Petrolprys styg, diesel kos minder

petrolPetrol sal van 3 Februarie duurder wees, terwyl diesel beduidend goedkoper sal wees.

Die departement van energie het aangekondig die petrolprys sal Dinsdag om middernag met 6c per liter styg, terwyl die prys van diesel met 62c per liter sal daal. Paraffien word 59c per liter goedkoper en die prys van gas sal 1c per kilogram styg.

Volgens die departement het die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol, diesel en paraffien afgeneem tydens die tydperk onder oorsig – 31 Desember 2015 tot 28 Januarie 2016. Die rand het egter verswak teen die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk. Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die tydperk was 16,3276 vergeleke met 14,8819 tydens die vorige tydperk.

“Die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar het die bydrae tot die basiese brandstofprys op petrol, diesel en paraffien laat toeneem met onderskeidelik 49,43c, 37,85c en 38,88c per liter,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Uys

Rand Dollar dalk in sy maai in. Die Departement gee net die vergelyking van R$ maar nie wat die olie prys was dieselfde tydperk nie. Olie is dalk $50 per vat goedkoper maar dit word nie genoem.
Hulle voer ons net n poep.

Josua

Die olie prys het skerp gedaal die afgelope paar maande, nou is dit die geleentheid gewees om die petrol en diesel prys skerp af te bring sodat mense n eksta geldjie in die sak kon steek om ander uitgawes en skulde te delg veral nadat die aankondigging gemaak is dat die rente koers me 50 basis punte verhoog gaan word, dit sou die kos pryse stabiel gehou het en ook die boere wat juis sukkel gehelp het met vervoer kostes ens. Daar is geen rede gewees om enigsins die petrol prys te verhoog nie. Die persone wat so briljant was… Lees meer »

Liewe lulu

En so betaal ons vir zekere mense se foute

Leon

Ek is nie n ekonoom nie maar kan somme maak.
Brent ruolie op 14/11/2014=$75.91
R/$=R11.10 Prys per vat=R842.60
Vandag Brent ru-olie=$34
R/$=R15.90 prys per vat=R540.60
Verstaan nie hoekom moet ons meer betaal nie ons behoort net R8.00 per liter te betaal miskien moet ons ook begin met veldtog #petrolpricefall begin.

Ben

Dit is die stupidste ding waarvan ek al gehoor het om te onderskei tussen petrol en diesel. Maak die ander lande ook so? Gebruik liewer die woord “Brandstof” en gooi die twee saam, sou ek voorstel. Ek vertrou die rondskommeling maandeliks in elk geval as verdag.