Petrolprys styg volgende week

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die petrolprys Woensdag sal styg.

“Die prys van petrol styg op 2 November met 45c per liter vir 93- en 95-oktaan,” het die departement gesê.

Diesel styg met 63c per liter en paraffien met 57c per liter.

Die prys van LP Gas styg met 59c per kilogram.

Die departement skryf die styging toe aan die verhoging van die prys van petrol, diesel en paraffien in internasionale markte en die prys van ru-olie wat ook gestyg het.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het vroeër Vrydag verduidelik die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie genoeg om nog ʼn verhoging in brandstofpryse te verhoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

twakkies ·

Ons moet op ons kniee val en No 1 en kaders bedank vir die verhoging plus die gemors in ons land
Tyd vir @GovernmentMustFall

Victorious ·

Dis nonsens. Dis hoe hulle ons maak betaal om gratis te gee nadat hulle alles afgebrand het. Ek is so gatvol.

SNEL ·

Ons kon dit seker verwag het net so voor die vakansie en as die aanvraag na petrol op sy hoogste is. Dood het mos ook n oorsaak. Hulle sal altyd n goeie rede kry hóékom die petrol prys moet klim, maar eintlik is daar geen rede, behalwe die tyd vir geldmaak is reg.

Johann Marx ·

In ‘n vorige lewe het ek in ‘n land gebly met ‘n regering wat verstaan het dat ALLES gekoppel is aan brandstofpryse. Hulle het toe belasting gebruik en ‘n aanleg gebou wat brandstof uit steenkool kon vervaardig…..en daar was ‘n egalisasie fonds wat internasionale markskommelinge geabsorbeer het…want hulle het verstaan: As brandstofpryse styg, styg alles. En as brandstofpryse daal….daal niks saam nie….tot die volgende styging, dan styg alles saam…tot die volgende daling, dan daal niks saam nie. Is dit nie ‘n regering se job om insetkoste vas te pen sodat die ekonomie weet waarheen dit oppad is nie? Nou weet niemand wat aangaan nie, en almal se produk-pryse is hemelhoog, want jy weet wat die brandstofprys volgende maand gaan wees nie…

jakes ·

Wat n klomp tjol plieprys het gedaal met $2hoe stupid dink julle is ons .@Giv must fall. Zumie cheers ou bees

jaco ·

Zuma en kie se salarisse is SO hoog dat selfs R35 vir 1 liter geen verskil aan hulle weelderige leefstyl sal maak nie. Selfs gewone parlementslede (dit sluit DA & VF-Plus) in kry oor R1miljoen per jaar, asook huise, luukse karre, VERNIET vlieg, onthaaltoelae EN ‘n vervoertoelae. Hulle bou ELKEEN Met al daardie baie geld en voordele’n mini-Nkandla. Geen parlementslid van geen politieke party behoort te kla oor vermorsing van staatsgeld en korrupsie nie. Hulle is ALMAL skuldig daaraan.

Petro ·

Nee wat die staatskas is leeg, kort geld vir social grants. Disgrace!!!!

Gerrie ·

Ek kan nie verstaan n paar maande was die olieprys oor die 105 doller,en ons word soos dolosse rond gestoot deur hierdie regering.Dink hulle ons is stupet of wat prober hulle bewys,dis die grootste bol strooi wat ek nog van gehoor het.Dis hoog tyd dat ons saam staan teen hierdie korripte staatsdiens van ons

Piet Piper ·

Dis hoogtyd dat die DA laat ondersoek instel met hierdie maandelikse brandstofprys bepalings………….hier vrot iets vreeslik…………..beslis is hier bedrog erens ten gunste van kaders erens en tot groot nadeel van Suid Afrika se mense.
Maroela Media………..stuur asb die boodskap deur na die leierkorps van die DA…………..hier is iets groot FOUT !!!!

Chris Ws ·

Al die redes vir die brandstof prysverhogings is ‘n klomp snert.ELKE jaar hierdietyd styg die brandstof pryse klokslag.Hoekom? Want die boere moet ploeg en plant!Kyk maar na vorige jare.Die anc regime is uitgeslaap.
Wat het van ons “voordeel” geword wat ons sou kry omdat ons die bou van Sasol 2,3 & 4 met ‘n heffing by ons brandstof prys finansier het?Nog ‘n spul leuns gewees deur die regering van daai tyd.Wie ookal regeer verloor gaan ons verloor.

Christo ·

Die DA is nie jou redding nie ! Jammer of in hulle taal sorry!

Carlo ·

Ek het n ruk terug navrae vir die departement gestuur I.v.m petrolprys. Hul vra my waar kom ek aan my studie oor die prys. Nou wys jou net, hulle weet self nie hoe om die prys te bereken nie. Dit is nou amper vakansietyd en die sakke moet vol terwyl buurlande glimlag oor hul laer koste vanaf of fabrieke.

dries ·

Mense julle moet verstaan dis bonus tyd en iewers moet die geld vandaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.