Petrolprys val met R2 per liter

(Argieffoto: andreas160578/Pixabay)

Verbruikers sal van Woensdag af R2,04 per liter goedkoper vir 95- en 93-oktaan-petrol betaal, terwyl die groothandelprys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 56c per liter sal daal.

Dit beteken dat verbruikers in Gauteng net meer as R23 per liter vir 95-oktaan-petrol sal betaal en verbruikers aan die kus sowat R22,73.

Die verwagte dalings is Maandag deur Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, aangekondig.

Verbruikers sal verder 46c per liter minder vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% betaal en 82c minder vir ʼn liter paraffien.

Die groothandelprys van paraffien daal met R1,09 per liter en die maksimum kleinhandelprys van vloeibare petroleumgas sal met R1,65 per kilogram daal.

Gaspryse aan die kus sal van Woensdag af R31,46 per kilogram beloop en R33,88 in Gauteng.

Die prysskedule vir die verskillende sones sal Dinsdag bekendgemaak word.

Die prys van brandstof word deur verskeie nasionale en internasionale faktore beïnvloed, waaronder die invoer van ru-olie en die wisselkoers van die rand teenoor die dollar.

Volgens die departement is die hoofredes vir die laer brandstofpryse laer oliepryse en ʼn effense verskerping van die rand teenoor die dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lourens CFG ·

Net 56c/L vir diesel?????
Hoe die duiwel krits hulle ons nou al weer?
(Klits is nie eintlik die woorde wat ek wou gebruik nie.)
Of belas hul nou vir ons om eksdom se diesel aan te vul????

Miskruier ·

Net die taxis word bevoordeel. Die boere word benadeel.

Duck ·

Jy weet natuurlik wat jy met jou diesel prys verlaging kan maak, nè!

Koen ·

Hoop jy betaal die ou prys vrywillig. Jy klink na ‘n verbitterde mensie.

Duck ·

En Eskom se gas turbines gebruik net diesel…..so ja, lekker nè

Manie ·

Stilweg is die regering weer besig om tenders in te win om strategiese oliereserwes te verkoop. Volgens berigte kan die onderste 1/4 nie gebruik word nie omrede dit ‘n “sludge” gevorm het. Indien hulle dit wil doen om die opgaar tenke skoon te maak, kan ek dit nog verstaan, maar ek twyfel sterk of dit die motivering is.

mattk ·

Ja-nee, hierdie kaders weet presies watter kant hulle brood gebotter is (albei kante). Die land se ekonomie word op diesel gedryf (vervoer van goedere, lokomotiewe, landbou en dan natuurlik Eskom se terbunes) en daarom maak hulle staat op die inkomste wat gegenereer word uit die verkope van diesel. Hul wil ook natuurlik op die manier net meer druk op die boere toepas. Hulle is baie meer onderduims as wat daar gedink word en hulle voel net eenvoudig ‘n veer vir die publiek in Suid Afrika.

Nico ·

Hoekom word die voedsel pryse ook nie verlaag nie, die regering speel ook ‘n groot rol, verlaag die belastings, die ongeluks voordele en al die ander heffing wat die ANC regering aan die petrol prys koppel.

Kokerboom ·

Groot verskil tussen R2.30/l diesel laasweek genoem en 56c/l. Iemand lieg.
Die kaderregering speel woer woer met ekonomie..iets wat hul in elk geval nie verstaan
Die middelman, die enjinkamer van ekonomie verarm en verklein drasties

Danie ·

Man nou gaan ek spaar.Elke druppel of sent help.Beplan beter en ry minder as jy regtig ernstig is.

VaalDonkie ·

Ek sal maar beplan om twee nagte per week by die kantoor te slaap om petrol te spaar. Of iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.