Peuter ernstig beseer in ongeluk

Die motor waarin agt kinders gereis het. (Foto: ER24)

ʼn Peuter is ernstig beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor Dinsdagoggend teen mekaar vasgery het.

Sewe ander kinders van 13 jaar en jonger, asook die bestuurder van die motor, is ook in die ongeluk beseer.

Die ongeluk het op die R104 in Nelspruit se sakesentrum plaasgevind en die kinders was almal in die motor gepak.

“Met nooddienste se aankoms op die toneel het die kinders langs die motor op die sypaadjie gesit,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, Dinsdag gesê.

“Die 18 maande oue seuntjie is ernstig beseer en is met gevorderde lewensreddende toerusting behandel, voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die res van die kinders en die bestuurder van die motor is almal lig beseer en is ook op die toneel behandel.

Meiring sê dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

Poging tot moord deur die drywer van die voertuig. Kinders hoort in karstoeltjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.