Peuter by vulstasie ontvoer

Tesny Defar. Foto: Verskaf

Die Oos-Randse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na vier gewapende mans wat ʼn tweejarige kind by ’n vulstasie ontvoer het.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Sondagaand in die Dunnottar-omgewing plaasgevind.

“ʼn 42-jarige sakeman van Etiopië is die aand deur vier verdagtes by sy vulstasie in dié gebied met vuurwapens aangehou en beroof. Die sakeman se tweejarige kind, Tesny Defar, is ná die rooftog ontvoer,” het Tshilate gesê.

Die verdagtes het in ʼn silwer Toyota Corolla met die kind, ʼn bedrag kontant en vier selfone op die vlug geslaan.

Die Dunnottar-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en kinderontvoering.

Genl.maj. Girly Mumsy Mbele, bevelvoerder van die Ekurhuleni-Oos-polisiëringsgebied, het enigiemand wat weet waar die kind of die verdagtes is, versoek om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld, op Crime Stop by 08600 10111 te bel.

Die verdagtes se voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Z ·

Wat het geword van die saak van vroeër die jaar waar ‘n ma haar eie baba “ontvoer” het? Sy is toe by n tol-plaza uitgevang…

Kannaland ·

Niks, soos wat daar van alle misdadigers deesdae kom. Dis tyd dat alle misdadigers aan die pen moet ry!

Hettie ·

Hoop kind veilig terug na sy ouers! Sterkte aan sy ouers en bly positief!

Leahim ·

Ek gaan dit weer se die land se strafregstelsel moet hersien word kriminele is nie meer bang en misdaad word gepleeg in suid afrika wat hulle nooit in ander lande soos Botswana en die midde ooste sou waag nie .

Karma ·

@Susan, dit is seker moontlik – 4 selfone op een person ….. Ek het self 2 selfone: een stokou Nokia en ‘n nuwe(r) een. Dalk was daar ander mense se selfone in die motor. Kom, laat ons nou nie van die berig afwyk nie. Kom ek waarborg julle, mense, dié ou wat beroof en wie se kind ontvoer is (kom ons neem aan dit is sy kind) – is iemand wat dwelms smokkel of iets met die “underworld” te doen het en dit was “payback time” vir hom.

Anton ·

Dis mos gewoonlik wat mens die assuransie wil laat glo…. Is dit nie? :-) – Baie sterkte aan die ouers. Sommige van my medewerkers sit met 2 tot 3 selfone by hul tafels. Ek vra altyd, maar kry nie n reguit antwoord nie. So mens kan maar net n aanname maak.

Asjas ·

1 x Persoonlike foon
1 x Werksfoon
1 x Back-up ingeval bg gesteel word
1 x Cheapie wat ek vir hulle gee as hulle bg wil steel
= 4 Fone, 1 Persoon

wilnie ·

Ek wil myself nie in so situasie bevind nie. Waar begin mens soek? Sterkte vir die ouers en veral die kind wat deur die emosionele trauma moet gaan. Hoop hy word gou en ongedeurd opgespor.

Lee ·

Kriminele regeer ons land en ons useless regering doen niks daaraan nie. Kry ‘n polisie hoof wat iets tussen die ore het dat ons misdaad daal. Sterkte aan die ouers ek hoop regtig hulle kry die arme kind vining.

alida ·

Die rukkie wat Bheki Cele polisiehoof was tydens die sokkerwereldbeker was daar nie ‘n dag se misdaad in die land nie. Wat het hy so erg gesondig dat hy nie weer aangestel kan word nie. Hierdie nar van ‘n Fikile dink die pos wat hy beklee is ‘n grap. Wat het geword van sy bedrog toe hy minister van sport was? Om hoof van sport te wees en dan polisiehoof is ‘n reuse verskil. Hy het nie eers ondervinding nie.

Kannaland ·

Die hele ANC en almal wat hulle en misdadigers verdra is grappe, aflagbaar, en verdien dit nie om oor my te regeer nie.

Ron ·

Hoekom die kind ontvoer om wat te maak ????
Moet my nie eers antwoord nie want ek wil dit nie hoor nie
Al wat ek kan vra is dat GOD vandag sal ingryp in hierdie ontvoering en haar te red uit hulle hande! IN JESUS NAAM

L ·

Ek weet darem nie –
Etiopiër – uitlander – dalk weer ‘n skelmstreek.
Hoop maar EK is verkeerd !!

NieEkNie ·

‘SOU’ die eienaar nié in ondergrondse aktiwiteite (dwelms) betrokke wees nie, is die enigste ander rede hoekom hulle die kind sou vat, om ekstra geld uit hom te maak. Vulstasies maak ‘n ‘klein bedraggie’ elke dag, so hulle kan eis dat ‘n bedrag per dag iewers betaal moet word om die kind terug te kry.

Om ‘n skelm uit te oorlê, moet jy probeer dink soos een, en dis miskien iets wat hulle in gedagte het.

lea ·

Stem saam Asjas… In vandag se barbaarse tye MOET jy sommer baie backup fone he..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.