Peuter in plastieksak gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn peuter van 19 maande Dinsdagaand in ʼn plastieksak in Kensington, Johannesburg, gevind is.

Ao. Richard Munyai, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veiligheidswag het gesien hoe ʼn motor iets in ʼn oop veld langs die pad gooi en wegjaag. Hy het nader gestap om ondersoek in te stel en ʼn toegeknoopte plastieksak gesien met iets wat binne-in beweeg.

“Hy het die polisie ontbied, wat die dogtertjie in die sak gevind het,” het Munyai gesê. Die dogtertjie is dadelik na ʼn hospitaal geneem vir ʼn mediese ondersoek. “Sy was gelukkig nie beseer nie, net baie honger,” het hy gesê.

Die dogtertjie is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem.

“ʼn Saak van kinderverwaarlosing word ondersoek, asook ʼn saak van poging tot moord, aangesien die kind sou versmoor het as die veiligheidswag haar nie gesien het nie,” het Munyai gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Uys ·

Diere beskerm hul kleintjies, instink dryf hul daar toe. Mense met verstand n genadeloos en wreed.
Maak nie saak wat jy dink nie.
Noem MY maar eerder n dier.

Leeutjie ·

Uys, ek het lus en bars in trane uit! Uit kar uitgegooi! Ek kan dit nie glo nie! Wat nog?

alida ·

Ek sal graag wil weet wat Maroela Media teen die woord “barbaars en/of barbare het. Telkens gebruik ek die woord in my kommetaar maar dit word nooit geplaas nie. Hoekom? Dit is nie rassisties nie. Enige mens watter kleur ookal kan soos ‘n barbaar optree.

Sune van Heerden ·

Dagsê Alida,

Dankie vir jou navraag. Om te sê iets is barbaarse optrede is anders as om iemand ‘n barbaar te noem – dit is die fyn verskil waarna ons let wanneer ‘n kommentaar vir goedkeuring oorweeg word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Susan ·

Alida, stem saam met jou. het dit ook al ondervind.
Dit bly ‘n barbaarse optrede. Arme kind.

Theodeen ·

Eerstens baie dankie vir daai wag wat so oplettend was en daai klein mensie gered het en tweedens hoop ek dat daai ma en pa van daai klein mensie die swaarste dood eendag sal sterf soos hulle wou he daai klein weerlose en onskuldige mensie moes sterf. Hoe genadeloos moet jy net nie wees om jou eie kind so weg te gooi nie. Dit walg my om te sien hoe wreed die mensdom is. Van ons kan nie kinders kry nie, gee eerder daai kindjie vir iemand wat haar met baie liefde kan omring en groot maak as om haar vir dood te laat.

Sue ·

Ek moet nie so iemand sien dit doen nie. Dit definitief vuilgoed, mense met geen gewete nie. My kleindogter is nou 1 jaar en ek jan nie dink dat geen mens met n hart ao iets kan doen nie. Hulle is dan op hulle oulikste op daai ouderdom. skokkend skokkend vir die “ma” as jy haar so kan noem. Seker onder drugs.

Hettie ·

Arme dogtertjie! Bly sy is veilig. Dankie veiligheidswag betyd gesien het! Bravo veiligheidswag!

Realis ·

Ma van die kind. Ek gee nie ‘n duit om wat jou ras is nie. Maak nie saak nie. Om jou kind weg te gooi is die laakbaarste ding wat bestaan. ‘n Hond gooi nie eers sy kind weg nie. As hulle jou vang gaan jou verskoning jou moontlik laat wegkom met ‘n vermaning om dit nie weer te doen nie. Wees egter verseker dat jou finale oordeel nie ‘n partytjie gaan wees nie.

Martie ·

Sê nou dit was nie die kind se ouers of familielede nie. Wat as die kind dalk ontvoer is en die water te warm vir die ontvoerders geraak het? Of iemand wou die ouers skade aandoen. Ek sal graag die hele storie wou hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.