PetroSA onderteken ooreenkoms met Rusland

PetroSA

Die nasionale oliemaatskappy PetroSA het Maandag ʼn $400 miljoen-ooreenkoms met Rusland se staatsbeheerde Rosgeo aangegaan, wat in olie- en gasontwikkeling belê sal word.

Die ooreenkoms is in die teenwoordigheid van die ministers van energie onderteken tydens die negende jaarlikse Brics-beraad wat tans in Xiamen, Volksrepubliek China, gehou word.

Rosgeo se uitvoerende hoof Roman Panov, voorsitter van die Sentrale Energiefonds Luvo Makasi, en tussentydse voorsitter van PetroSA Nhlanhla Gumede, het die ooreenkoms onderteken.

Volgens PetroSA sluit die ooreenkoms die ontwikkeling in van die eksplorasiegebiede van blokke 9 en 11a naby die suidkus van Suid-Afrika en Rosgeo sal ʼn beduidende hoeveelheid geologiese verkenningswerk hier doen.

PetroSA beplan om vennote, wat tegnies bekwaam en finansieel sterk is, te bekom vir sy plaaslike olie- en gasbates aan die Suid-Afrikaanse kus deur ʼn gedeelte van sy aandeel in elk van die blokke in die Wes-Kaap te verkoop.

Die projek met Rosgeo sal na verwagting meer as 4 000 km² van 3D seismiese bedrywighede en meer as 13 000 km gravitasie-magnetiese eksplorasiewerk beslaan. Verkenningsputte sal ook geboor word.

PetroSA het gesê die projek sal na verwagting daagliks tot 4 miljoen kubieke meter van gas ontgin wat aan PetroSA se Gas-To-Liquids-aanleg in Mosselbaai gelewer sal word.

Panov het gesê Rosgeo sal van gevorderde tegnologie, insluitend 3D-eksplorasiewerke en moderne seismiese en boormasjiene, gebruik maak.

“Die getekende ooreenkoms het ten doel om bilaterale betrekkinge te ontwikkel en sal Rosgeo se teenwoordigheid in die Afrika-mark versterk,” het Panov bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Penellope Jones ·

Ons sal maar moet sien of die Russe werk gaan verskaf aan Suid-Afrikaners.

Bokkoms ·

Wonder maar net hoeveel van hierdie ou Randjies eers ‘n paar amptenare se sakke moes vol stop met hierdie transaksie.

Bokkoms ·

Wonder maar net so in my stilligheid hoeveel van hierdie ou Randjies eers ons “honourable” amptenary se sakke moes vol stop.

Steekvlieg ·

Daar is mense wat geleerd is maar kan niks in die praktyk tot uitvoering bring nie en dan is daar die Russe, geleerd het ondervinding en weet presies wat hulle wil he.
Beslis nie n goeie move om die ooreenkoms te teken nie, maar anyway sekere mense in die land dink if you cant beat them you join them.

jaco ·

waarom kan die olie nie uit Angola en Nigerië ingevoer word nie? dis tog baie goedkoper as uit die verre Rusland

piper ·

hier kom n ding. sasol het eksplorasie gedoen maar die regering het kort kort voorwaardes verander totdat sasol g vol geraak het en alles laat vaar het. nou spandeer sasol groot geld in die buite land want hul geen vertroue in die regering nie. so ook talle groot maatskapye.

Nico K ·

Ek verstaan nie hoekom hulle gas moet soek nie. Ons weet mos dit is daar. In die vroeg negentigs sou Mosgas dit ontwikkel het, maar dit is gestop in 1994. Ek dink dit was nie lonend genoeg nie. Die ou SA regering wou dit net doen om ons meer onafhanklik van buitelandse olie te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.