Petrolpryse vir November bekend gemaak

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die prys van brandstof styg Dinsdagaand om middernag en bestuurders van dieselvoertuie word die swaarste hierdeur getref.

Die prys van alle grade petrol styg met 4c per liter en diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.05%) styg met 23c per liter en diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.005%) met 27c per liter, het die departement van energie Saterdag gesê.

Die prys van paraffien styg met 21c per liter en LP Gas met 17c per kg.

Die departement het gesê die hoofredes vir die aanpassing in die petrolprys is die rand/dollar-wisselkoers en die prys van petroleumprodukte in die internasionale markte.

Die rand het teen die Amerikaanse dollar verswak (van 13.13 tot 13.62) gedurende die betrokke tydperk. Die gemiddelde internasionale markpryse van petrol en paraffien het gedaal, maar die prys van diesel het gestyg. Brent ru-olie het ook effens gestyg van $55.99 tot $56.59 per vaatjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.