Peuter dood by huis aangetref

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Peuter het Saterdag in ʼn swembad by ʼn huis in Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 by ʼn huis in Tambotieweg in Arboretum plaasgevind.

“Volgens inligting wat op die toneel verkry is, het ʼn familielid op die kind wat in die swembad gedryf het afgekom,” het Herbst gesê. Volgens Herbst is die kind na bewering 18 maande oud.

“Die familielid het die kind bewusteloos aangetref en paramedici ontbied. Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die kind se lewe te red, maar dit was tevergeefs.”

Die kind is op die toneel dood verklaar.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Muffin ·

Baie slegte nuus. Waar is die dae dat alle swembaddens omhein en gesluit moes wees. Geen swembad mag gevul gewees het alvorens die Munisipaliteit nie goedkeuring gegee het nie.

Poppie ·

Haan. Ek besef nou eers toe rk 4 jaar oud was, was dit presies dieselfde wat ek gedoen het. Tot n tannie my aan my hare uit die swembad getrek het. Geen geskree. Ek was ook vertikaal. En dit voel heel anders as wat iemand jou mond en neus toedruk. Jou brein staan stil… jy is ook nie so benoud nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.