Petrolprysskokke kom dalk voor Kersfees

Argieffoto

Verliese uit die wisselkoers sal waarskynlik verbruikers se sakke raak by vulstasies in November.

Dit is volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) se kommentaar op die ongeouditeerde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

“Die prys van petrol het met ongeveer 18c per liter in Oktober gedaal, en die prys van diesel het ʼn effense styging getoon van 5c,” het die AA gesê. “Die rand het egter met 22c teenoor die Amerikaanse dollar gedaal, en dit beteken dat alle brandstof in November duurder sal wees.”

Die AA verwag ʼn prysverhoging van 4c per liter vir petrol, maar ʼn stygeng van tot 26c vir diesel. Paraffien sal na verwagting met tot 18c styg.

“Brandstofpryse het nog nie die volle impak ervaar van die rand se verswakking ná die minister van finansies Malusi Gigaba se mediumtermynbegrotingsrede nie,” het die AA bygevoeg. “Ons verwag dat hierdie impak dadelik in volgende maand se petrolprysberekeninge bygewerk sal word en Suid-Afrikaners moet dus voorbereid wees op verdere petrolprysverhogings voor Kersfees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.