Petrolprys styg, diesel kos minder

petrolPetrol sal van 3 Februarie duurder wees, terwyl diesel beduidend goedkoper sal wees.

Die departement van energie het aangekondig die petrolprys sal Dinsdag om middernag met 6c per liter styg, terwyl die prys van diesel met 62c per liter sal daal. Paraffien word 59c per liter goedkoper en die prys van gas sal 1c per kilogram styg.

Volgens die departement het die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol, diesel en paraffien afgeneem tydens die tydperk onder oorsig – 31 Desember 2015 tot 28 Januarie 2016. Die rand het egter verswak teen die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk. Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die tydperk was 16,3276 vergeleke met 14,8819 tydens die vorige tydperk.

“Die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar het die bydrae tot die basiese brandstofprys op petrol, diesel en paraffien laat toeneem met onderskeidelik 49,43c, 37,85c en 38,88c per liter,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Uys ·

Rand Dollar dalk in sy maai in. Die Departement gee net die vergelyking van R$ maar nie wat die olie prys was dieselfde tydperk nie. Olie is dalk $50 per vat goedkoper maar dit word nie genoem.
Hulle voer ons net n poep.

Josua ·

Die olie prys het skerp gedaal die afgelope paar maande, nou is dit die geleentheid gewees om die petrol en diesel prys skerp af te bring sodat mense n eksta geldjie in die sak kon steek om ander uitgawes en skulde te delg veral nadat die aankondigging gemaak is dat die rente koers me 50 basis punte verhoog gaan word, dit sou die kos pryse stabiel gehou het en ook die boere wat juis sukkel gehelp het met vervoer kostes ens. Daar is geen rede gewees om enigsins die petrol prys te verhoog nie. Die persone wat so briljant was om die petrol prys te verhoog moet weer baie mooi gaan dink oor jul gaga besluit!!!!!

F ·

Ek stem saam. Dit sal nogal insiggewend wees om die som te maak van hoeveel die olieprys geval het in die laaste jaar en hoeveel die petrolprys verander het. Net nog ‘n bewys van hoe ons as burgers van hierdie land nog moet betaal vir die flaters(wil dit erger uitdruk) wat ons regering maak. Dis maar weer die ou wet van Transvaal vir ons.

Leon ·

Ek is nie n ekonoom nie maar kan somme maak.
Brent ruolie op 14/11/2014=$75.91
R/$=R11.10 Prys per vat=R842.60
Vandag Brent ru-olie=$34
R/$=R15.90 prys per vat=R540.60
Verstaan nie hoekom moet ons meer betaal nie ons behoort net R8.00 per liter te betaal miskien moet ons ook begin met veldtog #petrolpricefall begin.

Ben ·

Dit is die stupidste ding waarvan ek al gehoor het om te onderskei tussen petrol en diesel. Maak die ander lande ook so? Gebruik liewer die woord “Brandstof” en gooi die twee saam, sou ek voorstel. Ek vertrou die rondskommeling maandeliks in elk geval as verdag.

Pieter ·

Vat weg die be drag Wat na regering gaan Dan bly da min oor vi handelaars oor so petrol sal nooit Verder daal as nou nie

Oom Boer ·

Swak besluit in die huidige afwaartse ekonomiese toestand, maar gegewe die meerderheids (massas) se besluite, moet die vrye opleidings strukture wat beloof was aan die voorheen minderbevoorregte/benadeeldes studente befonds word. Nahkandla onderhouds koste en personeel aldaar benodig ook ‘n verhoginkie. En siedaar die Zim familie kan weer terugsit en groei en die cANCer kaders kan weer ‘n goeie munisipale verkiesingsveldtog deurvoer..

Anna-Marie ·

Onthou dit is maklik om die petrolverbruiker te misbruik sodat die regering Eskom met goedkoper diesel kan voorsien en vir die kieser te probeer wys hoe Eskom hulself reggeruk he, net vir stemme! Die ander ekstrageldjie gaan seker na Sanral om hulle verleentheid tov die E-Tol saga te help verbloem. Al hierdie besluite is dwase skuiwe, die brandstofverbruiker is keelvol en iewers gaan die ‘kannie meer byhou’ tov kospryse ensomeer oorkook.
Hierdie vergelykende somme gee ‘n mens meer vrae as wat die regering wil/of kan beantwoord. Ek sien iemand noem dat een van die dae ry hy sy perd werktoe, baie van ons ry alreeds met tuisbly se karretjie.

wondermaarnet ·

As petrol opgaan gaan ALLES op !!! Salaris bly dieselfde. As petrol afgaan bly die kospryse dieselfde of word duurder.

John ·

Die petrol moes met R6 daal. Verduidelik hoe Namibie wat petrol vanaf ons invoer…R4 goedkoper is. Die cANCer skep lekker.

sarie van heerden ·

John, kyk na die regering van Namibie en kyk wat doen hul leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.