Petrolpryse vir Januarie aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Donderdag die petrolpryse vir Januarie 2017 aangekondig.

Die prys van 93-oktaan styg met 50c per liter en 95-oktaan met 48c per liter. Die stygings tree Woensdag, 4 Januarie in werking.

Die prys van diesel styg met 39c per liter en paraffien met 43c per liter.

LP Gas styg met R1.06 per kg.

Die departement skryf die verhoging tot aan ʼn toename in internasionale petrolpryse en wisselkoers-fluktuasies.

Maroela Media het vroeër berig die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) verwag ʼn reeks petrolverhogings in 2017, waarvan die eerste in Januarie sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris Ws ·

Let wel daar is 2 grade diesel en die styging van 39c/liter is vir 50ppm.Die “gewone” 500ppm diesel styg met 37c/liter.Kyk gerus op http://www.cefgroup.co.za onder “Petrol price”.Dis Petro SA se webwerf en gee alle pryse mbt alle brandstowwe in detail aan,gas pryse ook.

Varkie ·

Hoekom op dees aarde sal jy nog 500ppm in jou kar gooi ? weet jy hoe sleg is dit vir die “injectors” ?

Chris Ws ·

Varkie Ek het nuus vir jou.My Isuzu d/c bakkie het al 313,000km met 500ppm diesel gedoen SONDER ‘n probleem.Raak net die aansitter en hy vat dadelik.Nou waars die probleem met die injectors nou?Te veel mense wil vir ander bog vertel!En by dit haal die voertuig 13km/liter op ‘n lang pad en 11 km /l in die dorp en dis van een vol tenk na die volgende vol tenk gemeet en akkuraat uitgewrk en nie raai skote nie!Nuwe motors veral duur Duitse motors se injectors is te verfynd en hulle MOET net 50ppm diesel gebruik.My bakkie kan selfs op kookolie loop as dit moet maar dan sal hy probleme ontwikkel want dit sal sy injectors en ander goed na ‘n tydtjie laat verstop.

Petro ·

Wanneer gaan Maroela Media vir die publiek verduidelik hoe die “Petrodollar” werk?
(Dit is die ooreenkoms tussen die VSA and Saudi Arabië dat olie slegs in Dollar verkoop mag word. Sasol haal steenkool in SA uit die grond, maar verkoop die petrol teen US Dollar pryse in Suid-Afrika. Suid-Afrika moet ook eers Dollars kry voordat olie gekoop kan word.)

Johann ·

Ek dink almal het dit verwag, slegte tyd vir verhoging sou ek sê

julius ·

Die vakansiegangers moet nog huis toe gaan. Dit is die enigste rede hoekom die prys so drasties stuig. Dit gebeur gereeld en is ‘n tendens gedierende vakansie tye.

Varkie ·

As jy kan bekostig om met vakansie te gaan dna kan jy seker bekostig om meer te betaal vir Diesel/petrol… buitendien ek sien niemand met n skedonk af ry see toe nie, almal ry luukse sedan/SUV karre waar daar goedkoper opsies is… maar mens het seker plek nodig vir al die klere en kinders hehe

tom ·

Ek wil julle nie bang praat 2017 gaan n harde werklikheid word vir SA

Danie Rossouw ·

Die ergste is dat die Dieselprys ongereguleer is. Kyk gerus hoe vakansie gangers uitgebuit word deur “Ultra City’s” & “One Stop” vulstasies waar gesiglose eienaars hulle sit en verryk uit die situasie. Ry gerus die Km of wat in die dorp in en spaar. Colesberg ‘n sprekende voorbeeld.

John ·

Jy’s alweer reg Tom… ongelukkig staan die wilde hings reeds opgesaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.