‘PetroSA-hoofde moet bonusse terugbetaal’

PetroSA

PetroSA

Die Demokratiese Alliansie het Sondag versoek dat die R17,3 miljoen wat in bonusse aan PetroSA se top uitvoerende direkteure uitbetaal is, dadelik terugbetaal moet word. Die DA is van mening dié “rampspoedige betaling” moet openbaar gemaak word en aan die parlement voorgehou word.

“Dit het Sondag aan die lig gekom dat die staatsbeheerde entiteit elf uitvoerende direkteure altesaam R17,3 miljoen in bonusse betaal het, alhoewel dié bonusse nie deur die raad van PetroSA goedgekeur is nie,” het Gordon Mackay, woordvoerder van die DA, gesê.

Die bonusse is uitbetaal gebaseer op ʼn regsmening wat bepaal dat “bekostigbaarheid nie ʼn geregverdigde rede is om bonusse te betaal nie”. “Dit is kommerwekkend dat die hoof van regsdiense, Mokgaetsi Sebothoma, wat ʼn massiewe R2,4 miljoen-betaling ontvang het, dié mening ingewin het.”

Die betaling van die bonusse kom in ʼn tyd waar die oliemaatskappy ʼn verlies van R14,5 miljard aangemeld het weens ʼn aantal rampspoedige projekte en nie verskeie sleutelteikens behaal het nie.

“In die lig van besparingsmaatreëls en die feit dat PetroSA se werknemers die afgelope twee jaar nie bonusse ontvang het nie, is dit uiters onregverdig vir die uitvoerende direkteure, van wie baie aan die stuur gestaan het van die mislukte projekte en nie teikens gehaal het nie, om miljoene rand in bonusse te ontvang,” het Mackay bygevoeg. “Ons kan nie ʼn kultuur by ʼn staatsinstansie bekostig waar swak besluite en ʼn gebrek aan aanspreeklikheid beloon word met astronomiese bonusse nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jan maak n plan ·

Ek sal eerder nie my asem ophou en wag dat hulle die geld yerug betaal nie. Sal nooit gebeur nie.

Sannie ·

Ek het n beter kans om swanger te raak as wat hulle dit gaan terug betaal!

Johan ·

Wat is nuut….Net in SA…….korrupsie is n siekte…… daar is geen pille vir dit nie….

Bonus must fall ·

Laat weet maar net die personeel, hul het rede vir n bonus must fall!

John ·

Die bestuurders van semi-staatsinstellings glo vas hulle is die eienaars van die ondernemings. Etiek, eerlikheid en verantwoordelikheid het uit die woordeboek verdwyn. Dit is hoekom Zuma president is. Hy verteenwoordig die gedagtegang van die meerderheid van sy onderdane… en dan wonder ons nog.

Jordaan ·

Die DA is almeer soos ‘n keffertjie wat deur almal ge-ignoreer word. Die ANC gebruik net hulle getalle oorwig en kaders wat ontplooi is en elke protes van die DA sterf ‘n stille dood

Simon ·

Iemand verstaan iets nie mooi heeltemal reg nie.
Baie van ons ken n 13e tjek, en terloops dit is n gevestigde praktyk in ten minste Nederland om n 13e tjek te ontvang.
Hier ter plaatse het die persepsie ontstaan dat as jy die heel jaar op jou possible was, dan is jy DAAROM, geregtig om n bonus te ontvang.
Daar is histories nooit melding gemaak dat dit prestasiegebonde is nie, met die gevolg dat dit as n REG beskou word om n bonus te ontvang (lees n 13e tjek te ontvang) ongeag prestasie.
Ek laat dit daarby, maak jou eie afleidings

Griki ·

Dan moes die ander werknemers ook hulle bonusse ontvang het en die senior personeel niks meer as ‘n 13de tjek nie. Hierdie is dieselfde situasie as Eskom wat sy senior personeel miljoene aan bonusse betaal het terwyl hulle die land gefaal en vrot presteer het.

PJ ·

Dit nie tyd geword dat ons moet weier om ons belastings te betaal nie ? Gordhan nie hoeka gese hulle moet vlg jaar belastings met miljarde verhoog nie ? Baie onregverdig dat ons ons swaar verdiende geld so moet betaal om sekere onbevoegde persone te bevoordeel

Cherokee ·

O, baie dankie vir die verduideliking, PJ. Het nooit geweet dat dit so maklik is om nie belasting te betaal nie. Ons weier net, sê jy. Vertel meer asseblief en gee aanwysings hoe om te werk te gaan ens.

Jan ·

Nou sê jy ‘n ding. Ek begin die gevoel kry dat ek meedoen aan korrupsie deur enigiets te betaal aan die entiteit wat sigself aan hierdie soort onding skuldig maak.

Hoe, PJ? ·

Hoe weier jy om belasting te betaal, PJ? Weier jy om BTW te betaal as jy kruideniersware koop? Hoe doen jy dit? Ek kry elke jaar ‘n reuse bedrag terug van SARS as ek my opgawe indien – hoe nou gemaak? As ek weier om my persoonlike belasting opgawe in te dien, gaan ek myself liederlik in die voet skiet. ‘n Verduideliking van jou stelling sal waardeer word.

Susan ·

Nee ek sal ook eerder nie vir daardie voorstel val nie. Want betaal sal jy betaal. en SARS se rent is nie goedkoop nie.

Frederik ·

Die kleure van PetroSA se logo dui daarop dat dit ‘n ANC onderneming is.

Johannes van Rooyen ·

Dit werk al 22jr so prestasie was nog nooit gekoppel aan bonusse nie jy kry dit en klaar dit moes ñ skok gewees het viri ANC hoop DA voer dit deur tot op alle vlakke

mosselbos ·

Verban ook sommer die sogenaamde “performance bonus ” wat net sekere witbroodjie staatsamptenare kry! Laat die personeel eerder n rang opskuif na n sekere aantal werksjare. Baie meer regverdig!! Unies take note asb

De Villiers ·

Dis presies wat met ESKOM ook gebeur het met nadat beurtkrag ‘n paar jaar gelede ingestel is. Miljoene in bonusse was aan die einde van daardie finansiële jaar aan die topbestuur uitbetaal. Almal het daartoe gekla, dit nadat ESKOM ook op ‘n massiewe verlies geëindig het. Dis nooit terugbetaal nie, en dit was ons belastinggeld. Hierdie soustrein ryers verstaan nie ekonomie nie. Hendrik Verwoerd het eenmaal op ‘n vraag wat sal gebeur as die swart meerderheid eendag Suid Afrika beheer, geantwoord dat ‘n klein groepe elite hulself gaan verryk terwyl die oorgrote meerderheid Suid Afrikaners gaan krippeer. Hierdie stelling het ditselfd gereeld herhaal na 1994, en gebeur nog steeds, soos in hierdie geval. Dis Afrika, en dis hoe kommunisme werk.

Sophia ·

Is dit hoekom die petrol nou net met 20c per liter daal en nie die verwagte 40c+ nie? Ons moet nou vir daai bonusse betaal??!! Gmph

Etienne ·

Hierdie praktyk vind ook in die privaatsektor plaas – direkteure wat inomste op finansiële state realiseer 36 maande vooruit om hulself rekord bonusse te betaal en nog ‘ n paar miljoen aandele aan hulself toe te ken op grond van die ” wonderlike resultate”.Werkers inteendeel kry geen of 2 % verhogings – glad nie inflasie gekoppel nie.Gaan kyk maar op die JSE – mpy in die meubelbedryf wat sy finansiële state ontrek het agv. die vooruitgerialiseerde foutjie.Terloops hul het per ongeluk ook werkloosheidsversekering aan pensionarisse verkoop… Dit is tipernd van wat ins ons land gebeur – geen etiek meer nie.

zoom zoom ·

Niemamd gaan hulle bonus terug betaal nie. DA bluff hulle self

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.