Petroltekort verhinder stemproses in Mpumalanga

Argieffoto

Argieffoto

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag gesê hy is besorg dat ʼn tekort aan brandstof in KwaMhlanga, Mpumalanga sommige van sy stemprosesse kan verhinder.

Minstens drie vulstasies was Woensdagoggend in KwaMhlanga droog weens ʼn voortslepende staking in die petroleumbedryf oor loonverhogings.

Miriam Mabena, adjunk- toesighoudende beampte van die OVK, het aan African News Agency gesê die brandstoftekort maak dit vir die kommissie moeilik om stembriewe van ʼn stempunt by Victory- veeldoelige sentrum te vervoer na die hoofkantoor van die Thembisile Hani- plaaslike munisipaliteit in Kwaggafontein, ongeveer 30 km daarvandaan.

“Dit is ʼn probleem vir ons, want ons moet die voertuie volmaak om die materiaal na die munisipaliteit te neem,” het sy gesê. “Die petroltekort verhinder ons. Ons is besorg, maar alles verloop tans vlot.”

Sommige inwoners met motors het eerder gekies om na ander gebiede te ry en eers brandstof te gaan soek en later te stem. “As ek nou gaan stem en in ʼn ry moet staan, gaan ek dalk later nie brandstof kry nie,” het ʼn inwoner, Nomvula Msiza, gesê. “Ek moet brandstof kry, want ek moet môre werk toe kan ry.”

Ongeveer 15 000 werkers van die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers Union (Ceppwawu) het verlede Donderdag begin staak nadat onderhandelinge vasgeval het. Dit het gevolg ná ʼn 7%-verhoging van die bedryf. Ceppwawu eis ʼn 9%-verhoging en ʼn eenjaar-ooreenkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

plaasjapie ·

Glo nie dis toevallig dat die petrol staking net so voor die verkiesing plaasgevind het nie.

Irene ·

Wonder wie sit agter die petrol
Dit lyk of hulle nue wil he die mense moet gaan stem nie

Johann ·

Presies….hoekom SO skielik so n strategiese bedryf wat staak? Om nie die irroniese val in brandstof pryse te noem nie? Die asnd voir die verkiesing? Desperate mags spel deur die ANC en sy ” netwerk”….ons moet wakker slaap.

Tiger ·

Irene jy vra nog?As mense nie genoeg brandstof het om tot by ‘n stem lokaal te kom nie stem hulle nie.Die anc ry mense aan stembusse toe.Baie mense het brandstof maar besluit om dit eerder te spaar as om 30km te ry en te gaan stem.Van my eie familie is ‘n geval.So verseker die anc dat hy sy meerderheid behou.Hoekom het die regering nie ingegryp met die staking wat op juis so kretieke tydstip plaasvind nie?Die antwoord is voor die hand liggend!’n Ander regering sou beslis ingegryp het.

Bessie ·

Dit sal die bleddie ANC leer om die toi toi en stakings te stop

Sputnik ·

Tiger, ‘n mens wat did petrol as ‘n verskoning gebruik om nie by die stembus uit te kom nie sou in elk geval een of ander verskoning uitgedink het as daar wel petrol was. Ons is mos almal al geruime tyd bewus van die probleem. Die meer slimmes het gesorg dat hulle petrol het.

Sputnik ·

Presies! Dan verg dit ook nie eers veel beplanning nie! Twee breinselle is genoeg.

plaasjapie ·

Darem bly om te sien hier n paar “slim” mense is wat kan beplan. Wat van die minder bevoorregtes mmm…
Zumpie ken sy mense. Hy weet baie van sy nasie sal nie die stembus haal as hulle nie op 99 kan petrol kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.