Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die petrolprys Woensdag sal styg.
“Die prys van petrol styg op 2 November met 45c per liter vir 93- en 95-oktaan,” het die departement gesê.
Diesel styg met 63c per liter en paraffien met 57c per liter.
Die prys van LP Gas styg met 59c per kilogram.
Die departement skryf die styging toe aan die verhoging van die prys van petrol, diesel en paraffien in internasionale markte en die prys van ru-olie wat ook gestyg het.
Die Automobiel Assosiasie (AA) het vroeër Vrydag verduidelik die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie genoeg om nog ʼn verhoging in brandstofpryse te verhoed nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Ons moet op ons kniee val en No 1 en kaders bedank vir die verhoging plus die gemors in ons land
Tyd vir @GovernmentMustFall
Dis nonsens. Dis hoe hulle ons maak betaal om gratis te gee nadat hulle alles afgebrand het. Ek is so gatvol.
Ons kon dit seker verwag het net so voor die vakansie en as die aanvraag na petrol op sy hoogste is. Dood het mos ook n oorsaak. Hulle sal altyd n goeie rede kry hóékom die petrol prys moet klim, maar eintlik is daar geen rede, behalwe die tyd vir geldmaak is reg.
In ‘n vorige lewe het ek in ‘n land gebly met ‘n regering wat verstaan het dat ALLES gekoppel is aan brandstofpryse. Hulle het toe belasting gebruik en ‘n aanleg gebou wat brandstof uit steenkool kon vervaardig…..en daar was ‘n egalisasie fonds wat internasionale markskommelinge geabsorbeer het…want hulle het verstaan: As brandstofpryse styg, styg alles. En as brandstofpryse daal….daal niks saam nie….tot die volgende styging, dan styg alles saam…tot die volgende daling, dan daal niks saam nie. Is dit nie ‘n regering se job om insetkoste vas te pen sodat die ekonomie weet waarheen dit oppad is nie? Nou weet… Lees meer »
Wat n klomp tjol plieprys het gedaal met $2hoe stupid dink julle is ons [email protected] must fall. Zumie cheers ou bees