Die Wes-Kaapse polisie soek al byna 11 maande lank na ’n vermiste peuter van Somerset-Wes.
Klein Ivakele Imvano Yeko – nou 15 maande oud – is op 5 Desember 2022 omstreeks 13:00 vir die laaste keer gesien voordat ’n onbekende vrou met hom verdwyn het.
Die Wes-Kaapse polisie het nou ’n beloning van R30 000 aangebied vir inligting wat kan lei tot klein Ivakele se veilige tuiskoms.
Voorlopige inligting dui daarop dat die peuter dalk in KwaZulu-Natal is.
Ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, sê Ivakele se oppasser het hom en sy vyfjarige sussie die betrokke dag in Desember by die Sassa-kantoor oorkant Ultra Liquor in Somerset-Wes aan ’n onbekende vrou oorhandig.
Die vrou het glo met die oppasser bevriend geraak en aangebied om vir hulle kos te koop.
Die vrou is op die dag vort met die kinders, maar sy het later Ivakele se sussie in Nomzamo agtergelaat en met die seuntjie verdwyn.
Die vyfjarige dogtertjie het alleen huis toe gestap nadat sy naby haar huis afgelaai is. Sy is later na ’n dokter geneem vir ’n mediese ondersoek en daar is bevind dat sy blakend gesond is.
Daar was egter geen teken van haar bababoetie nie.
Klein Ivakele het ten tyde van sy verdwyning ’n rooi T-hempie en ’n doek aangehad.
’n Saak is kort ná sy verdwyning by die polisie in Somerset-Wes aanhangig gemaak en dit is intussen na die polisie in Khayelitsha se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe oorgeplaas.
“Voorlopige inligting dui daarop dat die kind moontlik in die omgewing van Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal, gesien is,” sê Swartbooi.
Mense met inligting rakende Ivakele se verdwyning word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Asanda Hlana, by 082 301 8553 óf lt.kol. Denver Kamalie by 082 334 8370 te bel.
Bietjie Baie laat! Liefen hoven. N Jaar later. Nee swak swak swak! Ai ek dink aan daardie gesin en familie! Sjoe ek kan my nie in julle skoene plaas nie. Ek kan et vir julle bid!
Daar kan nie net belonings aangebied word deur die SAPS nie, kan jy dink die trend wat sal volg? ontvoer, jou pel gee “inligting” en daar stap jy weg elke 2 weke met R30 000 in die sak.
Swak swak ja as n gemeenskap geld moet gegee word vir n vermiste kind…vir enige inligting for that matter. Sê nie veel van mense se integriteit en morele kompas
Arme gesin se jy, die MA het die baba aan n VREEMDE vrou oirhandig om na te kyk by die Sassa kantoor. Is die ma al vervolg???? Nee sy is nie sy was nalatig gewees.!
Perdeby….n oppasser, nie die ma.