PetroSA-werknemer val na sy dood

PetroSA

PetroSA

ʼn Werknemer van PetroSA het Saterdag 10 meter ver in Mosselbaai na sy dood geval.

“Die 45-jarige man is dood nadat hy 10 meter ver by die gas-na-vloeistof-raffinadery geval het,” het Mapula Modipa, uitvoerende hoof van PetroSA, Sondag in ʼn verklaring gesê. Die man het tydens ʼn beplande instandhoudingsoperasie geval.

“Die werknemer se naasbestaandes is in kennis gestel van die tragiese voorval. PetroSA bied ondersteuning en berading aan die familie en die man se kollegas.”

PetroSA en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek die voorval. “Alle ander betrokke owerhede, insluitend die departement van arbeid en die inspekteur van myne, is in kennis gestel. Die ondersoek begin Maandag.”

Modipa het gesê hulle is baie hartseer en hul werknemers is getraumatiseer oor die tragiese verlies van ʼn kollega. “Ons sal ons volle samewerking gee tydens die ondersoek. By PetroSA is veiligheid van die hoogste belang en ons wil graag so vinnig as moontlik bepaal hoe die voorval gebeur het, om seker te maak dat so iets nie weer in die toekoms plaasvind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.