ʼn Petroltenkwa het Saterdag in die parkeergebied by ʼn vulstasie op die N3 in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, ontplof.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê nog ʼn vragmotor en ʼn bakkie, wat naby die tenkwa gestaan het, het ook aan die brand geslaan. Die brandweer het die brande onder beheer gebring en die omgewing is afgesper.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie en word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Mens sou graag wou weet wat die oorsaak was.
Was die tekwa vol?
Apartheid se skuld
Dis wanneer daar té veel tier in die tenk is. Die nuwe brandstof “Puma” beteken in Zoeloe “om uit te kom”. Daar was dus letterlik nie plek vir daardie tier in die tenk.