Petrus Sitho en kie stap teen plaasmoorde

Petrus Sitho, Tebogo Mosieleng, Sakhumzi Qave en Matthew Mananga wil bewusmaking rakende plaasaanvalle en-moorde skep. (Foto: Verskaf)

Altesaam vier mans van die Oos-Kaap is te voet op pad na Pretoria in Gauteng om pres. Cyril Ramaphosa oor plaasaanvalle en -moorde te spreek.

Petrus Sitho, Tebogo Mosieleng, Sakhumzi Qave en Matthew Mananga het verlede Dinsdag te voet vanuit Oos-Londen na Pretoria vertrek en beoog om die Jakarandastad vroeg volgende maand te bereik.

Sitho het vandeesweek aan Maroela Media gesê hy het genoeg van Ramaphosa se stilswye gehad.

“Die president behoort so gereeld oor plaasaanvalle en -moorde te praat soos hy oor die koronavirus praat.”

Die mans val die afgelope tien dae soggens omstreeks 04:00 in die pad en lê gemiddeld sowat 50 km per dag te voet af. Hulle maak intussen op weldoeners staat vir oornagverblyf en ander benodigdhede.

Ja, daar was sommige oggende wat hulle met leë mae en seer voete hul tog moes hervat, maar hulle het nog nie een aand nie ’n heenkome gehad nie.

“Dit is nie maklik nie, maar ek kan nie kla nie. Ek moet iets doen. Ek moet ’n verskil maak.”

Sitho is sedert 2018 ’n uitgesproke aktivis teen plaasmoorde en -aanvalle en is verlede jaar by sy werk afgedank omdat hy die boeregemeenskap van Senekal in die Vrystaat ná die moord op Brendin Horner ondersteun het.

Dit was ook nie die eerste keer dat Sitho teenkanting vir sy bewusmaking oor plaasaanvalle en -plaasmoorde ontvang nie. Hy vertel dat hy in 2018 deur boosdoeners aangerand is toe hy destyds drie dae lank by die Uniegebou in Pretoria uitgekamp het om ook ’n memorandum aan Ramaphosa te oorhandig.

Die mans lê gemiddeld sowat 50 km per dag te voet af. (Foto: Verskaf)

Dit lyk egter of niks Sitho kan stilmaak nie.

Mosieleng, Qave en Mananga het deur die jare op sosiale media van hom te hore gekom en besluit om saam met hom sy tog na Pretoria aan te pak as deel van bewusmaking rakende plaasaanvalle en-moorde.

“Hierdie mense weet ook dat die kos wat hulle eet van boere af kom,” vertel hy.

Die mans sal na verwagting meer as 1 000 km te voet afgelê het wanneer hulle teen 5 Mei die Uniegebou in Pretoria bereik.

Volgens Sitho stuur Suid-Afrika af op ’n voedseltekort soos Zimbabwe, nadat duisende wit boere in die vroeë 2000’s van hulle plase afgedryf is, indien Ramaphosa nie daadwerklik aandag begin gee aan die aanvalle en moorde op Suid-Afrikaanse boere nie.

“Mense moet sien dat ons boere doodgemaak word en die president moet veiligheid op plase opskerp en die polisie inspan om die land se boere te beskerm.

Die mans lê gemiddeld sowat 50 km per dag te voet af. (Foto: Verskaf)

“Wit, swart, bruin, Indiër of Khoisan. Dit is my boere. Hulle sorg vir die kos op ons borde,” sê ’n driftige Sitho.

Luidens die burgerregteorganisasie AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde is 382 plaasaanvalle verlede jaar in Suid-Afrika aangemeld waarvan 63 plaasmoorde was. Altesaam 511 plaasaanvalle en 45 plaasmoorde is die jaar vantevore aangemeld.

Maroela Media het vroeër berig die meeste plaasmoorde wat verlede jaar gepleeg is, het in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Vrystaat plaasgevind. Baie van dié aanvalle was uiters wreedaardig.

Die mans was teen Vrydag in die omgewing in Welkom in die Vrystaat. Hulle sal teen Sondag in Potchefstroom in Noordwes wees waar hulle vir die dag sal rus en hul klere sal was voordat hulle weer in die pad val.

Sitho het ’n beroep op weldoeners gedoen om hulle by te staan met enigiets van akkommodasie tot skoene.

Kontak Lynette Strydom by 084 211 7646 of Zettie Potgieter by 079 759 0410 rakende oornagverblyf vir die mans. Vir meer inligting rakende ander benodighede vir die pad, stuur ’n e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JM ·

Gaan Ramaphosa hierdie drie manne ook ignoreer? Die feit dat hy nie standpunt inneem teen plaasmoorde nie, impliseer dat hy dit goedkeur.

Harry ·

Knap gedaan julle. Dis die tipe gedrag wat verhoudings verbeter. Ek bid saam met julle.

jzjz05 ·

Ek lig my hoed vir die SUPER manne,dankie dat julle skoene deur loop vir die saak van die landbouers. Ek hoop julle word beloon op die einde van julle tog.

Ilze ·

Well done julle 4 manne! Ek bid vir wonderlike uitkoms. En dat julle n voorbeeld en inspirasie vir baie sal wees.

Jaco ·

Dis ‘n baie mooi edel poging van hulle. Net jammer dat ramaphosa en die ANC nie met hulle sal praat nie. Hulle sal eerder uitgekryt word as lakeie van die wit mense en “stooges of apartheid”. Ek praat uit ondervinding: op ‘n stadium het ek saam gewerk met ‘n swart man wat sterk ANC was. Hy het die alleraakligste lelikste name gebruik vir swart mense wat nié ANC gesind was nie. Name wat, as wit mense dit sou gebruik, tot lewenslange tronkstraf sou lei.

Pieter ·

Ou kriek moet by hulle gaan leer hoe word dit gedoen. Praat gaan niks help met die ANC terroriste nie

Dries ·

Ons moet regtig bid vir hierdie 3 mense. Ek glo hulle het baie ondersteuning. Ek ken vir Petrus. Sy hart is op die regte plek

Boeing ·

Ek se nog altyd: Die politici stook rassisme op. Ons gewone Suid Afrikaners kom goed oor die weg. Kudo’s vir die manne.

Stephen ·

Komaan blanke Suid Afrikaners. Mens sou verwag dat julle hierdie mans meer sou ondersteun. IP daarvan hoor ons net altyd die gekerm omdat niemand iets doen nie!
Ek salueer hierdie manne

Mariana ·

Sterkte vir die manne. Hoop hulle poging is nie verniet nie. Wees veilig op julle pad.

Charmain ·

Publuseer die roete dan kan ons ondersteun langs die pad! Help asb met slaapplek, kos, water soos hulle vorder op die pad…as ek vroeër geweet het kon ons gehelp het maar nou is hulle al verby ons dorp….

Misky ·

Ek dink dit sou wonderlik wees, maar ongelukkig dink ek vir veiligheids redes kan dit nie gedoen word nie. Daar is baie wat hulle wil stuit in hul taak en nie sal skroom om van kant te maak nie. En daai mense is werkloos en baie tyd om sulke inligting om te soek en deur te voer.

Lynette ·

Daar het jy dit. Vier manne, nee MANNE, staan op en begin iets doen. Ek bid vir julle vir veiligheid en beskerming en God se seën toe. Julle loop nie net vir wit boere nie. Julle loop vir elkeen wat eet in ons land. Julle loop ook vir Elke werker wat op n plaas of kleinhoewe werk. Ook van hulle loop deur in plaasaanvalle. Mag julle nou n onkeerbare vuur in ons land aansteek, sodat ons n slag Al ons ego’s en agendas in ons Sakke Kan steek en begin on mekaar te help. Masakhane!

Yvonne ·

Here ons bid U seen toe aan die manne wat bereid is om hulle lewens te waag vir n teer saak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.