Peuter in wildtuin deur luiperd doodgebyt

Argieffoto: Pixabay

ʼn Werknemer van die Krugerwildtuin se kind is deur ʼn luiperd doodgebyt.

Volgens Ike Phaahla is die twee en ʼn half jaar oue seuntjie Woensdagaand by die woonkwartiere vir die personeel van Malelane se tegniese dienste deur die luiperd aangeval.

“Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind en die seuntjie is deur dokters by die Shongwe-hospitaal dood verklaar nadat familie met hom daarheen gejaag het.”

Na die voorval het die afdelingsveldwagter en ander personeel onmiddellik ʼn soektog na die luiperd begin. “Die luiperd is opgespoor en doodgeskiet sodat daar nie die gevaar is dat nog iemand aangeval kan word nie.”

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het sy meegevoel met die familie van die seuntjie betuig. “Ons gebede is met die familie in hierdie tyd en ons wens hulle sterkte toe. Ons sal van ons kant af vir hulle die nodige ondersteuning gee. Dit is nooit maklik om ʼn geliefde te verloor nie en veral nie onder sulke tragiese omstandighede nie, maar dit is die risiko waarmee ons daagliks te doen het terwyl ons help om ons spesies te bewaar tot voordeel van almal.”

Die wildtuin het intussen ʼn afvaardiging na die familie gestuur om hulle by te staan. Die naam van die oorledene is nie bekend gemaak nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Phaahla het gesê in die parke soos die wildtuin is daar interaksie tussen roofdiere en personeel en toeriste en dit kan soms tot gevolg hê dat spesies soos luiperds aan mense gewoond raak en hul vrees verloor.

Die verandering in natuurlike gedrag kan dan lei tot ongelukkige voorvalle soos hierdie, aldus Phaahla. Dit is ongelukkig ʼn risiko wat personeel in die gesig staar wanneer hulle in omgewings soos die wildtuin moet woon en werk. Hierdie gebeurtenisse is baie skaars, maar altyd tragies wanneer dit voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Marietjie ·

Waarom die dier vankant maak. Die wildtuin is immers sy habitat!

Martie ·

Ek reken hulle moes hom skiet omdat hy dalk weer so iets kon doen, dit is maar soos honde as hulle eenkeer gebyt het is die kanse goed dat hy dit weer gaan doen.

Laat mens wonder hoekom dit nie met moordenaars ook gedoen word nie… seker is dit ‘n storie vir ‘n ander dag.

Mici ·

Dit is in sy natuur om te jag, dis n roof dier! Dis nie regverdig om hom van kant te maak nie. Hy het nie na hulle gegaan , hulle het in sy omgewing ingegaan.
Ek voel jammer vir die famielie , maar ek voel ook daar is verkeerde stappe gevolg teen die luiperd

Cherokee ·

Hulle het (dalk/seker) net gaan soek en die eerste luiperd wat hulle gesien het, geskiet. Miskien was dit nie eens dieselfde luiperd nie.

Bertie ·

Roofdiere word buite oornagkampe en personeelkeartiere gehou maar dis noe die twerde geval waarvan ek lees. Jare terug het daar ook ‘n luiperd ingekom en mense wat gebraai het, dopgehou vanaf ‘n klein dakkie. Hy wou skynbaar mens vang.

Menselewens is noodwendig meer werd as enige dier s’n. Die kat was skynbaar nie waar hy moes wees nie. Mense wat nou kla omdat die luiperd geskiet is, wat daarvan as dit jou kind of kleinkind was wat doodgebyt was – as dit my kind was, het ek my 30-06 gaan uithaal en begin kat jag.

Mv ·

Dankie Bertie dis presies wat ek wou se, dis n arme onskuldige kind wat sy lewe verloor het, ek sou die deuntjie waou sien wat die mense sing as dit hulle kind/klein kind was! Dies tragies. Mag God by die familie wees in hierdie tyd en hulle troos.

Blommie ·

Ai dis baie tragies sterkte aan die familie en vriende. Kan nie dink hulle kampe word nie behoorlik veilig gemaak waar personeel bly nie.
En hoe weet hulle dat hulle die regte luiperd geskiet het, n wilde dier sal altyd wild bly.
Maak die arme mense se wonings veilig en hou op se sulke goed gebeur in sulke omgewings.

jaco ·

Niks word mos meer in stand gehou nie. Die heining is mos daar, so why care about maintenance. Dis mos maar hoe dit gaan in SA. Ek sidder vir die dag as gebrek aan instandhouding lei tot ‘n ontploffing of nuclear meltdown by koeberg kernkragstasie. Veel meer as net 1 peuter sal dan sterf.

Lee ·

Dis ‘n wilde dier. Hoe het hy by die kamp ingekom. Daar is so min luiperds en nou skiet hulle hom dood. Hulle word gebore met die jag instink. Dis nie reg nie. Baie sterkte aan die familie maar was dit regtig nodig????

Bosveld ·

Hier in die noord wes bosveld is baie luiperds wat op die wildsplase dood gemaak word omdat hulle die bokkies vang. Hulle kan hier kom haal en rehabiliteer in KNP.

Nikki ·

Baie hartseer. Wat my alhoewel verstom is dat daar onmiddelik opgetree word,maar sou dit nou n mens moes wees sou hy nou maar net tronk toe moes gaan en n lang uitgerekte verhoor sou plaasvind. Die dier wat in sy eie habitat is, net doen wat hy goed ken om te doen en dis om sy prooi te jag, word dood geskiet die oomblik toe hy die kleintjie dood byt. Is die Kruger Wildtuin dan nie eintlik om WILDE diere te beskerm nie? Ek wonder maar net. En hoekom die dier dood skiet? Baie onregverdig dit gaan tog nie die kleuter terug bring nie en ek is seker hy is nie die enigste roofdier in die wildtuin wat so iets kan veroorsaak nie.

Deloris ·

Hoekom was die personnel se Kamp nie veilig genoeg nie… En hoekom woon die kind ook daar…..

Pim ·

Nou waar moet die kind bly? Jou kinders bly seker by jou!

Die kampe moet mos veilig wees. Die luiperd sou dalk ‘n volwassene ook aangeval het en dis hoekom hulle hom geskiet het.

Liekie ·

Vreemd dat die luiperd teen 8nm hom so naby/in die woonkwartiere bevind ??
Ek kan nie dink dat luiperde ooit só mak sal word nie.
Ek weet ongelukke gebeur – maar hierdie is byna ongelooflik om te glo/verstaan.
Plaas het die dier liewers ‘n PAAR stropers bygekom !!!

Dries ·

@ Deloris en Lee. Die dag wanneer julle iets uitvind om sulke roofdiere uit te hou uit enige plek in die natuur , moet julle dit dadelik patenteer. Baie tragiese voorval waaroor mens nie beheer oor het nie.Innige simatie aan familie.

Bertie ·

Kolkat vang af en toe ‘n fris boerboel by my vriend se agterdeur in Bainskoof.

Sandra ·

Naasbestaandes nog nie in kennis gestel nie, Hoe nou? Ai dit is so jmr dat onskuldige kindjie nou moes sterf, my graag, wat het die kind buite die Kamp gemaak, en dit sonder toesig?

Elize Nicholas ·

Blykbaar (volgens nuus) het die ma en kind by die pa kom kuier. Die luiperd het in n boom geklim en in die kamp gekom. Dit is n moeilike besluit om dier te skiet, maar as hy een keer so maklik kon jag, sal hy dit beslis weer doen. My hart breek vir ouers en vir die luiperd wat geskiet moes word.

Michelle ·

Ag dis verskriklik.
Baie jammer vir die ouers.
Die veldwagters en hul familie sal beter beskerm moet word in die toekoms.
Dis ongehoord dat so iets gebeur het.
Sterkte.

Onnie ·

Ek weet dit klink onregverdig dat die luiperd doodgemaak is, maar as dit my 2 jarige was sou ek hom seker met my kaal hande vermoor het… Dit moet vreeslik wees om n kind so jonk op so n wrede manier aan die dood af te staan.

Jan Botha ·

‘n Mens besef nou die die Wildtuin se kampe nie veilig is nie. Ons sal nooit weer soontoe gaan nie. Veral nie met klein kindertjies nie.

Recha ·

Neem kennis dat publieke kampe en “staff villages” nie die selfde is nie.
Alle publiek kampe is ge elektrifiseer!
Nie al die “staff villages” is nie. Hierdie insident het in “staff village” gebeur
Ek het in Skukuza gewerk en gebly.
Ek het een aand n luiperd voor my agter deur gekry en moes n uur en n half wag in my voertuig vir hom om aan te beweeg.
Huise in Skukuza het slegs n ogies draad heining (soos ou huise in Klein dorpies).
Dit is maar die risiko wat daar is as jy in sulke plekke bly en werk. In tyd wat ek daar gebly het het n luiperd ook een oggend n personeel lid aangeval wat gaan draf het. Sulke insidente gebeur Baie meer gereeld as wat publiek van bewus is.

Cherokee ·

Jan Botha, sal jy van Johannesburg af Pretoria toe ry met klein kindertjies by jou? Of van Klerksdorp na Kimberley? Of waar ook al op die pad? As jy dink dat dìt veiliger is as ‘n wildtuin, moet jy weer dink.

Raymond ·

Recha jy is 100% reg. Weet wat my irriteer is dat so baie uitlatings gemaak word, maar bitter min feitlik is. ‘n Luiperd is op ons groot 5 omrede hy so gevaarlik is, vir ‘n kleiner kat beteken dat hy skills het en 1 van sy skills is dat jy hom nie kan inhok of uit hou nie. Gaan maar na Maholoholo toe daar by Hoedspruit, uitstekend en baie waardevolle inligting wat hulle jou sal verskaf oor ons wild lewe.

Chanelle ·

Hoekom het die luiperd toegang tot die kind? Daai kind se dood is die ouers se nalatigheid. Hul sal dan almal moet doodskiet wat geen luiperd gaan op jou skoot kom spring laat jy sy kop krap nie. Diere word uitgeroei omdat hul optree in hul habitat. Dis pateties ????

Ja-Nee ·

Ja-nee Chanelle, asof die ouers nie net met die dood van die kind moet verwerk nie, maar jou OORDEEL ook. Wat se mens se so iets! En jy het nie eers al die feite nie?

Simone ·

My innige mee gevoel aan die familie vir die verlies van hulle kind. Ek voel net in daardie ure moet jong kinders nie buite alleen wees nie en dat hierdie saak opgelos kon word deur die kamp te beveilig nie die dier dood te maak nie. In die berig se hulle dat hulle die spesies wil bewaar maar hier is hulle deel van die gevaar teen die spesie.

Tragies ·

Ag nee man! Dit is nie reg nie. Baie hartseer vir die arme luiperd, dit is dan waar hy moet lewe of liewer probeer oorleef. Wat die res betref, dit is nie dat hulle daar MOET woon en werk nie. Dit is hulle keuse. Ongelukkig

M'Lady ·

Hoekom moet alles geskiet word? Daar is tog seker ander opsies?

Gaps ·

My innige mee gevoel aan die luiperd se familie. So mooi dier verlore nou.

Suzette ·

Ai, ons mense is darem vinnig om oordele uit te spreek en opinies te gee voordat ons alle kante van ‘n saak aangehoor het. Ons was nie in die situasie nie en maak staat op wat koerante skryf. Sterkte aan die familie.

Levinia ·

Ek verstaan nie watter verkeerde afleiding mens kan maak in die saak nie.. 1- Wildtuin =wilde diere. 2- 2jarige kind buite, 8 uur in die aand 3- Onvoldoende heining, 4-Luiperd = roofdier wat in die nag jag.

Ekke ·

Dis absoluut net wreed dat die arme Luiperd van kant gemaak moes word…wat soek so klein kind daai tyd van die aand in elk geval buite… hy behoort in sy bed of ten minste in die huis agter toe deure. Maklikste uitweg is om die dier te skiet…dis net so pateties !!!!

Foxi ·

Ek is baie jammer oor die kind, maar regtig, om die dier van kant te maak is ontstellend.
Ons het so min diere en als sterf uit! Nee wat……ek het nie meer woorde nie.

Gerhardus ·

Foxi, ek dink jy sou anders hieroor voel as dit jou kind was

Wat is reg en wat is verkeerd ·

Innige simpatie aan die naasbestaandes. Jammer oor julle tragiese verlies.

Dit is blymoedigend om te sien dat soveel lesers wat kommentaar lewer besorgd is oor die welstand van wilde diere. Daagliks word hierdie pragtige diere deur die sogenaamde jagters geskiet net vir die pret en sports daarvan. Leeus wat geen kans het nie word uitgelewer aan hierdie jagters vir groot bedrae geld om dood te skiet. Luiperds, renosters, olifante en ander pragtige diere word daagliks gejag en doodgeskiet vir groot geld.

Wildsplaas bewaring ·

Om wildboerdery ekonomies te laat werk moet diere ongelukkig dood gemaak word. Daar word daagliks baie beeste, hoenders en skape dood gemaak. As jy die hoender wil beskerm en dit onwettig maak om hoenders dood te maak en te slag, dan sal boere nie meer hoenders aan wil hou nie, behalwe vir eiers. Bees plase is omgeskep in wildspale, en daar is nou groot stukke natuur, wat sal verdwyn as wild nie meer gejag mag word nie. Dit is nie mooi om ‘n bees dood te maak nie, maar dit is noodsaaklik vir die industrie. Dieselfde met leeus op wildsplase.

PJC ·

Personeelwonings is buite kampe so personeel is seker veronderstel om beter na hul kinders om te sien.

Letitia Vrey ·

Ek is regtig om gekrap…ek is so jammer oor die ou kindji wat sy lewe verloor het en so jammer vir die ouers…maar rede hkm ek kwaad is,is omdat die dier dood geskiet is…of hy nou gewoont is aan mense of nie ons mense is in sy blyplek,sy habitat en sy natuur nou gaan skiet julle hom dood hy verstaan nie nie wat hy gedoen het nie…moeni die dier straf as jy in sy natuur is nie dis regtig verkeerd….ek verstaan van dat hy mense gewoont geraak het maar is dit sy skuld NEE!!!! dit is nie. Ai my hart is seer vir albei mag hulle sag rus

Mornay ·

Ek vrae net meskien was die luiperd al oud en het hy maar staat gemaak op maklke prooi (die kind)

Ek sien dit gereeld met die vlak varke by ons as hul kom vrae vir kos is hul of oud of het hul n besering op gedoen en dan raak hul lastig en kan hul jou beseer

Ek glo nie parke sal somer net skiet nie maar ja dit bly tragies al twee kante toe
Dis maar die mens se toe doen

Josua Keys ·

‘n Dier mag nie ‘n mens byt, vertrap of dood nie dan kry hulle dadelik die dood straf ongeag die omstadighede, maar mense mag mekaar verniel, verkrag en op die wreedste manier vermoor kry dan kans in die hof om jou saak te stel en kry nog n Prokureur om hulle te verdedig gaan dan tronk toe vir ‘n paar jaar met 3 etes ‘n dag ‘n stronksel met ‘n tv, bed met komberse om onder te slaap, badkamer en toilet, selfoon, klere wat vir hulle gewas word, ‘n dokter om jou te sien sou jy siek word, ‘n kantien om koeldrank ens te koop en beoek tye maar die diere kry dadelik die doodstraf en kry nie eens n kans om hulself te verduidelik nie(Grappie) maar julle weet wat ek bedoel, HOE SIEK HET DIE WERELD NIE GEWORD NIE !!!!!

Gideon ·

Luiperds en Leeus vang soms mense as hulle al oud, sieklik of n wond het wat maak dat hulle n bok gevang kry. Mense is dan die maklikste prooi en hongerte maak dat hulle, hulle selfs n kamp sal binnedring vir kos.
Ek dink egter die mense wat al klaar die ouers van nalatigheid beskuldig moet bietjie stadiger met klippe gooi. Al inligting wat ons het is die berig hierbo en dit is maar min. Moenie altyd wil oordeel as jy nog nie al die feite het nie.

Willem ·

Die kind se ouers werk in die wildtuin. Dieselfde plaek waar almal vakansie gaan hou. Daarom was die kind in die kamp, wat sekere kommentators nie lekker begryp nie. Die rede waarom die luiperd van kant gemaak word is omdat daar gevind word dat roofdiere weer jag maak op dieselfde prooi waneer hulle agterkom dit is maklike prooi om te vang. Dit kan moontlik jou eie kind wees wat in ‘n omheinde kamp rondloop waneer jy besig is om te braai.

Marinda Hattingh ·

Dankie Willem! Duidelik weet die meeste kommentators nie dat ñ luiperd uit geen kamp gehou kan word nie en dat daar al heelwat sulke gevalle bv in Skukuza personeeldorp was. En omdat ñ luiperd so slim dier is, maak dit hom ongelukkig nou uiters gevaarlik.

$ ·

Ek verstom my aan die gevoelloosheid en gebrek aan empatie van die meerderheid leunstoel-regters wat reageer op hierdie berig.
Dis hartseer dat die luiperd geskiet is, ja – maar daar word so ´n ophef gemaak oor die luiperd se lot dat eenvoudige medemenslikheid teenoor die slagoffers (kindjie, ouers wie se harte stukkend is!) totaal ontbreek.

En dié van julle wat vra wat soek so ´n klein kindjie om 20h00 buite – het jul nog nooit buite om ´n braaivleisvuur gekuier met so ´n klein kindjie wat dalk op mamma se skoot aan die slaap geraak het/nie alleen in die donker kamer wou slaap terwyl almal buite kuier, nie? Of 8nm teruggekeer van ´n kuier by vriende/oupa en ouma/lang pad huistoe met ´n peuter wat self van die kar na die huis loop, nie?

Die berig gee geen feite oor hoe en waar die kindjie aangeval is nie – maar nou veroordeel die meeste mense die ouers?

Leunstoel-regter, wees versigtig – jy mag dalk so oordeel en veroordeel totdat daar eendag oor jóú berig word ivm ´n tragedie wat jou/jou familie se hart(e) in stukke laat breek – dán sal jy besef hoe kwetsend woorde, veral onverskillige kommentaar sonder feite, kan wees …

aj ·

$

Die treurige insident kon voorkom gewees het!

Die leeus, luiperds en ander roofdiere het geleer om mense te vreet omdat daar alewig ‘wilde’ mense in die wildtuin rondloop.

Daar is voetpaaie oopgetrap waarlangs Mosambiekers SA onwettige binnegaan.

Dié situasie maak die diere buitengewoon gevaarlik vir toeriste en werknemers in die wildtuin aangesien die roofdiere lankal hul vrees vir mense verloor het.

Hulle gaan toenemend op mense jag maak.

Karel ·

Onveskoning my woorde was ongeruil. Skiet die dier 13 keer. N mens is n mens. En n dier is n dier. N hond of n kat is n dier. Nie jou kind nie

@Bollabek ·

‘n Wilde dier word geskiet omdat hy dalk weer sal byt?! Ja right!!, Alle wilde diere byt en sal weer byt. Dit is hoekom dit ‘n WILDtuin is. Wat daar is wilde diere wat byt. As jy daar ry, mag jy nie eers jou venster oopmaak nie.

Levinia ·

Die luiperd het net “ge luiperd”. Wanneer kan ons begin om die verkragters en moordenaars voor die voet te skiet???

Verstom ·

Ek kan my soms verbaas deur mense se reaksie. Wanneer laas was jy in die Wildtuin? Die diere het vrye toegang eintlik oral, roof diere klim bome, hulle sal verseker deur hekke ook loop!! Die persone wat daar werk en bly se liefde is vir die park en hulle omgee vir diere is merkwaardig. Indien enige van die diere prooi kom soek waar hulle woon is dit immers net vir die veiligheid vir elke persoon wat die park besoek om die dier van kant te maak. Hulle het n groot area waar hulle kan prooi soek en n onskuldige kind is sowaar nie prooi of in die dier se pad nie. Diere sal aanhou terugkom vir prooi so wil jy dan nou se nog n kind is ook maar net in die dier se pad? Of kom ons hou alle kinders uit die park want die diere kan hulle maar eet as hulle wil. Of die hekke is nie toe nie en die draad te laag!!!

Daai mense bewaar en beskerm die diere en die park. Ek dink julle kommentaar is weens onkunde van die park en immers baie onsensitief teenoor die familie. Bespreek solank julle Kruger Park vakansie om werklik te sien wat die opset is.

My innige simpatie aan die familie in die moeilike tyd en al die jare van hartseer wat op julle wag.

Tyd van aanval - Wat soek ‘n jarige na donker buite? ·

Wat soek ‘n 2 jarige kind 8 uur in die aand alleen in die donker buite? In die dag het katte ‘n vrees vir mense, maar in die nag draai dit om. ‘n Baba is natuurlik ‘n maklike prooi, en ‘n klein kind alleen buite is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur. Hulle het nie gejaag om die drade om die kamp reg te maak nie. Daar is elke aand hyenas wat in Onder Sabie inkom weens drade wat nie reg gemaak word nie. Die wildtuin is ‘n natuurgebied en dit is gevaarlik na donker.

Mareli ·

Mens sou dink as ‘n werknemer van die park sou die ouer bewus wees van die gevaar.Enige wilde kat sal gaan vir ‘n klein kindjie op sy eie.Ek dink nie om die luiperd te skiet gaan enige iets help nie.Die gevare gaan steeds daar wees.

Alisha ·

Dit is bitter hartseer. En ek as n ma gee al my simpatie vir die ouers. Maar stem met die komme taar van almal. WAAROM moet doe wilde kat in die wilde natuur doodgeskiet word. Hy was tog eerste daar….dit is sy huis…..dit is nie n skoot katjie nie…dit is n roofdier.
Dit is soos ek noem baie baie hartseer Iemand se baba is dood…n kind weg vir altyd….maar maak my woedend….vir soveel redes…

SIek vir kommentaar ·

Mense. Dis ‘n wilde dier, die kleintjie is dieselfde grootte as sy natuurlike prooi. As die luiperd so maklik ‘n kleintjie gaan aanval wat nie terugveg nie, gaan hy mos dit weer doen. Ons was al in die Tentkamp by Skukuza, en hulle het die waarskuwing uitgestuur in die kamp, dat daar ‘n los Hiena mannetjie in die kamp is in die aande, en dat geen kinders sonder toesig mag rondloop na sononder nie…….hy het die grensdraad stukkend gebyt. Ek en my man het hom raakgeloop in die badkamer. Dit kon net sowel ons gewees het. Nie die kleintjie, of sy ouers, of die luiperd het iets verkeerd gedoen nie. Hou op om alewig te oordeel, of om mense se besluite te beoordeel. Almal is altyd vinnig om iemand te blameer. Ek voel jammer vir die ouers.

. ·

Ek wonder net waar almal wat uitvaar oor die kind alleen buite was, daaraan kom – nêrens in die berig sien ek dat die kind alleen buite was nie. Dis ´n blote aanname.

Mariette ·

Julle kan darm maar vingers wys en beskuldig en en…. Weet julle dat ma en kind vir die naweek by pa gaan kuier het… Weet julle dat die kind buite saam ay ouers gesit en speel het terwyl hulle as n fam gebraai het… Weet julle dat die luiperd in n boom geklim het en oor die veiligheids draad gespring het… Hy kon gelukkig nie met sy prooi uitkom nie…

Dries ·

Ek is net soos die meeste mense jammer oor die luiperd doodgemaak moes word, asook oor die kind, maar ek het egter begrip vir SANPARKE se optrede.

Buiten die krokodil wat die mens sien as deel van sy natuurlikke prooi, het alle ander wilde land diere ‘n ingebore vrees vir mense. Dit is hoekom diere wegloop as ons te naby aan hulle kom. Gereëlde blootstelling aan mense kan egter veroorsaak dat hulle daardie vrees verloor en dan mense aanval. Veral as hulle al aan iemand gebyt het of verskeur het, dan het hulle die reuk en sal dan maklik weer ‘n mens aanval, daarom het mens begrip as so ‘n dier vankant gemaak word, dis jammer, maar dit kan ongelukkig nie anders nie.
Hierdie is die 4de voorval waarvan ek weet , sedert die wildtuin se ontstaan, waar ‘n luiperd ‘n mens doodmaak. So ‘n paar jaar terug, naby aan Malelane kamp, is die veldwagter wat mense op ‘n nagrit uitgevat het deur ‘n luiperd doodgebyt, ote hy vir die mense gesê het hulle kan maar afklim, dit was bo op die brug, en bene rek. Die outjie het entjie verder gestap en is toe deur die luiperd aangeval

Margeo ·

Ek voel jammer vir die ouers en die familie wat hierdeur moet gaan. Ek kan my nie indink hoe dit moet wees om ‘n jnd te verloor nie. Op daardie noot, die wildtuin is die “huis” van hierdie diere. Dis hul woning, hul habitat, maw, indien iemand (ongenooide mense) in jou habitat (jou huis) kom en jy die persoon as n bedreiging sien, net agteruit staan?? Hom se, okay, kom ons deel hierdie huis, want ons albei is nou hier?? Dink dis baie onregverdig om die luiperd of enige dier dood te skiet omdat hy iets gedoen het wat in sy natuur is. Soos ek vir my man altyd se, ek is mal oor die see, ek swem so diep ek moontlik kan en veilig voel van strome, indien n haai my beet kry moet almal dit so aanvaar, want ek was in sy huis en hy is ongelukkig n jagter. Jy kan nie die haai gaan doodmaak omdat ek fouteer het nie. So voel ek oor alle wilde diere. Hul is nie troeteldiere nie, daarom woon hul in die WILDTUIN!! Die outjie het nie verdien om dood geskiet te word nie. ????

Wouter ·

Wat my verstom is die kommentaar!! Die park moet seker maak vir die veiligheid van hul werkers en die se familie. Wat die luiperd betref, as dit my 2 jarige neef was sou ek heel moontlik die selfde gedoen het of verwag het van die park. Meegevoel aam die familie en vriende!

Ruan ·

Geen lewe is minder werd as n ander nie. Of dit n dier of mens is! Ek is bitterlik jammer vir die mense wie se kind dit is, maar dan moet mense liewer daar uitbly dat dit net die natuur is wat daar aangaan, geen inmeng van die mens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.