Petrolprys verhoog in Junie

Vulstasie in Mayville, Durban (Foto: Zanele Zulu/African News Agency/ANA)

Die petrolprys verhoog vanaf Woensdag met R1,18 per liter, terwyl die prys van diesel met tussen 21c en 22c per liter sal toeneem, het die departement van energie Maandag aangekondig.

Die departement het gesê die handelsprys van paraffien, wat steeds deur miljoene behoeftige Suid-Afrikaners gebruik word vir beligting en om mee te kook, styg met tussen 40c en 54c. Gas verhoog met R1,98.

“Die gemiddelde internasionale pryse vir petrol, diesel en paraffien het tydens die betrokke periode verhoog. Die rand het gemiddeld teen die Amerikaanse dollar verstewig, in vergelyking met die vorige periode.”

Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die periode 30 April 2020 tot 28 Mei 2020 was 18,1715 in vergelyking met 18,4771 tydens die vorige periode. Dit het ʼn laer bydrae verteenwoordig tot die basiese brandstofkoste op petrol, diesel en paraffien, naamlik 7,18 c/l, 6,90 c/l en 5,52 c/l onderskeidelik.

Die laer brandstofpryse bied effense verligting aan Suid-Afrikaners wat steeds onder die ekonomiese impak van die landswye afsonderingsperiode gebuk gaan. Talle ondernemings het Maandag hul deure oopgemaak toe risikovlak 3 in werking getree het en meer persone sal dus weer staat maak op vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Genis ·

Jip dis eindelik net meer belasting, om hulle onvermoe te befonds

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.