Petrus Scholtz se liggaam glo eers in vrieskas

Petrus Scholtz (Foto: Verskaf)

Christine Russouw (55) en haar twee kinders het Vrydag weer saam met Ronald Swartz (24) in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn in verband met die moord op Petrus Scholtz (70).

Die saak is uitgestel tot 14 Augustus wanneer die verdagtes na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.

Christine, haar dogter Chantal Russouw (34) en seun Wayne Russouw (31) is verlede maand in hegtenis geneem en aangekla vir die moord op Scholtz nadat ʼn verbyganger die oggend van 19 Julie op sy liggaam afgekom waar dit in die bosse langs ʼn pad in Fairview gelê het.

Sy hande en voete was met ʼn nylontou vasgebind en sy kop was met kleefplastiek bedek.

Swartz word deur Juducare verteenwoordig terwyl die Russouw-gesin deur Regshulp SA verteenwoordig word.

Maroela Media het vroeër berig Scholtz was ʼn elektrisiën en is op 17 Julie na Christine Russouw se huis ontbied vir herstelwerk. Hy is nie weer daarna gesien nie.

Daar word beweer dat Scoltz na die huis gelok is waar die gewelddadige moord plaasgevind het. Daar word ook verder beweer dat hy in ʼn vrieskas gegooi is voordat sy liggaam gestort is.

Die Russouw gesin staan ook tereg op ʼn klag van roof met verswarende omstandighede aangesien Scholtz se bakkie luidens die klagstaat met mag afgeneem is.

Christine en Chantell het met mekaar gesels in die hof en Wayne het gekla dat hy met korrektiewe dienste gesels het en hulle in kennis gestel het dat hy medikasie vir depressie nodig het. “Ek het al met hulle gepraat oor my depressie-medikasie, maar hulle het niks daaraan gedoen nie.”

Landdros Thuli Betela het vir die tweede keer opdrag gegee dat Wayne na die hospitaal geneem moet word.
Lees alle vorige berigte oor Petrus Scholtz op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zettie ·

So sal die drek mos maar op ons belastingbetalers se nekke lê in die tronk ook……ek kan my nie eens in dink waardeur die slagoffer als moes gegaan het nie. Ek hoop hy spook by hulle siende dat hulle klaarblyklik in ‘n “spookhuis” gebly het………

Guve ·

Nou ht hul medikasie nodig,wat van di arme man wat hul doodgemaak ht,waar was di medikasie toe?of was hul toe op n high van adrenalinrush,regtig????

Koos de Meyer. ·

Hoe laag het ons mense gedaal. Sulke gemors moet uit die samelewing verwyder word. Skuim van die aarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.