaar” of voorsiening te kan maak vir ‘n vakansie nie. Al werk ons onsself tot op die been is ons salarisse nie genoeg om alles te kan bykom nie. My pa is bv Januarie oorlede en nou versorg ek my ma. Met ‘n salaris wat nie eers by R7000 bykom nie. Nou vra ek jou, hoe betaal jy vir alles en het dan nog geld om te spaar vir vakansies. Dis maand is ons water en ligte rekening amper soveel as my salaris. En ek en my seun is heeldag uit, ons het nie ‘n waterlek nie en ons munisipaliteit steur hulle net nie aan ons versoeke om te kom kyk wat die oorsaak is nie. Ons is wit, dit beteken ons het hope geld, daarom kan ons ‘n magdom geld vir alles betaal wat hulle net nie doen nie en hulle word net nie afgesny nie. Wys jy my waar spaar ek vir ‘n vakansie en ek doen dit.

Miem ·

Ek het presies dieselfde gesê. Maar elke jaar November gaan dit af, en Januarie’n skerp styging dis soos die mense hier bo sê. Dis net sodat mense met vakansie kan gaan.

Sê maar net ·

Ja die petrol prys kom af maar wat van di kospryse -waarom daal dit dan ni ook ni

Cherokee ·

Ag nee! Dit is hoe dom die regering is. Desember word daar baie myle gery en ons kon die land ‘n lekker ekonomiese hupstoot gegee het, as hulle net verder wil dink en die pryse lig net voor die baie ry.

Schalk ·

As dit nie vir korrupte regering was nie het ons 10.00 Rand betaal gelukkig dok almal op vir hul wanbestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.