Petrolpryse styg dié week

Argieffoto

Motoriste sal vandeesweek 71c per liter meer moet betaal vir petrol, en die prys van diesel sal tussen 57c en 60c per liter styg.

Die departement van energie het Maandag die prysverhoging toegeskryf aan die styging in die internasionale prys van petrol, diesel en paraffien, asook wisselkoersskommelinge.

“Die rand het teenoor die Amerikaanse dollar verswak,” lui die verklaring. “Dit het tot ʼn styging in die basiese prys van petrol, diesel en paraffien gelei.”

Paraffien sal met 73c per liter styg en LP-gas sal 204c duurder kos per kilogram.

Die prysverhogings tree Woensdag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rede? ·

En die rede vir prysverhoging is . . . julle laat my lag . . .

koos de la rey ·

dit klink regverdig , julle gaan seker ook die belasting van meer as 40% maar bietjie afbring ? of moet ons nou sommer terselfde tyd meer belasting ook betaal ? in ander woorde terwyl jule swak regering beleid die rand verswak en ons meer moet betaal vir alles buit julle ons sommer nog uit ook ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.