Peuter (2) verdrink by huis aan Oos-Rand

Argieffoto

ʼn Tweejarige kind het Maandag by ʼn woonhuis in Kempton Park, oos van Johannesburg, verdrink.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die dogtertjie se voog het die nooddienste glo Maandag omstreeks 16:30 gebel nadat sy haar oomblikke vroeër in die water sien dryf het.

Volgens Meiring het die nooddienste die gesin, wat op pad was om die peuter na die hospitaal te haas, op die hoek van Monumentlaan, ʼn kort afstand van die hospitaal, ontmoet om dringende mediese behandeling toe te pas.

“Die dogtertjie het geen tekens van lewe getoon nadat paramedici haar ondersoek het nie,” sê Meiring.

Hy sê paramedici het kardiopulmonêre resussitasie toegepas en die dogtertjie met lewensondersteunende middels behandel voordat sy na die hospitaal geneem is.

“Die kind het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar,” sê hy.

Meiring sê plaaslike polisieowerhede het ʼn ondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pop ·

Al hoe meer sien ons kinders verdrink. Mense neem julle kinders vir swemlesse. Kan al gaan as hulle 8 mde oud is. As jy swembad kan he kan jy bekostig om swemlesse te kry. En hoekom is swembaddens deesdae nie meer toe gespan nie? Hierdie is kosbare kinders. Wees versigtig en veilig.

Linda ·

Ek stem saam Pop. My sussie se kleindogtertjie is twee en ‘n half jaar en sy swem al soos ‘n vissie. Maar nog steeds hou hulle die swembad toegespan bedags en die kinders swem net as ten minste een van die ouers by hulle is.

Anoniem ·

My innige meegevoel en simpatie met Julle verlies, mag Jesus Julle vertroos !! Vertrou net op Hom om Julle te help om deur dié tyd te kom ♥

Anoniem ·

Pappa en Mamma pas asb Jou kind langs die swembad op ! Sekondes dan is hy of sy onder die water ! Asb asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.