Petrolprys: Goeie nuus vir motoriste verwag

Argieffoto

Die prys van petrol, diesel en paraffien sal na verwagting volgende maand daal.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat die prys van 93-oktaan-petrol met ongeveer 24 sent per liter en 95-oktaan-petrol met 33 sent per liter sal daal op 7 Oktober. Diesel sal na verwagting met 93 sent per liter daal en paraffien met 78 sent per liter.

Die rand het die afgelope paar weke ʼn sterk lopie teen die Amerikaanse dollar gehad en op 18 September tot R16,10 teenoor die dollar verstewig. Dit het egter daarna tot R16,90 verswak en toe tot R17,20 teruggesak het.

Die AA sê die rand-en-dollar-wisselkoers wat so wipplank ry, is kommerwekkend.

Terwyl die rand verswak het, het internasionale oliepryse ook gestyg

“Die aanhoudende verswakking van die rand en die styging van internasionale oliepryse kan ʼn negatiewe prentjie vir Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers skep.”

Die prys van petrol het aan die begin van die maand met 1c per liter gestyg, terwyl die prys van diesel gedaal het.

Dit het gevolg nadat die minister van minerale hulpbronne en energie ’n verhoging van 5,3c per liter op die kleinhandelswinsgrens op petrol goedgekeur het. Dié verhoging is om die loonverhogings van pompjoggies, kassiere en administratiewe personeel by vulstasies te akkommodeer.

Diesel het met 21c per liter goedkoper geword en paraffien met 35c per liter, terwyl gas 36c per kilogram duurder geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Bedoel ‘n petrol verlaaging maar nie net dat ‘n minister, of ‘n paar ministers, kry ‘n paar miljoen minder in die sak, totdat ‘n volgende prys verhooging?

Anne-Marie ·

ja……..want dan tel dit vir ‘n prestasie bonus !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.