Peuter brand dood in plakkershut

Argieffoto

’n Tweejarige dogtertjie is dood nadat ’n brand Maandagaand by ’n informele nedersetting in Bonela in KwaZulu-Natal uitgebreek het. Twee seuntjies, onderskeidelik ses en sewe jaar oud, het ook ernstige brandwonde in die voorval opgedoen.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is gisteraad na die Blinkbonnieweg- informele nedersetting ontbied waar drie kinders uit ’n brandende plakkershut gebring is.

Die dogtertjie is op die toneel dood verklaar terwyl die seuntjies op die toneel behandel is voordat hulle na ’n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die brand sal deur die toepaslike owerhede ondersoek word, het Herbst gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wilma ·

En wat van die ouers? is hierdie ook ‘n geval waar die kinders alleen gelaat is?

???? leser ·

mag daar ook ‘n saak van moord teenoor die ouers ge-open word

Nettie ·

Nou sal dit weer ‘n geweeklaag (vanweë die verlies aan “SASSA-pay”) wees terwyl die OUERS aanspreeklik gehou moet word vir die kind se dood en ander twee kinders se beserings (waarvoor die belastingbetaler nou weer moet uitvurk t.o.v. hospitaal- en rehabilitasie-onkoste). Daar word ook net mooi nooit geleer nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.